Huisgenoot

Trump vry glo met talle pornoaktri­ses

’n Porno-stert P vertell t wyd d en syd d van h haar maande lange beweerde affair met Trump, en sy was glo nie al een nie

- Saamgestel deur JANE VORSTER

SY WAS opgetof vir ’ ’n n aandete in ’n spogrestau­rant. Maar die oomblik toe sy by Donald Trump se hotelsuite instap, het sy besef hy het ander idees. Die toekomstig­e Amerikaans­e president het in sy pajamabroe­k op die rusbank gesit. “Ek het gedink ons kan sommer hier ontspan,” het hy vir haar gesê.

Ná aandete in Trump se suite het sy badkamer toe gegaan. Toe sy uitkom, het sy glo die wellustige biljoenêr op sy bed aangetref. “Hy het vir my gesê: ‘Kom hier.’ En ek het gedink: ‘Jig, hier gaat ons.’ ”

So vertel die Amerikaans­e porno-ster Stormy Daniels, wat met haar bewerings die soveelste storm van die 71-jarige Trump se omstrede presidents­kap ontketen het. En sy kritici hoop vuriglik dat “Orkaan Stormy” die een is wat hom eindelik uit die Withuis gaan waai. Nou is hulle boonop nog skietgoed ryker: ’n voormalige Playboy-“Playmate”, Karen McDougal (46), het ook die besonderhe­de van haar beweerde affair met Trump uitgeblake­r.

Trump se politieke vyande het voorspel sy presidents­kap sou kort wees, maar hulle is al telkens teleurgest­el. Bewerings dat hy met die Russe gekonkel het om die Amerikaans­e verkiesing te bekook; aantygings dat die Trumpsaker­yk baat vind uit sy presidents­kap; openbare woede oor sommige van sy onvanpaste laatnagtwi­ets – dit het begin lyk of hy alles kan oorleef.

Maar sal Trump kan staande bly teen Orkaan Stormy en die rukwinde weens die ander vroue se bewerings?

Dit was 2006 toe die toekomstig­e president en die porno-ster mekaar ontmoet op ’n gholfbaan by die Tahoemeer, op die grens van Kalifornië en Nevada. Hy het haar daardie selfde aand vir ete genooi.

En nou, 12 jaar later, wil sy alles uitlap oor hoe hulle glo maande lank ’n affair gehad het onder die neus van sy vrou, Melania. Dít nadat Melania pas die lewe geskenk het aan hul seun, Barron.

Trump het Stormy glo 10 dae voor die 2016-verkiesing sowat $130 000 (toe sowat R1,8 miljoen) betaal om ’n swygooreen­koms te onderteken. Maar sy probeer haar nou uit die ooreenkoms wikkel en sê Trump se prokureur, Michael Cohen, het “mag en intimidasi­e” gebruik om haar te laat teken.

Intussen praat sy met almal wat wil hoor oor hul eskapades. Boonop word haar bewerings gesteun deur twee ander vroue in die pornobedry­f én ’n Playboy-model.

En hul onsmaaklik­e stories oor Trump se beweerde slaapkamer streke laat oudpres. Bill Clinton se kaskenades met Monica Lewinsky mak lyk.

TRUMP het waarskynli­k in 2006 nooit kon dink sy kaperjolle met die vroue sou later by hom spook nie. Danksy sy TV- reeks, The Apprentice, was die sakemagnaa­t destyds boonop ’n vermaakste­r. By die veelbespro­ke Tahoemeer-gholftoern­ooi het hy klaarblykl­ik ander sports in gedagte gehad. Karen, ’n voormalige kleutersko­ol onderwyser­es en Playboy se “Playmate” van die jaar in 1998, beweer hy het daardie naweek met haar ook seks gehad. Die brunet met die groot blou oë het teenoor CNN se Anderson Cooper verklap sy en Trump was 10 maande lank in ’n buite-egtelike verhouding betrokke.

Karen vertel sy en Trump het mekaar ’n paar maande voor die gholfnawee­k ontmoet op ’n partytjie in Hugh Hefner se Playboy Mansion in Los Angeles. Daarna het Trump haar glo gereeld na

hom toe laat vlieg vir stomende sessies.

Hy het haar na bewering selfs aan van sy familieled­e voorgestel en haar sy luukse dakwoonste­l in Trump Towers, New York, gewys. Trump het haar vertel hy en sy vrou slaap in aparte kamers “omdat sy hou van lees en alleen wees”.

Tydens Trump se verkiesing­sveldtog in 2016 het Karen die verhaal van hul affair vir sowat $150 000 (toe sowat R2,1 miljoen) aan die National Enquirer verkoop. Maar dis nooit gepublisee­r nie – volgens gerugte danksy Trump se vriendskap met die skinderkoe­rant se baas, David Pecker.

Maar dit was nie die einde van die stories oor Trump se aptyt vir pornoaktri­ses nie. Jessica Drake (43) het saam met Stormy in pornofliek­s gespeel. En Jessica was ook by daardie Tahoemeer-gholftoern­ooi in 2006. Sy vertel Trump het daardie naweek ook by haar onwelkome seksuele toenaderin­g gesoek.

Jessica het by die gholf naweek promosiewe­rk vir die por no fliek vervaardig­er Wicked Pictures gedoen toe Trump haar sien en na sy kamer nooi.

“Ek het vir hom gesê dit voel nie reg om alleen te gaan nie, en toe het twee ander vroue saam met my gegaan,” sê sy. “Toe ons by die kamer instap, het hy elkeen van ons styf vasgedruk en sonder ons toestemmin­g gesoen.” Sy beweer Trump het haar later gebel en haar $10 000 (toe sowat R138 000) vir seks aangebied, maar sy het geweier. “Dit is nie aanvaarbar­e gedrag vir enigeen nie, nog minder ’n presidensi­ële kandidaat,” sê sy.

Jessica en Summer Zervos, voormalige ster van The Apprentice, is nou onder talle vroue wat deur die Amerikaans­e vuurvreter prokureur Gloria Allred verteenwoo­rdig word. Almal het bewerings van seksuele wangedrag teen die president gemaak.

Alana Evans (41), nóg ’n porno-ster by die gholfnawee­k waar Jessica en Stormy was, beweer hy het vir haar geld aangebied vir groepseks met hom en Stormy. Sy het geweier, maar die volgende dag vir Stormy al die sappige details gevra.

“Stormy het vir my gesê: ‘Al wat ek gaan sê, is dat ek saam met Donald in sy hotelkamer geëindig het. Stel jou voor, hy jaag my toe rond in sy hotelkamer in sy wit onderklere,’ ” vertel Alana. “Ek het gesê: ‘Oe, ek het regtig nie nodig gehad om dit te hoor nie.’ ”

Stormy (haar regte naam is Stephanie Clifford) het ondanks die swygooreen­koms met Trump ’n omvattende onderhoud aan In Touch Weekly toegestaan. Die skindertyd­skrif het haar eers ’n poligraaft­oets laat doen voor hulle die artikel gepublisee­r het, en sy het dit met vlieënde vaandels geslaag. Sy beskryf die seks as “die definisie van generies”.

“Hy het nie probeer om pornoseks te hê nie. Dit was een posisie; wat jy sou verwag van iemand van sy ouderdom.”

Stormy, die ster van pornografi­ese flieks soos Missionary Impossible en Breast Side Story, sê hul affair het net ’n paar maande geduur, maar Trump was smoorverli­ef op haar. Hy het haar selfs ’n rol in sy TV-reeks beloof en haar tot in 2010 gereeld gebel.

Maar toe hy hom as president verkiesbaa­r stel, het hy uit sy pad gegaan om hom van haar te distansiee­r en eindelik die swygbevel verkry. Daar is gerugte Trump het soortgelyk­e swygoore enkomste met ander vroue, maar die betaling aan Stormy is die een wat hom die meeste skade kan berokken.

As daar bewys kan word die betaling is gedoen om te verhoed Stormy se verhaal stuit sy opmars na die Withuis, kan dit ’n ernstige oortreding van die Amerikaans­e verkiesing­swet wees. En met ál meer vroue wat soortgelyk­e verhale vertel, kan dit sy kans kelder om vir ’n tweede termyn verkies te word.

SAL die Trump-huwelik van 13 jaar ineenstort onder die aanslag van Orkaan Stormy?

Melania het haar die afgelope paar maande onttrek aan ’n aantal hoëprofiel­gele enthedeg waar ’n mens sou verwag om o haar as presidents­vrou te sien. Sy doen d grootliks haar eie ding en is vanjaar selde s aan sy sy afgeneem.

Die vraag is hoeveel vernederin­g die presidents­vrou p nog kan verduur. Stormy het h immers aangekondi­g sy beplan om nog n meer stories uit te lap. “Ek dink dis tyd t dat sy haar hele storie vertel,” sê haar prokureur, p Michael Avenatti, “en tyd vir die d publiek om te besluit wie die waarheid h praat.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Bewerings van ongure affairs met verskeie vroue kan Donald Trump se presidensi­e kelder. HEEL LINKS: Stormy Daniels het dié foto van haar en Trump uit 2006 onlangs aanlyn gedeel.
HOOFFOTO: Bewerings van ongure affairs met verskeie vroue kan Donald Trump se presidensi­e kelder. HEEL LINKS: Stormy Daniels het dié foto van haar en Trump uit 2006 onlangs aanlyn gedeel.
 ??  ?? DIE ANDER VROUE Stormy beweer sy en Trump het seks gehad op die dag dat hulle mekaar ontmoet het. Alana Evans sê Trump het haar geld aangebied vir groepseks. Die voormalige “Playmate“Karen McDougal sê sy en Trump het ’n nege maande lange affair gehad....
DIE ANDER VROUE Stormy beweer sy en Trump het seks gehad op die dag dat hulle mekaar ontmoet het. Alana Evans sê Trump het haar geld aangebied vir groepseks. Die voormalige “Playmate“Karen McDougal sê sy en Trump het ’n nege maande lange affair gehad....
 ??  ?? Terwyl ál meer vroue na vore kom met bewerings oor Trump, vermy sy vrou, Melania, die kollig.
Terwyl ál meer vroue na vore kom met bewerings oor Trump, vermy sy vrou, Melania, die kollig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa