Huisgenoot

POLITIEK VIR CYNTHIA

-

AANHANGERS wat teleurgest­eld was omdat die derde Sex and the City-fliek verlede jaar gekanselle­er is, kan nou na drama van ’n ander aard in New York uitsien. Die Sex and the City-aktrise Cynthia Nixon (die rooikop Miranda Hobbes) het in dié stad, wat die inspirasie vir die televisier­eeks was, aangekondi­g sy gaan haar in die politiek begewe.

“Ek is lief vir New York en vandag stel ek my as goewerneur (van die deelstaat New York, waarvan New York die hoofstad is) verkiesbaa­r,” het Cynthia (51) gesê. Slaag sy, sal sy die staat se eerste vroulike en gay goewerneur wees.

Sy is die ma van drie kinders: Samantha (22) en Charles (15) uit haar huwelik met die akteur Danny Mozes (52), en Max (7), haar seun saam met haar vrou, die aktivis Christine Marinoni (50).

Die sosiale media het gegons s ná haar aankondigi­ng. Binne ’n uur was dit die gewildste bespreking­spunt op Twitter in Amerika, en die video is op p dieselfde dag meer as ’n miljoen keer gekyk.

“Cynthia Nixon wat tot die goewerneur- ewerneurst­ryd toetree, is die beste Sex and the City-storielyn ooit,” het ’n aanhanger nger gesê. “Dit is so ’n Miranda-soort ding om te doen,” het nog een gesê met verwysing na die prokureur wat sy in Sex and the City gespeel eel het.

Kristin Davis (53, heel regs) het et gesê Cynthia sal ’n “uitstekend­e” goewerneur neur wees. Die ander hoofspeler­s was Kim Cattrall ttrall (61, links) en Sarah Jessica Parker (53, naasregs). asregs)

 ??  ?? SEX AND THE CITY-STERRE
SEX AND THE CITY-STERRE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa