Huisgenoot

LOS TONGE KRY HAAR ONDER

-

Die skinderton­ge is los in ons familie oor hoe sleg ek glo my ma behandel. Sy het my ernstig te na gekom sonder dat ek daarvan geweet het. Daar is nou ’n kloof tussen ons. Ek is verbitterd en nog effe geskok daaroor, maar sê haar nie sleg nie. Sy is immers my ma. Tog begin die geskinder in ons familie, alles wat verswyg word en veral mense wat soos wolwe in skaapskler­e na my toe kom en dan alles verdraai wat ek hulle vertel, my nou onderkry. Wat moet ek maak?

AO op FB

As ander jou voortduren­d veroordeel al is jy eintlik die onskuldige party laat dit ’n mens weerloos voel, selfs al weet jy jy is reg. Sulke kwaadprate­ry en verdagmake­ry kan ’n mens emosioneel laat uitbrand.

Skinderbek­ke sal ons, net soos Jan Taks, altyd by ons hê. Die kuns is om hul invloed op ons lewe te beperk. As jy jou met mense omring wat emosioneel gesond is, sal jy reeds nader aan ’n oplossing beweeg. ’n Mens kan nie jou familie vir altyd vermy nie, maar jy kan wel sorg dat vals mense minder sappige stories het om te versprei deur kontak met hulle te verbreek.

Skinderbek­ke is lafaards. As jy, ondanks hul kwaadprate­ry, met moed en deursettin­gsvermoë die uitdagings in jou verhouding met jou ma kan aanpak, kan jy sterker aan die ander kant uitkom. Dit help nie om die bitsiges te konfrontee­r of te probeer bewys jy’s reg nie. Dit sal al jou emosionele energie verg.

As jy nie anders kan as om hulle te sien nie, tel jou woorde in hul teenwoordi­gheid. Moet geen inligting aan hulle gee nie en verander die onderwerp as jy agterkom hulle probeer iets uitvis.

Jy benadeel jouself as jy ’n wrok hieroor koester en eerder op die familie as op die uitdaging self fokus. As jy nie die ongelukkig­e voorval met jou ma kan of wil bespreek nie, sal jy ’n manier moet vind om hierdie pynlike hoofstuk in jou lewe af te sluit. Vergifnis is nie goedkoop nie, maar as jy jou ma kan vryspreek, sal jy minder deur jou eie gevoelens oorweldig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa