Huisgenoot

Suksesvoll­e Sharon smeul op 60

ShSharon StStone i is nog nett so verleideli­k l id lik as i in Basic Instinct, haar loopbaan is weer op dreef en sy het ’n nuwe kêrel

- Saamgestel deur NICI DE WET

SY WAS nog nooit it skaam k om lyf te wys nie – van daardie benekruist­oneel in Basic Instinct tot ’n kaal fotosessie vir ’n tydskrif. En nou doen sy dit weer – op 60. Sharon Stone vier hierdie mylpaal met nog gewaagde tydskriffo­to’s waar sy poseer in onderklere van swart leer wat net-net binne die wette van fatsoenlik­heid is.

Wie kan haar kwalik neem dat sy die lewe met soveel selfvertro­ue vier? Dis ’n vrou wat 17 jaar gelede by die dood omgedraai het en haar pad terugbakle­i het na gesondheid – en na Hollywood. Met ’n nuwe fliek wat nou begin en ’n lyf wat begeerlike­r lyk as dié van vroue dekades jonger, wys die blonde bom sy is steeds iemand om mee rekening te hou.

Op ’n onlangse foto om haar jongste fliek, All I Wish, te bemark sit sy sorgeloos en sonbruin in ’n einaklein bikinitopp­ie. Haar eie onderskrif hierby kom uit die mond van haar karakter in die romantiese komedie Senna: “Vroue hoef nie altyd te maak soos ’n prinses wat op ’n sofa sit in haar hoëhakskoe­ne en haar soos ’n adder gedra nie.”

Senna is ’n vrygeestig­e, sukkelende modeontwer­per wat van die een werk na die ander – en die een bed na die ander – rondval terwyl haar kredietka artskuld dreig om haar te verswelg.

Alles verander toe sy Adam (gespeel deur Tony Goldwyn) op haar 46ste verjaardag­partytjie ontmoet. Het sy eindelik haar sielsgenoo­t gekry?

Toe Sharon die eerste keer die draaiboek sien, sou sy die ma van die 25-jarige hoofkarakt­er speel – ’n jong vrou wat sukkel om haar lewe agtermekaa­r te kry. Maar die Oscar-benoemde aktrise het ander idees gehad. Sy het die filmmaker Susan Walter gebel en vir haar gesê dit sal veel interessan­ter wees as sy die dogter speel, maar ’n ouer een.

“Ek het net nie gevoel ’n 25-jarige wie se lewe uitmekaarv­al, gaan juis baie interessan­t wees nie,” het Sharon aan Vanity Fair gesê.

Volgens Susan het die aktrise vir haar gesê: “Maak die karakters vol lewe en lus en sexy. Wys mense in hul 40’s en 50’s wat wonderlike dinge doen.”

Sharon is steeds so verleideli­k soos toe sy in 1992 wêreldbero­emd geword het in Basic Instinct. As die manipulere­nde femme fatale Catherine Tramell het sy haar naam in die rolprent geskiedeni­s verewig met daardie beroemde toneel waarin sy haar bene kruis – en die wêreld kon sien sy dra nie onderklere nie.

“As ek geglo het sexy beteken ek moet nog wees wie ek was toe ek in Basic Instinct was, sou vandag vir ons almal baie moeilik gewees het,” het sy in 2015 aan Harper’s Bazaar gesê in ’n onderhoud by ’n artikel met kaalfoto’s van haar.

“Ek weet my agterstewe lyk soos ’n sak plaatkoeki­es, maar ek probeer nie om die aantreklik­ste vrou op aarde te wees nie. Daar kom ’n tyd dat jy jouself begin afvra wat regtig sexy is. Dis nie hoe hoog jou borste sit nie. Dit gaan oor die oomblik waarin jy is en om dit te geniet en van jouself te hou.”

 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Stralende Sharon Stone op ’n foto om reklame te maak vir haar nuwe fliek, All I Wish. REGS: Die toneel uit Basic Instinct van 1992 waarmee sy haar naam in die rolprentge­skiedenis verewig het.
HOOFFOTO: ’n Stralende Sharon Stone op ’n foto om reklame te maak vir haar nuwe fliek, All I Wish. REGS: Die toneel uit Basic Instinct van 1992 waarmee sy haar naam in die rolprentge­skiedenis verewig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa