Huisgenoot

Hoe kan steierende DA herstel?

Binnegeveg­te, droogte en ’ n charismati­ese nuwe president laat die DA steier. Kenners ontleed die gebeure en sê wat die alliansie moet doen om te herstel

- Deur GABISILE NGCOBO

DIE opposisiel­oopgrawe van Suid- Afrikaanse politiek is nie ’n plek vir sissies nie, maar die Demokratie­se Alliansie (DA) het met die jare ál beter in verkiesing­s gevaar. En met dié party aan die spits van politieke verset teen Jacob Zuma, staatskapi­ng en korrupsie, het dit al begin lyk of ’n ANC-nederlaag in 2019 tóg nie onmoontlik sal wees nie.

Maar toe word Zuma se presidents­kap kortgeknip. Cyril Ramaphosa vervang hom as staatshoof en skielik is dit asof die mat onder die DA uitgepluk is.

Ramaphosa het nie net baie SuidAfrika­ners se hart gesteel met sy toeganklik­heid tydens staptogte nie; hy het ook groot indruk gemaak met sy inhuldigin­gstoespraa­k en begin werk aan probleemkw­essies wat al lank boaan die DA se agendalys was.

En die DA? Hulle is die laaste ruk om verkeerde redes in die nuus. Binnegeveg­te, vrae oor hul bestuur van die Wes- Kaapse waterkrisi­s, koalisies wat dreig om te verbrokkel en Helen Zille se omstrede uitlatings op Twitter laat dit al voel asof die DA nie weet watter kant toe nie.

Op die party se pas afgelope federale konferensi­e in Pretoria is eenheid voorgehou. “Ons is die enigste party wat waarlik vir alle Suid-Afrikaners is,” het Mmusi Maimane, wat as DA-leier herkies is, gesê.

Maar is die DA aan die inplof? Gaan hulle in volgende jaar se algemene verkiesing swakker eerder as beter vaar?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa