Huisgenoot

DIE INEENSTORT­ING

-

In 2007 was Britney in ’n smerige toesigstry­d oor haar seuns, Sean (nou 12) en Jayden (11), met haar eksman Kevin Federline (nou 40) gewikkel. In Februarie dié jaar is die jong ma, wat glo ’n dwelmprobl­eem en geestesges­ondheidspr­obleme gehad het, in Esther’s Haircuttin­g Studio in Tarzana, Kalifornië, afgeneem waar sy haar eie kop kaal skeer.

“Ek wil nie hê iemand moet aan my raak nie,” het sy destyds gesê. “Ek is moeg daarvan dat almal aan my vat.”

Ná ’n kort verblyf in ’n rehabilita­siesentrum, haar tweede daardie jaar, is die 25-jarige na haar vervreemde man se huis. Sy het Kevin gesmeek om haar hul kinders te laat sien, maar hy het haar weggewys. Toe swaai Britney ’n groen sambreel rond terwyl sy haar woede op die motor van ’n steelfotog­raaf uithaal.

Verskeie pastelkleu­rige pruike, ’n om- strede optrede op die MTV-prysaand en ’n algehele chaos het in die 11 maande daarna gevolg. En die paparazzi was natuurlik altyd naby om elke hartverske­urende fiasko vas te lê.

“Op ’n manier het ons almal dit aan haar gedoen,” sê ’n bron aan E! Online. “Sy het uiters hard gewerk en tog het sy niks gehad om daarvoor te wys nie: geen man nie, geen toegang tot haar kinders nie, ’n verbrokkel­de verhouding met haar familie en geen sê in haar eie lewe nie. Sy het waardeloos gevoel.”

In Januarie 2008 het Britney se lewe ’n uiterse laagtepunt bereik toe sy weier om Sean en Jayden aan Kevin te gee toe dit sy beurt saam met die seuns was. Die owerheid is ontbied en hulle het gemeen die wanhopige ma het psigiatrie­se hulp nodig. Britney is aan ’n draagbaar vasggemaak en na ’n hospitaalp ggeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa