HOE KAN DIE SAAK UITSPEEL?
“Dit is eintlik ’n klomp gesamentlike faktore wat deurslaggewend gaan wees,” sê André Kirsten, ’n strafregprokureur van Kaapstad.
Hy sê die saak steun op omstandigheidsgetuienis omdat geen ooggetuies die beweerde misdaad sien gebeur het nie.
“Forensiese getuienis sal belangrik wees in ’n saak soos dié en sal moet bepaal of dit selfdood was of nie,” sê dr. Llewellyn Curlewis, senior lektor in strafprosesreg aan die Universiteit van Pretoria.
Llewellyn en André glo die staatspatoloog se getuienis kan moontlik die deurslag gee.
“As die patoloog se bevindings nie konsekwent is met wat die beskuldigde sê nie, gaan die beskuldigde ’n probleem hê. Want hy gaan nou moet verduidelik wat die patoloog gesien het en hoe dit daar gekom het,” sê André.
So byvoorbeeld kan Susan se ribbesering ’n probleem vir die verdediging wees om te verduidelik. “In die perspektief van ’n selfdood beteken dit sy sou ’n koord om haar nek moes sit en haarself ophang terwyl sy in verskriklike pyn is en besig is om bloed te hoes,” sê André.
Kan die patoloog se fout met die berekening van Susan se sterftyd die staat se saak kelder?
“Ek dink nie dit sal die staat se saak kelder nie,” sê Llewellyn.
“Die hof kyk gewoonlik na drie goed ty- dens kruisondervraging: ondervraging: weerspreking, teenstrydighede ghede en onwaarskynlikhede. Tensy ’n getuie tuie op grond van daardie drie goed so swak ak is dat die hof die getuienis heeltemal verwerp, sal die hof steeds daardie getuienis uienis aanvaar,” verduidelik Llewellyn.
Volgens André is die wetenskaplike aspekte soos die drakrag van die haartang se kabel ook k belangrik. “Daardie toetse word in ’n laboratorium aboratorium gedoen en gewoonlik herhaal.” ”
Hy sê Susan san se gemoedstoestand en haar karakter er kan ook ’n belangrike oorweging vir die hof wees.
“Die verdediging ediging sal getuienis moet lei dat t sy geneig was tot selfdood of f dat daar aanduidings was dat sy moeg was en gevoel het dit is nou genoeg,” verduidelik hy.
“Maar ons s moet in gedagte hou die staat at het nou al plekplek aangedui dui sy sou dit nie doen nie. Haar aar broer het getuig sy het ’n sterk persoonlikheid gehad en dat sy iemand was wat kon n baklei en volhard. Dit lyk asof f sy hard probeer het om die affair ir te stop en vir haar huwelik baklei klei het.”
Jason se regspan sal nog hul eie getuies en kenners roep om Jason se saak ak te stel.