Huisgenoot

IS DAAR HOOP?

-

Omdat Danelene Meyer se kinders in Griekeland gebore en getoë en onder Griekse jurisduksi­e is, sal dit moeilik wees om hulle by haar in Suid-Afrika terug te kry, meen Bertus Preller, ’n Kaapse familiereg­prokureur.

’n Beslissing oor toesig kan dus nie deur ’n Suid-Afrikaanse hof afgedwing word nie. Daarom sal sy opnuut ’n hofstryd om toesig oor die kinders in ’n Griekse hof moet aanknoop, sê hy.

Dit kan lank duur en sal nie noodwendig slaag nie. “Die Griekse howe kan besluit die kinders het al aangepas en dis in hul beste belang om daar te bly,” sê Bertus.

Suid-Afrika en Griekeland het albei die Haagse Konvensie oor Kinderontv­oering onderteken. As ’n kind deur ’n ouer sonder die ander ouer se toestemmin­g na sy of haar land gebring word, kan die dispuut daarvolgen­s opgelos word.

Maar dié regsproses moet binne ’n jaar ná die kinders se vertrek geskied, anders sal die howe gewoonlik in die guns van die ouer beslis in wie se sorg die kinders reeds is, sê Bertus.

Steve Mahlangu, ’n woordvoerd­er van die Suid-Afrikaanse departemen­t van justisie, meen die regering kan Danelene help. Sy moet ’n vorm invul en dokumente soos haar kinders se geboortese­rtifikate, die egskeiding­sbevel en ’n verklaring oor hoe haar regte as ouer geskend is aan hulle verskaf, sê hy.

Danelene het aan Huisgenoot gesê sy was nie bewus van hierdie opsie nie en sal wel daarvan gebruik maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa