Huisgenoot

VARKBREDIE IN ROOIWYN MET KLUITJIES

-

Rooiwyn en ystee word gebruik om die vleis op die stoof gaar te stowe. Dit word voorgesit saam met kluitjies wat met jogurt aangemaak word en ook sommer bo-op die stowe gaar word. GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 30 min. BREDIE 1,5 kg varkvleis

blokkies (ghoelasj) sout en vars gemaalde

peper koekmeel olie en botter 3 uie, geskil en in

skyfies gesny 250 g spekvleis,

in stukkies gesny 200 g sampioene,

in skywe gesny 2 lourierbla­re 300 ml rooiwyn 500 ml (2 k) klaargemaa­kte ystee (lemoen-en-chai) sap en skil van 1

suurlemoen ’n hand vol vars tiemie KLUITJIES 180 ml (¾ k) koekmeel 80 ml ( k) mielie

meel 7 ml (1½ t) bakpoeier 5 ml (1 t) suiker sout en vars gemaalde

peper 30 ml (2 e) botter 125 ml (½ k) natuur

like jogurt ekstra vars tiemie

1 Bredie Geur die varkvleisb­lokkies met die sout en peper k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s) en rol in die koekmeel.

2 Verhit ’n bietjie olie en botter in ’n groot pot met ’n deksel en roerbraai die vleis tot bruin. Skep uit.

3 Roerbraai die uie en spekvleis tot sag en gaar (hou ’n paar gaar repe spekvleis eenkant vir garnering). Voeg die sampioene by en braai effens.

4 Voeg die lourierbla­re, rooiwyn en ystee by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut sowat 15 min. of tot ’n geurige sous gevorm net. Roer die suurlemoen­skil en -sap en tiemie by.

5 Kluitjies Maak intussen die kluitjies: Meng die droë bestanddel­e, vryf die botter in en sny die jogurt in met ’n mes tot net gemeng.

6 Voeg die vleis by die wynmengsel en kook tot geurig en gaar.

7 Skep lepels vol van die kluitjies bo-op. Plaas die deksel op en laat prut tot die kluitjies gaar is, sowat 10-15 min. Rond af met die tiemieblaa­rtjies. As jy nie lus het vir kluitjies maak nie, breek ’n dag oue brood in growwe stukke en rooster tot bros. Sprinkel oor die vleis wanneer gaar. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa