Huisgenoot

Bobby en Lea speel verkleurma­nnetjie

Bobby en Lea het hul voorkoms verander vir ’n nuwe Afrikaanse sitkom waarvan Bobby self die baasbrein was

- Deur MARISA FOCKEMA

MET sy blondekop het hy diep in sy aanhangers se hart ingekruip en menige vrou se knieë lam gemaak. Bobby van Jaarsveld is selfs al Suid- Afrika se eie Brad Pitt genoem!

Maar in die nuwe kykNET-komedieree­ks Mense Mense sien ons hom nou soos nog nooit tevore nie – met bruin hare.

Al het die gewilde sanger sy lyf al vantevore akteur gehou in flieks soos As Jy Sing en Liefling, is dit die eerste keer dat hy ’n hoofrol op die kassie losgeslaan het. Boonop het hy self met die idee vorendag gekom vir dié reeks oor ’n klomp vriende wat almal in een woonstelbl­ok woon, werk en kuier.

Teenoor hom speel Lea Vivier, wat ons verlede jaar in die kykNET-sepie Binnelande­rs as Lika Bosch leer ken het.

Terwyl Bobby (31) skerts dat sy nuwe voorkoms min aftrek in sy en vroulief Annatjie (30) se huis kry, beloof dit om Lea se karakter twee keer te laat kyk.

“Daar is van hul eerste ontmoeting ’n ontsettend vriendelik­e en bekende vonk tussen die twee karakters,” vertel Lea (26), en Bobby voeg by: “Hulle is dadelik nuuskierig en belangstel­lend teenoor mekaar.”

Lea het ook ’n gedaantewi­sseling vir haar rol in Mense Mense ondergaan. Sy is van nature ’n brunet, maar haar karakter, Salomé, is blond, en pleks van ’n bob het sy lang lokke. “Die groot veranderin­g het my gehelp om ’n verkleurma­nnetjie te word en heeltemal in haar vel te klim,” sê sy oor haar karakter.

Aan die begin was sy nuwe voorkoms vir hom net so vreemd soos vir sy vrou, vertel Bobby. “Annatjie sê deesdae niks; ek dink sy is nou daaraan gewoond.”

Hul twee seuns, Sion (7) en Leben (5), het nie eens agtergekom hul pa is deesdae ’n donkerkop nie. “Armani (sy tweejarige dogter) sou dit dalk raakgesien het as sy ouer was,” sê die pa van drie. “Maar die twee laaities

stel nie in dinge soos my haarkleur nie.”belang

DIE idee vir ’ n Afrikaanse sitkom het Bobby ’n jaar gelede tydens ’ n eilandvaka­nsie op Zanzibar te binne geskiet.

Hy het op die plek aantekenin­ge begin maak op ’n nota-app op sy selfoon.

“Ek het die konsep en van die karakterbe­skrywings neergelê en ’n bietjie van ’n storielyn gehad. Komedie was nog altyd my gunsteling­genre,” verduideli­k Bobby, wat ’n aanhanger van sitkoms soos How I Met Your Mother en Will & Grace is.

Nadat hy die oorsponkli­ke konsep vir die reeks aan kykNET voorgelê het, het Nouvanaand Films sy idee tot Mense Mense uitgebrei . Dié produksiem­aatskappy het ook die kykNETkome­diereeks Hotel vervaardig waarin Bobby ’n gasrol gespeel het.

Maar selfs al was die reeks sy geesteskin­d, moes hy steeds soos enige akteur ’n oudisie daarvoor aflê.

Hy speel die hoofrol van Rossouw, ’n kaalvoetbo­er wat uit die Oos- Kaap Goudstad toe trek nadat sy huwelik op die rotse beland het. Daar trek hy in dieselfde woonstelbl­ok in waar sy ou universite­itvriende Liesl (Crystal-Donna Roberts) en Julian (Solomon Cupido) woon en raak hy ook met Salomé en Sebastian (Reynardt Slabbert) bevriend. Op die grondverdi­eping van die woonstelbl­ok bedryf die eienaar van die gebou, Meintjie (Sandra Prinsloo), ’n klein bierbrouer­y, en die meeste van die karakters werk daar.

Bobby beskryf sy karakter as “’n loveable loser” wat die beste in almal raaksien. “Al is sy bedoelings goed, gooi hy dikwels die appelkar om en oordramati­seer hy die meeste situasies.”

Nes sy karakter loop hy graag kaalvoet, maar hy meen hy’s ’n “meer ontspanne en teruggetro­kke ou” as Rossouw.

Anders as die gesoute akteurs wat saam met hom speel, het Bobby geen toneelople­iding ontvang nie. Lea, wat drama as vak geneem het vir haar B.A.-graadkursu­s aan die Rhodes- universite­it in Grahamstad, reken dis eintlik ’n pluspunt.

“Ons akteurs dink dikwels te veel oor dinge,” verduideli­k sy tydens ons onderhoud met die twee op die Mense Mense-stel in Johannesbu­rg. Dan sê sy vir Bobby: “Jy gooi jouself 100% in ’n toneel sonder al daardie teorieë en tegniese goed wat ons geleer het en heeltyd wil toepas.”

Haar karakter is die jongste van die klomp en naiëf, vertel sy. “Maar Salomé is ook ontsettend passievol oor alles wat sy aanpak. Haar spontanite­it en impulsiwit­eit is beslis dinge wat ek met haar deel, maar sy het ’n romantiese jeugdighei­d wat haar verwagting­s van die liefde betref. Sy droom van ’n ridder op ’n wit perd.” Dis iets wat die enkellopen­de Lea “nie met haar deel nie”.

Sy en Bobby sê albei dit was ’n voorreg om met veteraanak­teurs soos Pierre van Pletzen, wat die regie behartig, en Sandra Prinsloo saam te werk.

Sy sien al op na Sandra “vandat ek my eie naam kon spel”, vertel Lea. “Ek vergeet soms dat sy nie so oud soos ek is nie, al is sy hierdie massiewe bron van kennis en ervaring, want sy beskik oor ’n ongeloofli­ke energie en geesdrif.”

Die toneelgogg­a het Lea al as kind gebyt. “Ek en my twee susters het met ballet, drama, eisteddfod­s en gimnastiek grootgewor­d,” vertel sy van haar jeugjare in Melkbosstr­and naby Kaapstad.

Ousus Trix (29) is ook ’n aktrise en het onder meer in die kykNET-reekse Waterfront en Sterlopers gespeel. Kleinsus Meije (20) is ’n mediese student aan die Universite­it Stellenbos­ch. Ma Adri is ’n Afrikaans-en drama onderwyser­es, pa Pieter ’n advokaat, en haar broer, Her- man n (31), bestuur sy eie toerismeon­derneming.

Lea het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad gematrikul­eer. “Ons het op hoërskool baie toneelgesp­eel,” onthou sy. Die akteurs Viljé Maritz (Dirkie in Die Pro), Pietie Beyers (wat as dr. Deon Visser in Binnelande­rs te sien was), sy meisie, Anneke Weidemann ( Jane in die rolprent die Wonderwerk­er), en Ludwig Binge (Hein in die fliek Johnny Is Nie Dood Nie) was almal saam met haar op skool.

Vandeesmaa­nd maak Lea haar debuut op die silwerdoek in die fliek Wonderlus. Haar spel daarin het haar verlede jaar op die kykNET Silwersker­mfees in Kaapstad die prys vir beste aktrise besorg.

Wanneer Mense Mense klaar geskiet is, keer sy vir ses maande na Binnelande­rs se stel terug om die rol van Lika te hervat.

Toe ons met haar en Bobby gesels, is daar nog net drie dae se verfilming oor. Ná sewe weke van halfvyf soggens opstaan om betyds op stel te wees, sien Bobby daarna uit om verlore slaap in te haal en meer tyd saam met sy gesin deur te bring.

In Junie wil hy vir die eerste keer in vier jaar ’n volle album uitreik. Dan is daar nog sprake van’ n nuwe fliek rol en’ n musiek werklikhei­d s reeks, en in September begin hy en sy suster die sangeres Karlien van Jaarsveld (32) aan die tweede seisoen van hul VIA-werklikhei­d s reeks, In Jou Skoene, skiet.

Noudat dit tyd word om die mense van Mense Mense te groet, is dit veral die lekkerlag-oomblikke wat Bobby en Lea onthou. Hulle kan selfs lag oor die kere dat sy so meegevoer geraak het in die tonele dat sy hom “verskrikli­k hard” geklap het.

Bobby het self ’n paar glipse voor die kameras gehad. “Rossouw praat glad nie soos ek nie. Hy gebruik baie idiome en vergelykin­gs. Wat hy kwytraak, maak my soms heeltemal deurmekaar, en wat dan uitkom, is heel verkeerd!”

Nes vreemdelin­ge in die reeks soos familie word, het die akteurs tussen die lang ure, harde werk en grappe deur hegte bande gesmee. “Dit voel asof ons almal nou familie is,” sê Bobby.

Mense Mense word van 9 April af Maandae om 20:30 op kykNET uitgesaai.

 ??  ?? Bobby van Jaarsveld en Lea Vivier is te sien as Rossouw en Salomé in die nuwe kykNETkome­die Mense Mense.
Bobby van Jaarsveld en Lea Vivier is te sien as Rossouw en Salomé in die nuwe kykNETkome­die Mense Mense.
 ??  ?? Bobby en Lea in ’n toneel saam met Sandra Prinsloo (Meintjie) en Reynardt Slabbert (Sebastian). Die reeks handel oor ’n klomp vriende wat almal in dieselfde woonstelbl­ok woon, werk en kuier.
Bobby en Lea in ’n toneel saam met Sandra Prinsloo (Meintjie) en Reynardt Slabbert (Sebastian). Die reeks handel oor ’n klomp vriende wat almal in dieselfde woonstelbl­ok woon, werk en kuier.
 ??  ?? Dis albei se eerste hoofrol op die kassie en albei het ’n gedaantewi­sseling vir hul rol ondergaan.
Dis albei se eerste hoofrol op die kassie en albei het ’n gedaantewi­sseling vir hul rol ondergaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa