HG by een van die jaar se toppartytjies
Dit was die ene swier, rykes en bekendes toe HG se Charlea Sieberhagen-Grey een van die glansrykste partytjies van die jaar bywoon
BL INKSWART Duitse Dit motors staan die straat vol; ek voel sommer hoe ons wit Uber in sy eenvoud opval. Vroue in ontwerpers tabberds en mans in aandpakke klim uit die luukse voertuie en stap na die herehuis hier aan die voet van Leeukop in die Kaap. Stuk-stuk vertrek die spogrygoed om plek te maak vir nog blink motors vol gaste.
By die ligblou hek met sy ysterkrulle soek ’n vrou eers ons name op ’n lys. Ja, ek en die fotograaf mag ingaan – ons name is wel op die gastelys van een van die glansrykste partytjies van die jaar. Voor ek by die marmertrappies afstap om by die ander gaste aan te sluit, kyk ek vas in die majestueuse huis, spierwit met vier Griekse pilare aan weerskante van die dubbeldeur-ingang.
“Enigma,” lui die woord in Griekse skrif hoog bo die voordeur.
Ek giggel benoud en kan skaars glo ek bevind my laatmiddag op ’n Saterdag voor Enigma-huis, een van die land se luuksste wonings.
“Gloria en Rolf Theiler bied ’n mistieke aand by hul tuiste aan,” het die uitnodiging na die liefdadigh eidsete in dié huis in goue letters aangekondig. Die twee het die huis sowat drie jaar gelede vir R99 miljoen aangeskaf en woon hier wanneer hulle in Kaapstad is, maar het ook wonings in Klosters en Lugano in Switserland, een op Knysna en nog een in die Kaap, hoër op teen Leeukop.
Gloria is die suster van die veteraanmo deontwerper Errol Arend z; Rol fis’ n Switserse sakeman en voorsitter van die L aureus-stigting ,’ n invloedrykes portwelsyno rganisasie. Vanaand se glansgeleentheid, waarvoor gaste R 5000 elk as donasie aan die MAT C H-tenn isontwikk elings ti g tin g opdok, word boonop saam met Martina Hingis, op haar dag die wêreldse voorste vrouetenni sspeler, en die gewese Olimpiese hekkiesatleet Edwin Moses aangebied.
Martina Hingis? As iemand wat lank tennis gespeel het, kan ek skaars wag om dié Switserse vrou wat ek as tiener bewonder het in lewende lywe te sien.
En hier staan ek nou met my hare in ’n deftige bolla, opgedollie met grimering en parfuum vir die spesiale geleentheid tussen bekendes en rykes. In my roosgoue toppie en wit romp, en met my trouoorbelle aan my ore, voel ek sowaar ewe tuis . . .
IN DIE middel van die plaveisel voor die huis baai die fontein in sagte geel lig. Oral staan ronde tafels met goue tafeldoeke, gedek met borde vol ys en oesters. Fyn glase en bottels plaaslike vonkelwyn staan gereed en tussen die tafels beweeg kelners en be- dien gaste met keurige vingerhappies, onder meer springbokfilet.
Groot roosran gskikkings pryk hoog op die tafels en net buite die voordeur sorg ’n harpspeler vir welluidende agtergrondmusiek. ’n Vrou in ’n blinkbruin rok roep my en glimlag breed. Dankbaar stap ek nader, hoopvol dat sy kan sê of die media dalk iewers amptelik moet aanmeld.
Maar nee, sy het my met een van die sangers vir die aand verwar. Tog stuur sy my gou in die rigting van Gloria in haar rooi rok.
“O! Hallo, julle! Welkom,” groet Gloria met haar skouerleng tehare en dikraambril vriendelik, en staan sommer dadelik gereed vir ’n paar foto’s.
“Dit is ’n tweestuk,” sê sy laggend toe ek na haar elegante uitrusting vra. “Die baadjie is van Dior en die romp is Errol Arendz,” verduidelik sy. Bonkige Dolce & Gabbana-oorbelle swaai langs haar gesig terwyl sy praat. Maar voor ek weer sien, is die sjarmante gasvrou besig om nuwe aankomelinge te verwelkom.
Ek herken Martina (36), wat kort op Gloria se hakke is, dadelik. Die aantreklike atleet lyk heeltemal anders as toe sy destyds op Wimbledon geswoeg en gesweet het, maar is op haar gemak hier. Die fyn vrou met die donker hare lyk soos ’n filmster terwyl sy tussen die gaste
beweeg en mense vriendelik groet.
Stuk-stuk sien ek bekende gesigte tussen die sowat 100 gaste.
In een hoek is Karin Berman, wat van 1988 tot 2000 met die hartchirurg wyle dr. Chris Barnard getroud was – ook in ’n geblomde Errol Arendz-skepping. Aan haar sy is haar man, die Kaapse sakeman Saul Berman.
Elders gesels die sakeman Christo Wiese met kennisse, maar vriende sê hulle wil liewer nie afgeneem word nie.
Ook die gewese Bokkaptein Jean de Villiers en sy vrou, Marlie, is hier en lyk albei stylvol in donkerblou.
Dit is al sterk skemer toe Gloria die aand se verrigtinge open en haar gaste amptelik verwelkom en dramaties innooi met die woorde: “Enigma, open asseblief jou deure vir ons gaste.”
Terstond swaai die houtdeure van die huis asof vanself oop.
DIE weelde slaan jou asem weg. Ons kan vrylik deur die huis en sy ruim vertrekke dwaal. Plek-plek neem van die gaste foto’s van die spoggerige woning. Kyk jy op na die dak van die voorportaal, sien jy ’n groot kristalk andelaar. Die plafon lyk soos die donker hemelruim met duisende klein liggies wat soos sterre skitter.
’n Trap krul uit die voorportaal op na die boonste verdieping, waar die slaapkamers is, maar ’n rooi versperring keer nuuskieriges weg.
Tog is daar genoeg ander plekke om te verken – soos die sitkamers met fluweel- mure, swierige eetkamer, ouwêreldse studeerkamers, die ruim kombuis (groot genoeg vir ’n restaurant) en die stoep aan die agterkant van die huis, waar ons kan sien hoe die son oor die Atlantiese Oseaan sak.
’n Jazzgroep vermaak die gaste terwyl groot bakke met ’n verskeidenheid geurige slaaie, kouevleise, vis en brode uitgepak word. Kelners dra mengeldrankies en wyn aan vir die gaste wat nou buite onder kleurryke sambrele aan klein tafeltjies sit en eet.
Ná ete word almal nader geroep om in die portaal bymekaar te kom vir ’n verrassing. Skielik begin verleidelike musiek speel en ’n man en ’n vrou – sy in ’n noupassende rooi rok – tango vanaf die voordeur, dwarsdeur die huis tot op die stoep. Net daarna word ons almal na die fliekteater met sy wynrooi dekor in die Moulin Rouge-styl en sitplek vir tientalle gaste op die onderste vlak genooi. Dié keer vir ’n veiling ten bate van die tennisstigting.
Die gaste sit knus teen mekaar op die gemakstoele; sommige maak hulself op die mat tuis. Een van die gesogte pakkette wat opgeveil word, sluit een van Martina se tennisrakkette en kaartjies na die manseindstryd van vanjaar se Franse Ope in. ’n Gas bie ’n allemintige R100 000 hierop. ’n Week se verblyf in Gloria en Rolf se luukse chalet in Switserland word vir R170 000 opgeveil. Toegang tot volgende jaar se Laureus-sportpr ysuitdeling word teen sowat R70 000 opgeraap.
EK VERGAAP my nie net aan die luukse pakkette nie; ook daaraan dat Martina en Mary Pierce, ’n afgetrede Franse tennisspeler en Grand Slamkampioen wat deesdae op Mauritius woon, reg voor my op die mat kom sit. En wraggies, ná die veiling stem Martina in om ’n rukkie met my te gesels.
“Ek’t glad nie geweet wat om van die Kaap te verwag nie,” vertel sy oor haar eerste besoek aan Suid-Afrika. En ja, sy is hoogs beïndruk met die natuurskoon.
“Ons het met ’n helikopter rondgevlieg tot by Kaappunt. Ons het Houtbaai toe gery en was op ’n perdeplaas by Stellenbosch. Ek het self ook perde,” sê Martina in Engels met ’n swaar Duitse aksent. “Ek was mal daaroor.”
Met haar aankoms ’n paar dae tevore is sy amper reguit na Errol se ateljee in Kaapstad geneem sodat hy haar mates kon laat neem vir die sysagte bont rok wat sy vanaand dra.
“Ek is vreeslik gepamperlang,” sê sy laggend. En voeg by dat ons warm weer ’n heerlike verandering van die Switserse koue is.
En het sy plaaslike kos geproe? “Ek het koningklip geëet, en dit was baie lekker.”
Hoewel sy net ’n paar dae in die Kaap kon deurbring, sê dié tennisster wat op 16 die wêreld se voorste tennisspeler was en in haar loopbaan 25 Grand Slam-titels in enkel- en dubbelspel gewen het, sy wil graag weer ’n draai in Suid-Afrika kom maak. “Ek wil terugkom en op safari gaan. Ek wil die Groot Vyf sien, want ek hoor net altyd daarvan,” sê sy.
Op die stoep staan nou ’n nageregtafel met twee Lindt-sjokoladeurs. Hulle gooi warm sjokolade bo-oor sjokoladeballe wat met klein stukkies eetbare goud versier is. Die kelners dra koffie aan en van die gaste begin dans op die maat van die musiekgroep se jazzklanke.
Buite laai luukse swart motors reeds weer die gaste op.
Ons Uber is ook op pad. En toe ons groet, is dit asof ons ’n ander wêreld verlaat en weer die regte lewe binnery.