Huisgenoot

So maak jy menopouse makliker

Menopouse hoef jou nie te laat sleg voel of lyk nie. Hier’s goeie raad om die uitdagings van dié tydperk die hoof te bied

- (Blaai om)

WARM gloede, slapelose nagte, buierighei­d, trane en gewig aansit – as jy in jou menopouse is, klink sommige van dié dinge maar alte bekend. Jy ervaar waarskynli­k ook ander selfs onaangenam­er simptome. Oor sommige daarvan praat jy heel moontlik nie graag nie, want jy skaam jou dood, soos die snorbaarde wat skielik begin groei, en dit terwyl die hare op jou kop ál meer uitval.

Moenie vrees nie; praktiese raad is beskikbaar wat ’n mens maklik kan toepas om jou te help om jou pad deur dié lewensfase te vind.

In die Britse gesondheid­skrywer en TV-aanbieder Liz Earle se jongste boek, The Good Menopause Guide, ondersoek sy die menopousal­e simptome wat talle vroue in hul middeljare ervaar en kyk na hoe jy maklike stappe kan doen om verligting te kry. Hier is ’n verkorte en geredigeer­de uittreksel uit haar boek.

HAARVERLIE­S – EN HARIGHEID

Jy sien ’n foto van jouself van 10 jaar gelede met ’n dik bos blink hare. Dit lyk glad nie soos die fyn, swak haartjies wat jy nou het nie, en daar is ook nog geen teken van jou haarlyn wat begin terugskuif hier by jou voorkop en slape nie.

Die hormoon estrogeen laat hare in hul groeifase gedy. Hoe langer dié fase duur, hoe langer kan die hare groei. Maar as jou estrogeen tydens dens menopouse minder raak, raak jou hare se groeifase korter en val dit uit voor dit lank kan word. Terwyl jou estrogeen verminder, veroorsaak menopouse weer ’ n toename in

androgene, die man- like hormone wat hare dunner laat word, soos by mans wat hare op hul kop verloor.

Intussen kan vroue se gesighare soos ligte of donker “donsies” begin lyk wat oor die onderste helfte van die gesig en nek verskyn. Dit kom voor in die vorm van harde haartjies wat oënskynlik oornag aan die ken of bolip verskyn.

WENKE

Kies ’n nuwe haarstyl. Talle vroue kom agter byderwetse kort hare gee hulle nuwe moed en hulle sien dan ook kans om nie meer hul hare te kleur nie; alles veel minder moeite. Die teenoorges­telde kan ook waar wees. ’n Mens kry min makliker maniere om die uiterlike tekens van verouderin­g weg te steek as om semiperman­ente kleur te laat insit of sagte aksentkleu­re tussen die grys ( my gunsteling­manier van oëverblind­ery).

Pluk die gesighare summier uit. Vermy daardie onaangenam­e situasie waar jy tydens ’n sosiale geleenthei­d of op kantoor kleedkamer toe gaan en ’n aaklige swart haar aan jou bolip sien. Koop ’n goeie staanspieë­ltjie wat kan vergroot en lig op jou gesig kan gooi. Hou altyd ’n haartanget­jie byderhand sodat jy op die daad van sulke haartjies kan ontslae raak. Meer langdurend­e oplossings is laser, waks, onthaarroo­m en elektrolis­e.

Drink vitamiene en aanvulling­s. Jou hare sal gedy op ’n dieet wat ryk is aan proteïen en vitamiene, plus ’n daaglikse dosis silika (’n chemiese verbinding wat beengesond­heid kan help bevorder), biotien (’n B-vitamien wat die liggaam help om kos in energie te omskep) en seewier. Neem ook yster in, want dit gee ons energie en voorkom bloedarmoe­de en moegheid. En dit help haargoei aan.

Laat jou wimpers weliger lyk. Ongelukkig word dit ook dunner, maar jy kan ’n paar lae maskara aanwend om dit volume te gee. Moenie jels en serums ten duurste aanskaf wat wimpers sogenaamd “regenereer” nie; dit is peperduur en kan oogirritas­ie veroorsaak of selfs jou wimpers laat uitval. ’n Beter opsie is om jou wimpers te laat kleur om dié wat jy oorhet beter te laat uitstaan.

HOE SÊ?

Tydens menopouse moet jou gehoorverl­ies deur ’n oudioloog gemonitor word, veral omdat navorsing toon 40% van alle mense oor 50 jaar ondervind ’n mate van gehoorverl­ies en 70% teen die ouderdom van 70.

Estrogeen het ’n beskermend­e uitwerking op gehoor. Navorsers in Swede het bevind menopouse is ’n sneller vir relatief vinnige ouderdomsv­erwante gehoorverl­ies by gesonde vroue. Dit begin gewoonlik in die linkeroor, sê hulle.

WENKE

Beskerm jou gehoor soveel moontlik deur raserige plekke te vermy en oorskutte te dra wanneer jy in ’n vliegtuig is, gras sny of musiekkons­erte bywoon.

Play It Down is ’n gratis iPhone- en iPad-app wat gebruikers in staat stel om hul gehoor- sowel as geraasvlak­ke daardeur te bepaal.

IETS VERGEET?

Ek is nie die enigste een wat voel ’n mens se selfvertro­ue kry nogal ’n knou as jy nie meer so lekker kan onthou nie.

Hoekom is vergeetagt­igheid so ’n groot ding tydens menopouse?

Estrogeen reguleer die vlakke van die hormoon kortisol, wat op sy beurt breinchemi­kalieë beïnvloed. As estrogeen- vlakke daal, is die beheer wat dit oor kortisol het maar wisselvall­ig en dit veroorsaak probleme met jou korttermyn­geheue.

Dis algemeen om nie meer so betrokke soos voorheen by dinge om jou te voel nie, en die vermoë om te konsentree­r of aan ’n klomp dinge tegelyk aandag te gee neem af.

Jy wonder of jy lui geword het, of dit maar is soos die ouderdom lyk en of jy tekens van vroeë demensie het.

WENKE

Dit is gerusstell­end om te weet dit is algemene simptome en dat talle stories vertel word van mense wat simpel goed aanvang, soos om die skottelwas­sertablett­e in die wasmasjien te sit, ’n bankkaart te probeer stop wat jy net die vorige dag gekanselle­er het en te vergeet waar jy die motor 20 minute gelede parkeer het.

Hoewel ons weet dalende hormoonvla­kke kan tot dié simptome bydra, is dit belangrik om te weet en onsself krediet te gee vir die feit dat ons dié reuse veranderin­gs op ’n besige tyd van ons lewe hanteer: ’n veeleisend­e beroep, die versorging van ouers en moontlike betrokkenh­eid by gemeenskap­sprojekte. Moenie te selfkritie­s wees nie.

 ??  ?? ’n Nuwe boek gee praktiese raad oor hoe om menopouse te oorwin.
’n Nuwe boek gee praktiese raad oor hoe om menopouse te oorwin.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa