Huisgenoot

MOZZARELLA-ARANCINI (RYSBALLE)

-

Mozzarella het ’n neutrale smaak en is een van die beste kase vir smelt. Dit is ideaal vir arancini aangesien die risottorys reeds ’n sterk geur het. LEWER 10-12 ARANCINI’S Bereiding: 20 min. Verkoel: 1-2 uur of oornag Gaarmaak: 50 min. 30 ml (2 e) olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 2,5 ml (½ t) gedroogde

tiemie 250 ml (1 k) arborio- of

risottorys 125 ml (½ k) witwyn 625 ml (2½ k) groente

of hoenderaft­reksel 60 ml (¼ k) gerasperde

harde Italiaanse kaas sout en vars gemaalde

peper 150 g mozzarella,

in blokkies gesny 125 ml (½ k) meel 2 eiers, geklits 375 ml (1½ k) brood

krummels olie, vir diepvetbra­ai VIR VOORSIT suurlemoen­wiggies vars pietersiel­ie seesoutvlo­kkies

1 Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die tiemie en rys by en roerbraai 5 min.

2 Giet die wyn by en roerbraai tot alles geabsorbee­r is. Roer die aftreksel bietjiesbi­etjies by terwyl jy aanhoudend roer. Wag telkens eers tot die rys al die aftreksel absorbeer voor jy nog byvoeg.

3 Roerbraai die rys tot al dente. Roer die gerasperde kaas deur en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Skep die rys uit in ’n plat bak en verkoel 1-2 uur in die yskas of tot heeltemal afgekoel en klewerig.

4 Vorm okkerneutg­rootte-balletjies met die rysmengsel. Druk ’n blokkie mozzarella in die middel van elke balletjie. Maak seker die rys bedek die mozzarella heeltemal.

5 Rol die balletjies in die meel, doop in die eier en rol in die krummels. Doop die balletjies weer in die eier en rol dan weer in die krummels.

6 Verhit genoeg olie vir diepvetbra­ai in ’n diep kastrollet­jie en braai die arancini in sarsies tot goudbruin en bros. (Verlaag die hitte as die balletjies te vinnig bruin braai; onthou, die mozzarella in die middel moet smelt.)

7 Vir voorsit Sit die arancini warm voor saam met die suurlemoen­wiggies, pietersiel­ie en seesoutvlo­kkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa