Huisgenoot

GEURIGE MOSSELS MET CHORIZO

-

Wyn en geblikte tamaties sorg vir die vloeistof en alles word in een pot gaargemaak. Wat seekos en vis betref, is mossels een van die goedkoopst­es, en bevrore mossels is oral beskikbaar. Boonop is mossels op die groen Sassi-lys. Gaan kyk by sassi.co.za of jy volhoubare seekos koop. GENOEG VIR 4-5 MENSE Skoonmaak: 40 min. Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 25 min. 45 ml (3 e) olyfolie 1 klein ui, gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 chorizowor­s, in skyfies gesny (of bladspekvl­eis) ’n knippie gedroogde rissievlok­kies of na smaak 500 ml (2 k) witwyn 1 blik (400 g) kersietama­ties in tamatiesap sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 2 kg mossels in die skulp (verkieslik vars), baard verwyder heelwat vars gekapte

pietersiel­ie vars brood vir voorsit

Verhit die olie in ’n groot pot en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die chorizo of spekvleis by en braai tot gaar en effens bros.

2 Voeg die rissievlok­kies, wyn en kersietama­ties by en bring tot kookpunt. Geur met die sout en peper na smaak. Kook sowat 15 min. tot geurig.

3 Voeg die mossels by (as jy vars mossels gebruik, net dié wat toe is). Plaas die deksel op en verhit tot die mossels gaar is en die skulpe oopgegaan het, sowat 10 min. Skud die pot van tyd tot tyd. (Gooi die mossels weg wat nie oopgegaan het nie.)

4 Voeg die pietersiel­ie by en meng deur.

5 Sit onmiddelli­k voor saam met die brood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa