LETITIA WRIGHT
SILWERDOEKPRINSES
Letitia (24) het in ons hart ingekruip as die Black Panther se superkoel tegnofoenditienersuster, prinses Shuri van Wakanda. Dié karakter maak op 27 April weer ’n draai op die silwerdoek in Avengers: Infinity War. Letitia is ook nou op die grootskerm te sien in Steven Spielberg se wetenskapsfiksiefliek Ready Player One. (Lees nog oor die fliek op bl. 49.)
SHURI DIE ROLMODEL
Letitia is dol oor haar Black Panther-karakter, Shuri. “Sy is so ver van die stereotipes wat ons heeltyd sien. Sy hou van wetenskap en is superkoel. Ek hoop Shuri moedig baie meisies aan om op skool vakke soos wetenskap, wiskunde en tegnologie te neem.”
HAAR WORTELS
Letitia is in Georgetown, Guyana, ’n land in SuidAmerika, gebore en het op sewe Londen toe verhuis. Sy was in die Identity-dramaskool, wat spog met oudstudente soos John Boyega (26) van Star Wars-faam.
INSPIRASIE
Die dramafliek Akeelah and the Bee (2006) het haar geïnspireer om toneel te speel, vertel sy. Dié fliek draai om ’n 11-jarige meisie wat aan spelkompetisies deelneem. Min het Letitia toe geweet Angela Bassett (59), wat Akeelah se ma speel, gaan eendag ook haar ma in Black Panther wees!
VEGTER
Sy was op 20 in die greep van depressie en moes noodgedwonge ’n blaaskans neem van haar werk. Haar verhouding met God het haar deurgedra, vertel sy.
RAPKONINGIN
Sy en haar medesterre in Black Panther het gereeld mekaar aangevat om te kyk wie die beste rapper is. “Danai (Gurira) het baie probeer, maar sy het sleg misluk. Ek is steeds die koningin van rap in Wakanda.”