Huisgenoot

CAMEMBERT-FONDUE MET CROSTINI

-

Camembert is ’n sagte kaas van matige sterkte en bekend vir sy romerighei­d. Deur die kaas in witwyn saam met tiemie en knoffel te bak word dit ’n wenpeuselh­appie vir winterkuie­rs. GENOEG VIR 6-8 MENSE (AS VOORGEREG) Bereiding: 10 min. Bak: 20-25 min. CROSTINI 1 middelslag- Franse brood, in dun snye gesny 60 ml (¼ k) sagte

botter k – koppie(s) e – eetlepel(s) 10 g gemengde vars

kruie, gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 5 ml (1 t) seesout

vlokkies FONDUE 2-3 camemberts 1 knoffelbol, dwarsoor

in die helfte gesny ’n hand vol tiemie

takkies 60 ml (¼ k) witwyn Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat en ’n oondbak (waarin 3 camemberts sal pas) byderhand.

1 Crostini’s Pak die skyfies brood in ’n enkellaag op die bakplaat. Meng die botter, kruie en knoffel goed t – teelepel(s) en smeer die brood daarmee.

2 Sprinkel die sout oor en oondrooste­r 5-10 min. of tot goudbruin en bros. Pak die broodjies op ’n opdienbord en hou eenkant.

3 Fondue Pak die camembert, knoffel en tiemie in die oondbak. Giet die wyn oor en bedek met tinfoelie. Plaas die bak in die oond en bak 15 min. Haal die tinfoelie af en bak nog 5-10 min. of tot die kaas gesmelt is.

4 Doop die crostini’s in die kaas en geniet dit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa