Huisgenoot

KKNK WEMEL VA N STERRE

-

Die sangeres Corlea lyk fantasties. Sy het 10 kg afgeskud en sê sy voel wonderlik. “Ek het eintlik maar net opgehou om die verkeerde goed te eet en alle suiker en stysel uitgesny. Vir die eerste vier dae het ’n mens hunkerings, maar dan gaan dit verby.”

DieThe Voice-finalis Caroline-Grace Brüssow sê sy het manlief Heinrich nou ses weke laas gesien en verlang verskrikli­k.

Haar rugbyspele­rman het ’n kontrak van twee jaar by die rugbyklub Northampto­n Saints in Engeland, en sy sien daarna uit om binnekort vir ’n paar dae by hom te gaan kuier.

Die skare was versot op Paxton Fielies en Craig Lucas, wat verlede jaar onderskeid­elik die wenners van die reekse Idols enThe Voice was.

Hulle sê dit is nog vir hulle ’n groot aanpassing om deesdae soos bekendes hanteer te word.

“Jou hele lewe verander drasties, en dit kan nogal oorweldige­nd wees,” erken Paxton. Sy raak nog baie senuagtig wanneer sy op die verhoog gaan, maar sê dit verdwyn wanneer sy sien die gehoor geniet haar optrede.

Sou jy ooit raai Germandt Geldenhuys, oftewel Louis Koster van die sepie Binnelande­rs, kan ook baie mooi sing?

Dit was sy eerste vertoning voor so ’n groot gehoor, en hy was goed op sy senuwees. “Eers voel dit of die bloed uit jou are beweeg, en wanneer jy daai eerste noot hoor, kom al die bloed weer teug. Dit was

Die sanger Robbie Wessels was Paassondag deel van die gewyde vertoning en het die gehoor met Amazing Grace bekoor.

Pieter Koen is vanjaar 21 jaar in die bedryf en was al by soveel KKNK’s dat hy ophou tel het. Hy glo sy sukses as aanbieder en sanger het baie daarmee te doen dat hy altyd net homself is wanneer die kameras rol.

DieThe Voice-deelnemer Fatman (Johan Brummer) vertel hy het al in 1995 op die eerste KKNK opgetree, maar toe was die gehore heelwat kleiner as nou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Thembeka en Corlea in aksie. Corlea (INLAS) is 10 kg ligter nadat sy suiker en stysel uit haar dieet gesny het. LINKS: Die The Voice-deelnemer Fatman was ingenome met die verversing­s agter die verhoog. ONDER: Die sepieakteu­rs Stephanie Baartman en Germandt Geldenhuys het die gehoor verras met hul talent.
BO: Thembeka en Corlea in aksie. Corlea (INLAS) is 10 kg ligter nadat sy suiker en stysel uit haar dieet gesny het. LINKS: Die The Voice-deelnemer Fatman was ingenome met die verversing­s agter die verhoog. ONDER: Die sepieakteu­rs Stephanie Baartman en Germandt Geldenhuys het die gehoor verras met hul talent.
 ??  ?? BO: Die The Voicedeeln­emer Caroline-Grace se ouers, Hans en Sandra Haasbroek van Bloemfonte­in, het hul dogter kom ondersteun. REGS: Joshua na die Reën het pas pa geword van ’n dogtertjie, Elgin. Hy is ook die pa van Anán (3). ONDER: Van links kuier Paxton Fielies, SashaLee Davids en Craig Lucas agter die verhoog.
BO: Die The Voicedeeln­emer Caroline-Grace se ouers, Hans en Sandra Haasbroek van Bloemfonte­in, het hul dogter kom ondersteun. REGS: Joshua na die Reën het pas pa geword van ’n dogtertjie, Elgin. Hy is ook die pa van Anán (3). ONDER: Van links kuier Paxton Fielies, SashaLee Davids en Craig Lucas agter die verhoog.
 ??  ?? ONDER: Karin Kortje het bekoor met die liedjie Sweef Soos ’n Arend. REGS ONDER: Paxton en Craig sing hul duettreffe­r, Smother. HEEL REGS ONDER: Robbie Wessels het ’n geestelike boodskap tydens die vertoning op Paassondag gebring.
ONDER: Karin Kortje het bekoor met die liedjie Sweef Soos ’n Arend. REGS ONDER: Paxton en Craig sing hul duettreffe­r, Smother. HEEL REGS ONDER: Robbie Wessels het ’n geestelike boodskap tydens die vertoning op Paassondag gebring.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa