Huisgenoot

BEKENDES WAT ’N STRYD TEEN PROSTAATKA­NKER GEVOER HET

-

Ben Stiller (52) het in 2016 gesê hy is kankervry nadat prostaatka­nker in Junie 2014 op 48 jaar by hom gediagnose­er is. “Dis ’n heel nuwe wêreld en jy moet jouself opvoed. Vir my was dit om vas te stel wat die opsies is.”

Robert de Niro (74) het in 2003 gehoor hy het die siekte en is daarvoor behandel. Luidens berigte is sy pa, die skilder Robert de Niro sr., in 1993 op 71 aan kanker oorlede. Die James Bond-legende sir Ro

ger Moore is verlede jaar ná ’n kort kankerstry­d in die ouderdom van 87 oorlede. “Reeds in 1993 het hy chirurgie ondergaan om sy prostaat te verwyder,” het ABC News berig. “Hy het in onderhoude gesê die kanker het sy lewe verander.”

Die akteur Stephen Fry (60) het in Februarie bekendgema­ak die “aggressiew­e klein swernoot” is einde 2017 by hom gediagnose­er en hy het sy prostaat laat verwyder. “Kanker is iets wat in jou kop bly maal,” het hy vertel.

Die akteur Sidney Poitier (90) het in Junie 1993 ná vier biopsies ’n prostaatop­erasie ondergaan. Toe die nuus oor Robert de Niro se prostaatst­ryd bekend word, het Sidney hom kort daarna bemoedig: “Ek verneem dis vroeg by hom opgespoor; dus is sy kans uitstekend.”

Talle Suid-Afrikaners is in rou gedompel oor die musieklege­nde Hugh Masekela, wat in Januarie op 78 jaar oorlede is. Hy het kankerbeha­ndeling ondergaan vandat dokters in 2008 ’n klein “vlekkie” aan sy blaas ontdek het. Emeritus-aartsbisko­p Desmond

Tutu (86) is al meermale in die hospitaal opgeneem vir herhalende infeksie weens vorige behandelin­g vir prostaatka­nker, het News24 berig. Hy leef al amper 20 jaar met dié siekte saam.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa