Huisgenoot

Nuut op die rakke

Waardevoll­e hulp met studie en verhouding­s

- Deur ELNA VAN DER MERWE

ACCESSING POST-SCHOOL STUDIES – A STUDENT’S GPS TO SUCCESSFUL LEARNING Deur DR. VENICIA MCGHIE en MADGE DU PREEZ (Sun Press, R330. Bestel by orders@africansun­media.co.za of bel 021-201-0071)

Min swart leerders gaan studeer ná skool. Baie val uit op universite­it, en baie het swak opleiding aan Suid-Afrika se openbare skole ontvang en is dus onvoorbere­id op die eise van naskoolse studie.

Dit is van die grootste knelpunte wat uitgelig is in ’n sewe jaar lange studie oor toegang tot hoër onderwys en hoe studente suksesvol kan studeer.

Die resultaat is Accessing Post-School Studies deur dr. Venicia McGhie en Madge du Preez. Saam het hulle ook 60 jaar ervaring van voorgraads­e studente.

“Die fokus van die boek is op swart studente, maar enigeen wat graag ná skool wil studeer, sal baat vind by van die inhoud,” sê Venicia en Madge.

“Daar is byvoorbeel­d ’n hoofstuk wat fokus op volwassene­s wat deeltyds wil studeer terwyl hulle heeltyds werk.

“Die boek kan ook gebruik word deur onderwyser­s wat lewensorië­ntering aanbied, want die boek bevat alles wat leerders en hul ouers moet weet oor hoe hulle hulle kan voorberei terwyl hulle nog op skool is en wat hulle kan verwag wanneer hulle by die kollege of universite­it aankom.”

Dit raak veral prakties in deel 3, waar lyste verskaf word met name en kontakbeso­nderhede van universite­ite, kolleges, tegniese en opleidings­kolleges. Die toelatings­vereistes word ook verskaf.

Net so prakties is die raad oor waar ’n student kan aanklop om ’n beurs of lening – inderdaad dus ’n GPS-lys met nuttige skakels en ander bronne.

“Deel 1 fokus op wat moet gebeur terwyl die leerder nog op hoërskool is, soos persoonlik­e ingesteldh­eid, verwagting­s, kennis en inligting,” sê die twee skrywers.

Deel 2 handel oor die faktore t wat ’ n leerder in staat stel s om suksesvol te studeer. Dit verduideli­k onder meer hoe om onafhankli­k te kan studeer; in te pas en die regte vriende v te kies; hoe om akademiese bronne te benut; geldsake self te bestuur; en dalk terselfder­tyd te werk en studeer.

“Ons stel voor leerders en hul h ouers begin die boek gebruik deur eers te kyk na die vrae wat gereeld gevra word (en hul antwoorde) in deel 3. Op O dié manier kan leerders op skool al begin dink oor wat hulle met hul toekoms wil doen.”

Baie leerders en studente op wie die boek juis gemik is, sal dit nie kan bekostig nie; daarom wil Venicia en Madge skoolhoofd­e en biblioteke aanmoedig om dit te koop. “Ons beplan om ook direkteure van openbare biblioteke te besoek en die boek met hulle te bespreek sodat hulle ’n paar eksemplare vir soveel moontlik biblioteke kan koop – veral sodat dit vir arm gemeenskap­pe op die platteland beskikbaar sal wees.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa