Huisgenoot

FAMILIE OP EN WEG VAN DIE SKERM

-

Hy is binnekort nie net meer sy dogter se pa in die regte lewe nie; hy gaan ook haar sepiepa speel. Nadat Pierre van Pletzen 7de Laan ná 17 jaar gegroet het, het hy vroeër vanjaar sy verskyning as Sakkie in Getroud met Rugby gemaak.

Sakkie, ’n gerehabili­teerde alkoholis, het ná ’n jare lange vervreemdi­ng met sy jongste dogter, Maryke (Marijke van der Westhuizen), versoen geraak. En op 5 April gaan kykers ook sy oudste dogter, Julia, ontmoet. Julia word gespeel deur Pierre se regte dogter, Zetske van Pletzen.

Boonop is sy skoonseun, Altus Theart, se sepiekarak­ter, Fafa, getroud met Maryke, wat hom sy sepieskoon­seun maak. “Kykers was onbewus van Maryke se suster omdat sy 10 jaar gelede na die buiteland verhuis en hulle kontak verloor het,” vertel Zetske oor Julia. “Sy keer terug om haar verhouding met haar suster te herbou, min wetend dat Sakkie daar is.”

Zetske sê dis interessan­t om haar pa as ’n sepiepa te hê, want hul verhouding in die werklike lewe is anders. Hulle deel ’n hegte band, terwyl Julia en Sakkie al jare weens die drankduiwe­l van mekaar vervreem is.

Dis nie die eerste keer dat pa en dogter familie in ’n sepie speel nie. Toe Zetske van 2011 tot ’13 as die boekredige­erder Marcel in 7de Laan gespeel het, was Oubaas haar oom.

Zetske en Altus het ook in twee kykNETreek­se familie teenoor mekaar gespeel: Hulle was in Kruispad boet en sus en in Bloedbroer­s man en vrou. “Ek het al van sy sussie tot sy vrou tot sy skoonsus beweeg,” sê sy.

Dis vir haar lekker om die profession­ele Altus te sien en nie net die huis-Altus nie. “Almal weet ons is getroud, maar wanneer ons werk, het ons ’n profession­ele verhouding.”

Sy het vir ’n jaar ’n blaaskans geneem om by die paartjie se eenjarige seun, Alexander, te wees.

“Hy gaan nou drie keer per week vir ’n halfdag skool toe en geniet dit vreeslik. Ek en Altus skiet nie albei elke dag nie en verskyn nie altyd in dieselfde tonele nie; dus het ons ’n buigsame program en kan ons gereeld by hom wees.”

 ??  ?? Pierre en sy kleinseun, Alexander. LINKS: Pierre, klein Alexander en Zetske koester familietye. REGS: Zetske en Althus by Alexander.
Pierre en sy kleinseun, Alexander. LINKS: Pierre, klein Alexander en Zetske koester familietye. REGS: Zetske en Althus by Alexander.
 ??  ?? Pierre en Zetske. Anders as hul sepiekarak­ters is pa en dogter in die regte lewe baie naaaaaan mekaar. e aa .
Pierre en Zetske. Anders as hul sepiekarak­ters is pa en dogter in die regte lewe baie naaaaaan mekaar. e aa .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa