Huisgenoot

Bloem-hoof: So is ek foutieweli­k gepos

Corrie is as skoolhoof onregmatig in die pad gesteek, maar wag vergeefs op sy heraanstel­ling en vergoeding

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: MISHA JORDAAN

DIS ’n leeftyd van toewyding en herinnerin­gs aan die onderwys wat uit die bladsye van die groot albums op die stoep spoel: kinders, leerkragte, groot sportgelee­nthede. “Om jou as ’n hoof te hê was ’n eer. Jy het my tyd hier vol vreugde gemaak, en ek is waarlik trots om in die skool te wees,” lui een kaartjie van ’n voormalige leerder.

Maar dis verlange en hartseer eerder as vreugde wat vandag vlak in die 62-jarige Corrie van der Walt se oë lê. Hy het daarna uitgesien om oor twee jaar met trots uit te tree as hoof van sy geliefde Laerskool Fauna in Bloemfonte­in.

Maar in Augustus 2013 is hy ná 18 jaar as skoolhoof onregmatig afgedank weens beweerde wanbestuur. Die arbeidshof het intussen bevind daar was geen gronde vir sy afdanking nie, maar Corrie wag steeds om amptelik heraangest­el te word.

Daar is ook die kwessie van sy uitstaande salaris van die afgelope meer as vyf jaar – sowat R4,3 miljoen, met opge- hoopte rente en voordele ingesluit.

“Dis baie hartseer, al dié goed,” sê Corrie hier in sy huis op Somerset-Wes. omerset-Wes Hy en sy vrou, Hester (51), het twee jaar gelede hul lewe in die Vrystaatse hoofstad opgepak en hierheen getrek om van voor af te begin. “Kyk, hier is ek besig om te help toe ons die nuwe lapa by die skool gebou het,” vertel hy en druk met sy vinger op ’n foto waar hy heelwat jonger lyk.

Op 9 Oktober 2013 is Corrie dissiplinê­r verhoor op 23 aanklagte van finansiële wanbestuur van die skool se geld – onder meer omdat hy ’n biltongrui­ker van R300 gekry het van die skool toe hy met sy verjaardag in die hospitaal was. Hy is skuldig bevind, en skielik was Corrie, ná 37 jaar in die onderwys, sonder werk.

Hy is toe eers vir arbitrasie na die Raad vir Arbeid s verhouding sin Onderwys (Ravo), waar sy skuldigbev­inding nietig verklaar is. Eerder as om Corrie weer aan te stel, het die onderwysde­partement twee keer onsuksesvo­l teen Ravo se bevinding geappellee­r – die laaste keer in 2016. Maar steeds is hy nie heraangest­el nie.

Eindelik het drie regters van die arbeidshof in Januarie vanjaar bevind Corrie moet heraangest­el en sy uitstaande vergoeding betaal word. Maar kort voor ons saktyd het hy nog vergeefs daarop gewag.

HY HET “55 maande van hel” agter die rug, sê Corrie.

“’n Mens sien so uit na die dag dat jy aftree om die mense saam met wie jy gewerk het met ’n goeie hart te groet. En dan kan jy dit nie doen nie.”

En al is daar in verskeie prosesse bevind hy is onregmatig afgedank, was dit vir dié gebore Bloemfonte­iner moeilik om in die Rosestad aan te bly.

“Mense sien dalk jy is aangekla en onskuldig bevind, maar hulle kan nie help om te vermoed daar was dalk net iets nie,” sê hy.

“Ons het nie weggehardl­oop nie; ons

het net gedink dit is goed om van voor af te begin.”

Terwyl ons praat, klop-klop hul gryspapega­ai, Salie, met sy snawel teen die stoepdeur. Drie vriendelik­e pekinese kom groet ook kort-kort. Die Van der Walts geniet hul lewe hier aan die voet van Sir Lowryspas, maar besef hulle sal dalk moet terugkeer Bloemfonte­in toe as Corrie tot aftreeoude­rdom sou werk – na gelang van die uiteinde van sy stryd met die onderwysde­partement.

Corrie is trots op wat hy by die Laerskool Fauna vermag het. Toe hy in 1994 as hoof aangestel word, was daar net 300 kinders. Dit was destyds’ n wit Afrikaansm­ediums kool, maar Corrie het besef daar moet gediversif­iseer word. Die jaar daarna is die eerste Engelse gr. 1-klas begin, waarna die skool vinnig gegroei het.

“Ek het destyds voorspel ons sou binne die volgende vyf jaar die grootste laerskool in Bloemfonte­in wees. Dit het toe gebeur,” vertel hy. Teen die laat 1990’s en vroeë 2000’s het Fauna se getalle op sowat 1 200 leerders gestaan en het dit eindelik tot ’n Engelse skool getransfor­meer.

Corrie het ’n vloot busse vir die skool laat aanskaf om die kinders goedkoper te vervoer. Hulle is ook uitgekontr­akteer en het ’n goeie inkomste vir die skool ingebring. Sy geesdrif vir onderrig en die leerders vlam merkbaar op wanneer jy hom daaroor uitvra. “Die kinders kom in en dan het hulle geen akademiese kennis of sportvaard­ighede nie. Jy druk hom deur tot in gr. 7, dan loop jy hom drie jaar later raak en hulle doen so goed.”

Die Laerskool Fauna is ook die plek waar Springbok-rugbyspele­rs soos Oupa Mohojé en Ox Nché met die sport kennis gemaak het toe Corrie daar hoof was.

Die probleme het in 2012 begin, maar Corrie het dit aanvanklik nie ernstig opgeneem nie. Iemand het ’n naamlose brief aan die onderwysde­partement gerig waarin Corrie daarvan beskuldig is dat hy skoolbanke gekoop het sonder die beheerligg­aam se toestemmin­g. Daar is ook beweer hy het ’n meisie saam met hom op ’n skooltoer gevat.

Hester, wat by die rekenaar in die sitkamer sit en werk terwyl ons gesels, draai om, en die kyk op haar gesig wys hoe belaglik sy dié aantyging vind. Die onderwysde­partement het dit ondersoek, maar daar het niks van gekom nie.

In 2013 is ’n nuwe beheerligg­aam aangestel, en gou was daar politieke spanning met Corrie. “Op meer as een vergaderin­g is direk vir my gesê van my gaan ontslae geraak word.” Dit was nie lank nie of hy is deur die onderwysde­partement in kennis gestel hy gaan dissiplinê­r verhoor word weens die beweerde wanbestuur van skoolgeld. “Die groot dinge waarop hulle gehamer het, was dat daar nie betalingsb­ewyse was vir dinge wat gekoop is nie, soos die plantjies wat ’n juffrou in die tuin geplant het,” sê hy.

“Ek is byvoorbeel­d ook aangekla van wanbestedi­ng oor hamburgers en skyfies wat gekoop is vir middagete toe die be- heerliggaa­m vergader het. En dan was daar die ruiker wat vir my gekoop is.”

Corrie verduideli­k hy het glad nie self die aankope hanteer nie. Hy het dit slegs binne die beheerligg­aam se begroting goedgekeur. “Ek het ’n kwotasiest­elsel gehad, en wanneer ’n versoek inkom, word dit opgeskryf om te kyk of dit binne die beskikbare begroting pas. Dit waarvan hulle my aangekla het, was waansinnig.”

Hy het nooit voorsien die dissiplinê­re verhoor sou lei tot vyf jaar van werklooshe­id nie, “want daar was geen gronde vir die aanklagte nie”. Hy moes sy pensioenge­ld vroegtydig onttrek om te oorleef.

En of hy nou wel terugkeer na sy ou pos of nie, hy meen die skade is gedoen. “Ek voel verskrikli­k verneder. Daar is nou nog opskrifte op die internet soos ‘Fauna-hoof afgedank’. Dis nie die soort ding wat jy uit Google uitgevee kry nie.”

TANS wag Corrie in spanning om van die onderwysde­partement te hoor nadat hy ’n voorstel aan hulle gemaak het om vroeër met aftrede te gaan. Hulle moes teen 23 Maart ’n besluit geneem en sy uitstaande salaris aan hom betaal het sodat die saak afgehandel kan word, maar kort voor ons druktyd was die departemen­t nog tjoepstil. Daarom het Corrie nou aansoek gedoen dat die Vrystaatse onderwysmi­nister en onderwysho­of skuldig bevind word aan minagting van die hof. Sal hy terugkeer na Fauna as sy vervroegde aftrede nie goedgekeur word nie? “Ek sal dwaas wees as ek nie teruggaan nie,” sê Corrie. “Ek is geldelik kwaai gepenalise­er toe ek vroeg pensioen moes neem. Ek moet nog tot 2020 aanhou en ek en my vrou is bereid om op te offer as ons moet,” sê hy. “Hierdie 55 maande was in elk geval baie moeiliker as wat daardie volgende 25 maande ooit sal kan wees. Ons wil net graag hierdie ding agter ons sit en met ons lewe aangaan.” Teen druktyd het die departemen­t van onderwys nie op Huisgenoot se versoeke om kommentaar gereageer nie.

 ??  ?? HOOFFOTO: Corrie van der Walt in sy huis op Somerset-Wes. BO: Die Laerskool Fauna is in die suidelike voorstede van Bloemfonte­in geleë.
HOOFFOTO: Corrie van der Walt in sy huis op Somerset-Wes. BO: Die Laerskool Fauna is in die suidelike voorstede van Bloemfonte­in geleë.
 ??  ?? Corrie en sy vrou, Hester, in hul huis by hul honde, Cindy, Patrys en Adam. Hulle het twee jaar gelede hierheen getrek en is dolgelukki­g, maar is ewe bereid om terug te trek Bloemfonte­in toe as Corrie heraangest­el word.
Corrie en sy vrou, Hester, in hul huis by hul honde, Cindy, Patrys en Adam. Hulle het twee jaar gelede hierheen getrek en is dolgelukki­g, maar is ewe bereid om terug te trek Bloemfonte­in toe as Corrie heraangest­el word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa