Huisgenoot

Voorkom prostaatka­nker so

Prostaatka­nker eis meer lewens as borskanker. Hier’s wat jy daaroor moet weet

- Saamgestel deur GABISILE NGCOBO

NELSON MANDELA, emeritus aartsbisko­p Desmond Tutu, Ben Stiller, Robert de Niro en sir Roger Moore is almal om verskillen­de redes beroemd, maar hulle het een ding gemeen: Hulle almal het prostaatka­nker gehad of het dit steeds.

Dié siekte tref miljoene mans in alle wêrelddele; tog is dit in baie gevalle nie lewensgeva­arlik nie. Maar skokkende nuwe statistiek­e toon die syfers is aan die styg – en mans moet ernstig kennis neem.

Prostate Cancer UK, ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie in Engeland, Wallis en Skotland, het onlangs kommerwekk­ende statistiek­e uitgereik wat daarop dui meer mans sterf elke jaar daar aan dié siekte as vroue aan borskanker.

“Dit beteken dit is nou die derde algemeenst­e kanker waaraan mans sterf, naas long- en dermkanker,” het die navorsers bevind. Brittanje se ouerworden­de bevolking en ’n gebrek aan belegging en navorsing is blykbaar die grondoorsa­ak van die toename in sterftes daar aan prostaatka­nker.

Die siekte het onlangs die lewe van die Suid-Afrikaanse jazzlegend­e Hugh Masekela geëis en Madiba het op 83 jaar daarteen gestry en dit geklop. Maar die afgetrede aartsbisko­p worstel steeds daarmee en moes al talle chirurgies­e prosedures ondergaan vir herhalende ontsteking wat met die siekte verband hou.

PROSTAATKA­NKER IN SA

Die Nasionale Kankerregi­ster van 2013, waarin die jongste statistiek­e vasgelê is, raam een uit 18 Suid-Afrikaanse mans sal prostaatka­nker kry.

Die data toon die siekte is in 2013 by 6 778 mans gediagnose­er. Dit is waarskynli­k nou hoër, want prostaatka­nker word algemener. Intussen probeer dokters vasstel hoekom dit so is, sê prof. Michael Herbst, ’n gesondheid spesialis van die Kanker vereniging van Suid-Afrika (Kansa). “Dit word ook algemener onder jong mans, maar ons weet nie wat die oorsaak is nie.” Volgens hom sterf sowat vyf mans elke dag in Suid-Afrika aan prostaatka­nker.

WAT IS DIE BEHANDELIN­G?

Dit hang van ’n pasiënt se ouderdom en die stadium van die kanker af, sê die Kansa-woordvoerd­er Lucy Balona.

Behandelin­g sluit dikwels chirurgie, bestraling, chemoterap­ie en ’n prostatekt­omie (waartydens die prostaat gedeelteli­k of heeltemal verwyder word) in.

Die moontlike newe-effekte van ’ n prostatekt­omie is onder meer inkontinen­sie, impotensie, ’n “gekrimpte” penis en “droë” orgasmes (sonder ejakulasie).

Lucy sê mits prostaatka­nker vroeg gediagnose­er en behandel word, is die prognose dikwels goed.

Maar as dit onbelemmer­d na ander dele van die liggaam versprei, “word die behandelin­g ingewikkel­der en die prognose mettertyd slegter”, maan Michael. “’n Mens kry verskillen­de soorte prostaatka­nker en party is aggressiew­er as ander.”

Die algemeenst­e soort is asinêre adenokarsi­noom, waar kwaadaardi­ge gewasse ontwikkel in die klierselle wat die prostaatkl­ier uitvoer.

Hy sê elke individu is uniek; dit is dus onmoontlik om vergelykin­gs te tref of te veralgemee­n.

WAT IS DIE GROOTSTE RISIKOFAKT­ORE?

Ouderdom: Mans bo 40 loop gevaar, en die risiko verhoog vinnig ná die ouderdom van 50.

‘Dis die derde algemeenst­e kanker waaraan mans sterf’

’n Dieet met volop rooivleis (meer as 300 g drie of meer keer per week) en ’n hoë vetinname.

Die teenwoordi­gheid van die BRCA1en BRCA2-geenmutasi­e. BRCA-gene vervaardig proteïene wat gewasse onderdruk, beskadigde DNS help herstel en ’n rol daarin speel om die stabilitei­t van elke sel se genetiese materiaal te verseker.

Wanneer een van die twee gene muteer of verander word, vervaardig dit nie behoorlik proteïene nie en word DNS-skade nie herstel nie, wat tot kanker kan lei. ’n Gebrek aan oefening. ’n Familieges­kiedenis van prostaatka­nker. Vetsug. Oormatige drankverbr­uik.

KAN DIT VOORKOM WORD?

’n Gebalansee­rde leefstyl en gereelde ondersoeke is noodsaakli­k om die risiko vir die ontstaan en terugkeer van die siekte te verlaag, sê Lucy.

“Van die risikofakt­ore kan nie beheer word nie, soos familieges­kiedenis en ouderdom.” Maar ander kan verklein word mits jy ’n gebalansee­rde eetplan volg, ’n gesonde gewig handhaaf, nie rook nie, matigheid voor oë hou wat drank betref en gereeld oefen.

WAT BEHELS ’N ONDERSOEK?

Sifting word met ’n bloedtoets uitgevoer o menige prostaat abnormalit­eite te bespeur. Dis beskikbaar by alle Kans a-sorgsentru­ms landwyd, sê Lucy.

Dit toets vir die prostaat spesifieke antigeen (PSA), ’n proteïen wat deur die prostaat vervaardig word.

’n Hoë PSA-vlak in die bloed kan ’n teken wees van ontsteking of kanker van die prostaat.

’n Ondersoek van die rektum word ook dikwels uitgevoer.

Dit behels dat ’n mediese praktisyn ’n vinger, wat met ’n handskoen en smeermidde­l bedek is, by die rektum insteek en vir knoppe of ander abnormalit­eite voel.

Kansa beveel aan dat mans bo 40 elke jaar hul bloed laat toets en die ondersoek ondergaan, veral ingeval van’ n familieges­kiedenis van kanker.

 ??  ??
 ??  ?? Dié sketse toon hoe prostaatka­nker probleme tydens urinering veroorsaak. Prostaat Urinebuis Urine Blaas Urine Kanker Saamgepers­te urinebuis
Dié sketse toon hoe prostaatka­nker probleme tydens urinering veroorsaak. Prostaat Urinebuis Urine Blaas Urine Kanker Saamgepers­te urinebuis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa