Huisgenoot

MINI-PRALIEN-KAASKOEKIE­S

-

Roomkaas of geroomde maaskaas is die sleutelbes­tanddeel in enige goeie kaaskoek. Dié weergawe word met pralien en vars pruime opgetof. Enige ander vars vrugte werk ook heerlik by dié kaaskoekie­s. LEWER 6-8 KLEIN KAASKOEKIE­S Bereiding: 20 min. Bak: 40 min. Verkoel: 1 uur KORS 200 g Tennis

beskuitjie­s 100 g grondboont­jies 125 ml (½ k) botter,

gesmelt VULSEL 500 g roomkaas 250 ml (1 k) jogurt 125 ml (½ k) room 125 ml (½ k) suiker 2 eiers 3 eiergele 5 ml (1 t) vanielje VIR VOORSIT pralien of peanut brit

tle, in stukke gebreek 2 pruime, in skyfies

gesny Voorverhit die oond tot 150 °C. Bespuit 6-8 ronde losboomkoe­kvormpies met ’n 10 cm-deursnee met kossproei.

1 Kors Plaas die beskuitjie­s en grondboont­jies saam in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot fyn. Voeg die botter by en pols tot gemeng.

2 Skep 30 ml (2 e) van die krummel in elke koekvormpi­e en druk teen die bodem vas. Verkoel tot benodig.

3 Vulsel Sit die kaas, jogurt en room saam in ’n groot mengbak en klits met ’n elektriese handklitse­r tot glad en goed gemeng.

4 Voeg die suiker, eiers, eiergele en vanielje by. Klits tot goed gemeng. Verdeel die vulsel tussen die koekvormpi­es. Pak die vormpies op ’n bakplaat. Bak 35-40 min. of tot gestol.

5 Laat die koekies in die vormpies afkoel, ontvorm en verkoel nog minstens 1 uur in die yskas.

6 Vir voorsit Versier die koekies met die pralien en pruime en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa