Huisgenoot

MACARONI MET STERK KAAS EN SPEK

-

Beleë cheddar het ’n sterker smaak as gewone cheddar. Dit gee ’n sterk, ryk geur aan dié gebak. GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 45 min. 500 g macaroni 200 g repiespek,

fyngekap 30 ml (2 e) botter 45 ml (3 e) meel 500 ml (2 k) melk 250 ml (1 k) room 500 ml (2 k) gerasper

de beleë cheddar sout en swartpeper 250 ml (1 k) gerasperde

mozzarella Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n middelslag-oondbak met kossproei.

1 Kook die macaroni tot al dente, dreineer en hou eenkant.

2 Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Skep die spek uit en hou eenkant.

3 Smelt die botter in dieselfde pan waarin die spek gebraai is. Verlaag die hitte en sprinkel die meel oor. Roer goed deur en giet die melk geleidelik by terwyl jy aanhoudend roer. As die sous klonte maak, klits vinnig met ’n draadklopp­er.

4 Laat die sous 5 min. prut terwyl jy aanhoudend roer. Roer die room by en verhit.

5 Haal die sous van die hitte af en roer die kaas en spek deur die sous. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.

6 Voeg die pasta by en roer liggies tot al die macaroni deur die sous bedek is. Skep die pasta in die bereide oondbak.

7 Sprinkel die mozzarella oor die gereg en bak 20 min. in die verhitte oond of tot dit deurwarm en die kaas gesmelt en goudbruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa