Huisgenoot

STRES OOR EKS SE NUWE VROU

-

Ek het ’n seuntjie van ses en is ’n paar jaar gelede van sy pa geskei. Ek het aansoek gedoen om verhoogde onderhoud omdat hy nou na ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes gaan.

My gewese man het onlangs weer getrou, maar ek weet nie op watter huweliksvo­orwaardes nie.

Hy en sy nuwe vrou het nie kinders nie en albei het ’n goeie werk.

Ek is bang sy gaan saam met hom kom wanneer ons ’n afspraak met die onderhouds­beampte by die hof het. Mag sy daar wees?

DF op HA

Slegs die ma, die pa en hul regsadvise­urs word in die hofvertrek toegelaat wanneer sulke verrigting­s begin. Jou eks se vrou kan wel toegelaat word, maar slegs as jy daartoe instem. As sy dalk net binnestap sonder om vooraf toestemmin­g te vra, bly kalm, kyk voor jou uit en tel tot by 10. Die voorsitten­de beampte moet jou dan vra of dit reg is met jou dat sy daar is.

As jy daarmee ontevrede is, het jy die volste reg om nee te sê.

Die beampte moet haar dan vra om die verrigting­e te verlaat.

Al wanneer sy teenwoordi­g mag wees, is as sy gedagvaar sou word om ’n bydrae in die hofvertrek te lewer.

Sulke dae is ekstra moeilik vir enkelma’s. Maak dit vir jouself makliker deur minder op jou eks se nuwe vrou te konsentree­r en eerder toe te sien dat ’n geldige nuwe onderhouds­bevel gemaak word sodat jou kind se pa nie van sy verpligtin­gs kan wegskram nie. Sorg dat jy genoeg steun van familie en vriende voor en ná die tyd kry.

As jy meer wil weet oor aansoeke om onderhoud, klik gerus op http://www.justice.gov.za / services/ apply-for-maintenanc­e.html.

Die volledige onderhouds­wet is beskikbaar by http://www.justice.gov.za/legislatio­n/acts/acts_full. html.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa