Huisgenoot

Geldsake: Als oor annuïteite

Dis ’n gewilde manier van spaar vir ’n inkomste wanneer jy ophou werk. Maar hoeveel sal genoeg wees om in jou maandeliks­e behoeftes te voorsien?

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

LEWENDE annuïteite is ’n gewilde belegging met die oog op die aftreejare. Trouens, in 2016 het SuidAfrika­ners R333,2 biljoen daarin belê, toon die syfers van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa).

As jy ’n lewende annuïteit het, sal jy jaarliks’ n gemiddelde onttrekkin­gs koers kan kies.

Dis die persentasi­e geld wat jy as afgetreden­e elke maand teen die belegging kan onttrek om jou uitgawes te dek.

Baie mense maak egter die fout om maandeliks te veel geld te onttrek. Dit beteken dat hulle ná ’n paar jaar te min geld oorhet om hul uitgawes te dek.

BESTUUR JOU ANNUÏTEIT VERANTWOOR­DELIK Hoeveel kan jy onttrek?

Drie sleutelfak­tore sal bepaal hoe lank daar genoeg geld in jou annuïteit s belegging salwe e som aan jou ’n gereelde inkomste te voorsien: die vlak van inkomste wat gekies word – hoeveel jy uit die belegging onttrek; die prestasie van beleggings – hoe hoog of laag die opbrengs is wat jou belegging verdien; en hoe lank jy leef, want jy sal oor die hele tydperk geld uit die annuïteit moet onttrek om jou lewenskost­e te dek. Volgens Patrick Sheehy van Sanlam Glacier het ’n 65-jarige Suid-Afrikaanse egpaar wat nog goeie gesondheid geniet vandag ’n 50%-kans dat minstens een lewensmaat tot 94 jaar oud kan word. Dit beteken ’n mens gaan dalk baie lank leef en vir ’n lang tyd geld uit jou aftreenese­ier benodig.

Wetlik is die maksimum toelaatbar­e onttrekkin­g 17,5%, maar tensy jy een van die min mense is wat ’n reusagtige aftreebele­gging het, moet jy maandeliks veel minder onttrek.

Die beskikbare geld in die annuïteit verskil na gelang van hoeveel ’n mens gespaar en hoeveel die belegging gegroei het. Maar Taryn Hirsch van Asisa sê bedryfsyfe­rs wys die meeste pensioentr­ekkers loop gevaar om hul geld uit te put as hulle gemiddeld meer as 5% onttrek. In 2016 was die gemiddelde onttrekkin­gs koers 6,62%.

Taryn sê sodra die persentasi­e inkomste wat onttrek word hoër is as die opbrengs wat die belegging verdien, word die kapitaalba­sis uitgewis. Hoe hoër die bedrag wat jy onttrek, hoe vinniger krimp die belegging.

Doen dit reg

Navorsing deur Sanlam Glacier onder afgetreden­es wat suksesvol met hul aftreegeld werk, wys dié pensioentr­ekkers het almal raad gevra by ’n finansiële adviseur oor hoe hul geld belê moet word – en hoeveel hulle eendag kan onttrek.

Hul pad met die raadgewer het ook nie opgehou ná die aanvanklik­e raad nie. Hulle spreek nog hul raadgewers gereeld om: ▶ te gesels oor of hul ontrekking­s nie te veel is nie, maar genoeg om hul lewenskost­e te dek; hul beleggings­trategie te hersien (basies om te sorg dat hul geld in die annuïteit nog reg belê word sodat dit die beste groei); te kyk watter uitgawes noodsaakli­k is (soos kos en gesondheid­sorg) teenoor uitgawes soos stokperdji­es wat nie regtig noodsaakli­k is nie; en nuwe planne te maak as hul behoeftes verander.

Wat kan jy doen as jy reeds te veel onttrek?

Jy kan dit oorweeg om ’n ekstra inkomste te verdien deur deeltyds te werk. Dit sal help dat jy minder van jou aftreegeld maandeliks hoef te trek om jou koste te dek.

Die belangriks­te is dat jy goeie raad kry. Gesels met ’n finansiële raadgewer (sien www.fpi.co.za en www.fia.org.za vir raadgewers wat by die Raad op Finansiële Dienste geregistre­er is). Hulle behoort jou raad te gee oor: ▶ jou leefstyl – jy sal waarskynli­k nienoodsaa­klike uitgawes moet prysgee sodat jy minder bestee (vra die adviseur om na jou uitgawes te kyk sodat jy genoeg inkomste kan trek om noodsaakli­ke koste te dek); en die aanpas van jou belegging sodat die opbrengs beter word, soos deur meer van jou belegging in aandele te sit wat sterker groei oor ’n langer tydperk sal gee (dié besluit sal afhang van jou risikoprof­iel).

Waarvoor moet jy oppas?

Kits ryk word planne! As iemand jou ’n opbrengs belowe wat uitsonderl­ik beter as die mark s’n is, is dit waarskynli­k te goed om waar te wees. Swendelaar­s teiken mense wat kwesbaar is – soos afgetreden­es wat bekommerd is oor hul spaargeld – met beloftes dat hul geld vinnig kan groei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa