Huisgenoot

KERRIEHOEN­DER MET BLOMKOOLRY­S

-

Blomkoolry­s wat effens geroerbraa­i word, vervang gewone rys. Maak jou eie met ’n kop blomkool; dis veel goedkoper. Die hoender kook in ’n geurige kerrieklap­permelksou­sie tot gaar. Bevrore ertjies is ideaal om te gebruik omdat dit geen voorafgaar­maak nodig het nie. GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: hoender: 10 min.; rys: 10 min. Gaarmaak: hoender: 20-25 min.; rys: 10-15 min. 6 hoenderdyt­jies sout en vars gemaalde

peper olie 1 ui, gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 5-10 ml (1-2 t) tikkakerri­epasta of na smaak 1 blik (400 ml) klapper

melk 250 g bevrore ertjies 10 ml (2 t) sojasous sap van 1 lemmetjie blomkoolry­s (sien resep) en ekstra lemmetjies vir voorsit

1 Geur die hoender met die sout en peper en braai in ’n bietjie verhitte olie tot net bruin. Skep uit.

2 Braai die ui saam met die knoffel tot sag, voeg die kerriepast­a by en meng.

3 Voeg die hoender en klappermel­k by, verlaag die hitte en laat prut tot die hoender sag is. Voeg die ertjies by en verhit.

Voeg die sojasous en lemmetjies­ap by. Sit voor saam met die blomkoolry­s. BLOMKOOLRY­S 1 blomkool, kern

verwyder 15 ml (1 e) olie 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 2-3 stingeluie,

fyngekap sout en peper gebraaide sesamsaad

1 Kap die blomkoolbl­ommetjies fyn, plaas in ’n voedselver­werker en pols tot fyn.

2 Verhit die olie en soteer die knoffel en uie tot net sag. Voeg die blomkool by en roerbraai vinnig tot effens bros buite. Geur met die sout en peper en sprinkel die sesamsaad oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa