Huisgenoot

Die omroeper Sherlin Barends kook nou ook op die kassie

Of dit nou oor die radio of op die kassie is, die talentvoll­e Sherlin kook behoorlik

- Deur ABBY- GENE BISSOLATI

DEBUUT OP DIE KASSIE

Dié KFM-radio-omroeper kuier nou Dinsdagaan­de in ons sitkamers as aanbieder van die nuwe VIAprogram Wat Maak Jy? Elke week spook twee spanne in dié reeks dit uit om as die coolste vlogger gekroon te word. “Die program is vol pret, maar is geweldig mededingen­d,” vertel Sherlin (27). Dit was nog altyd haar droom om ’n TV-aanbieder te wees. “Ek het voor die televisies­kerm grootgewor­d. Vroue soos (die Top Billingaan­bieders) Jo- Ann Strauss en Jeannie D het my gemotiveer om oor my eie TV-program te droom. Die feit dat ek die mylpaal bereik het, is ’n ongeloofli­ke prestasie,” sê dié boorling van Stellenbos­ch.

RADIO, HAAR EERSTEERST­E LIEFDE

Die radiogogga het in 2010 op universite­it gebyt toe sy as tweedejaar­Matie by die Universite­it Stellenbos­ch se kampusradi­ostasie, MFM 92.6, begin werk. Sy het daarna ’ n jaar lank as student by die vrouetydsk­rif Sarie gewerk en was ’n nuusleser op die Kaapse radiostasi­e Good Hope FM voor sy verlede jaar by KFM aan gesluit het. Sy is deel van die ontbytprog­ram saam met Darren “Whackhead” Simpson. Dié werk is haar gunsteling, vertel sy. Soggens is sy vieruur uit die vere. “Ek hou nie daarvan om die huis te verlaat voor ek mediteer en ’n koppie groentee drink nie. Ek is van sesuur tot negeuur op p die lug. Dit word gevolg deur r vergaderin­gs, adminwerk en n dan gimnasium of gaan stap. “Ek probeer om tienuur saans s in die bed te wees, maar dit t gebeur nie altyd so nie.”

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Sherlin Barends. REGS: Die KFM-ontbytspan: Sherlin, Sibongile Mafu en Darren Simpson by die sanger Johnny Clegg (naasregs).
LINKS: Sherlin Barends. REGS: Die KFM-ontbytspan: Sherlin, Sibongile Mafu en Darren Simpson by die sanger Johnny Clegg (naasregs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa