Huisgenoot

EK & JY – VERHOUDING­S WAT WERK

Deur De LOUIS AWERBUCK & LISE SWART (Human & Rousseau, R280)

-

“Mense “M ervaar probleme met ander mense.” m So begin die inleiding tot die di boek, en dit som in ’n neutedop die di groot gesukkel tussen lewensmaat­s (van alle geslagte) op. En tog wil almal (of die meeste mense) graag ’n maat hê saam met wie hulle wakker word, na wie toe hulle tuiskom ná werk, met wie hulle ervarings e deel en gesels – om net nie n alleen te wees nie. Maar dit bly een e van die moeilikste dinge op aarde a om nou met iemand saam te leef en nie heeltyd weens die konflik tussen julle ongelukkig te wees nie.

Louis Awerbuck, ’n sielkundig­e, en sy lewensmaat, Lise Swart, onder meer ’n aktrise, is bekend vir hul raadgeepro­gram, Wie Is Ek?, op RSG. In hul nuwe boek, Ek & Jy, gee hulle raad oor verhouding­s en menslike gedrag.

’n Interessan­te onderafdel­ing is oor verskillen­de soorte temperamen­te. By elk van die veles wat bespreek word, word ’n lys kenmerke genoem. So is die “inspekteur” uiters betroubaar, nie spraaksaam nie en koop hy/sy eerder ’n basiese selfoon as die nuutste model. Die “vervaardig­er” hou van aksie, is moeilik om te leer ken en ignoreer reëls. Die “vermaker” kan mense met warmte vermaak, leef voluit en het byna geen konsep van spaar nie.

Dit is ’n praktiese werkboek sodat pare kan moue oprol, dieptevrae beantwoord en hulself beter leer ken in ’n verhouding­sopset.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa