Huisgenoot

Verlig so BTW-las met slim planne

Ná die belastingv­erhoginggb­elastingve­rhoging betaal ons omtrent meer vir alles, maar as jy slim met jou ou geld werk, kan jy die las verlig lig

- Deur JACQUES MYBURGH en MARLISE SCHEEPERS ERS

O,DIE pyngedagte! Daardie pieng van jou selfoon in die dae voor 1 April met boodskappe van jou diensversk­affers wat jou waarsku jy gaan meer betaal vir omtrent alles wanneer belasting op toegevoegd­e waarde (BTW) met 1% verhoog word.

Dit is die eerste keer sedert demokrasie in Suid-Afrika dat BTW styg, van 14 tot 15%. Die rede vir die styging is die regering se geskarrel om R23 miljard in die hande te kry om sy skuld aan die Wêreldbank te delg. Dit beteken die prys van die meeste produkte wat ons eet en drink, het ook verhoog, wat kontant-arm verbruiker­s net verder wurg elke keer wanneer hulle ’n supermark binnegaan.

Vervoer gaan ook meer kos. Hoewel BTW nie op openbare vervoer van toepassing is nie, geld dit wel vir petrol, en omdat petrol meer kos, sal vervoerpry­se ook styg.

Die BTW-styging, wat die armes die hardste tref, het heelwat kritiek gekry. Die ekonoom Mike Schussler sê die regering het ander inkomstebr­onne soos inkomste- en maatskappy­belasting reeds uitgeput.

“BTW is een van die ‘makliker’ bronne van inkomste omdat dit belasting is wat gehef word op produkte wat deur die groot publiek verbruik word,” sê hy. “Die probleem is ons toon swak ekonomiese groei en die regering kan nie besteding kortvat nie.”

Rob van der Westhuizen, ’ n marknavors­er by die kredietbur­o Compuscan, sê die 1%-styging sal ’n verwoesten­de uitwerking op ’ n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking hê.

“Weens die huidige ekonomiese kli-

WAT IS BTW?

Belasting op toegevoegd­e waarde raak alle ware en dienste wat nie op die BTWvrye lys is nie.

Die belasting gaan regstreeks na die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens.

BTW word op ’n produk gehef wanneer waarde by die verkooppun­t daaraan toegevoeg word.

Die stelsel word in 160 lande gebruik en is in 1991 in Suid-Afrika ingestel om algemene verkoopbel­asting te vervang. maat, hoë armoedevla­kke en werklooshe­id sal die styging ’n groot impak op talle huishoudel­ike begrotings hê,” sê hy.

Die tyd het aangebreek om slimmer as ooit tevore met jou rande te wees.

WAT IS VAN BTW VRYGESTEL?

Die regering het 19 basiese voedselsoo­rte van BTW onthef. (Blaai om vir die volledige lys en resepte vir geregte wat ’n mens met dié bestanddel­e kan maak.)

BTW word nie gehef nie op niefooiver­wante finansiële dienste soos rente, lewensvers­ekeringspr­emies, premies van mediese skemas en bydraes aan pensioen- en aftreeannu­ïteitsfond­se. BTW word wel op diensfooie gehef; daarom het jou bankfooie byvoorbeel­d gestyg.

Opvoedkund­ige dienste wat deur die staat of goedgekeur­de instansies verskaf word, is ook BTW-vry. Dit beteken fooie van alle geregistre­erde kleutersko­le, skole, naskoolse dienste, universite­ite en skole sal nie styg nie.

Residensië­le huurverbly­f is BTW-vry. As jou verhuurder dus jou huur met 1% wil verhoog, kan jy sê dit is onwettig. Vakansiehu­urverblyf is nie onthef nie.

Dit sal met 1% styg omdat dit ’n diens is wat deur ’n derde party verskaf word word.

En as jy ’n eiendomsag­entskap het wat eiendom verhuur of verkoop, sal jy BTW moet betaal, sê Mike. As jy dus ’n kamer in jou huis verhuur, betaal jy nie belasting op die inkomste nie, maar as jy ’n eiendomsag­entskap het of ’n verhurings­of verkoopsag­ent is, betaal jy belasting op jou eiendomsag­entskap as maatskappy­belasting.

HOE OORLEEF ’N MENS? Koop slim

Dink anders oor die inhoud van jou yskas en koskaste, sê Sonelle van der Linde van die Vereniging van Dieetkundi­ges in Suid-Afrika.

Vleis en hoender was dalk nog altyd jou hoofbronne van proteïen, maar sommige kos op die BTW-vrye lys kan ook genoeg proteïen aan jou gesin verskaf en dit boonop vir minder geld.

Eiers, droë bone, ertjies, kekerertji­es, soja en sardyne bevat alles heelwat proteïen. Grondboont­jies is nie BTW-vry nie, maar is ook ’n bekostigba­re bron van proteïen, sê sy.

“Fokus op ander BTW-vrye voedsel soos groente en vrugte en bruinbrood. Wat mieliemeel betref, stipuleer die regering dit moet verryk wees; dus sal jy belangrike voedingsto­wwe soos vitamien A, yster en sink inkry as jy dié stapelvoed­sel by jou dieet insluit.

“Die regering hou gesonde, belangrike kosse BTW-vry om mense aan te moedig om dit te koop. Dit is ’n uiters goeie gebaar van hul kant,” sê Sonelle.

Kies slim

Witbro Witbrood kos R1 1 mmeer meer as ’n BTW-vrye BT bruinui inbrrood. brood. ’n Blikkie tu tuna van 119 9 g kos R19, teenoor tteenoor ’n blikkie b sardyne dyne in tamatiesou­s van 155 g wat R9 kos. ’n 410 g-blikkie geba gebakte bone in tamatiesou­s kos R8,99, terwyl 500 g droë bone R14,99 kos, maar jy kan verder daarmee kom as met die een blikkie bone.

Kook slim

Vier 400 g-blikkies sardyne teen R16,99 elk (saam R84,95) kos minder as 1 kg maalvleis (sowat R92,99). Jy kan meer maaltye met 2 kg sardyne maak as met

SUIKERBELA­STING

Suikerbela­sting is ook op 1 April op drankies ingestel in ’n poging om vetsug hok te slaan en behels 2,1 c per gram suiker per 100 ml. Dié belasting het ’n impak op alle drankies van niealkohol­iese bier en vonkelwyn tot warmsjokol­ade en koeldrank. Dit geld net vir drankies.

“Die belasting sal tot ’n geskatte verminderi­ng in verbruik van 200 000 t suiker per jaar lei,” sê Priya Seetal, voedingsbe­stuurder van die Suid-Afrikaanse Suikervere­niging. .

“Produsente sal l die di ie hoeveelhei­d suiker er wat hulle by hul produkte voeg, moet verklaar en belasting hierop betaal. ’n Maatskappy py wat suikerdran­kies es invoer, sal ook be- - lasting op daardie e suiker moet betaal.” al.”

Die deursneebl­ik- ikkie koeldrank sal jou jouu nou 46c meer kos, s, sê sy. 1 kgmaalvlei­s kg maalvleis, sê Sonelle. Sonelle

Sardyne d is heerlik h lk in pasteie en pasta en is vol proteïen en gesonde vette. As jou gesin lus is vir vleis, rek 500 g maalvleis met bone, lensies en groente.

Let wel: Al die bogenoemde pryse was by benadering korrek teen druktyd.

NOG MANIERE OM TE SPAAR

As jy regtig sukkel om jou rekenings te betaal, kyk na dinge soos jou DStv-pakket, sê Rob van der Westhuizen van die kredietbur­o Compuscan. Verruil die volle boeket, wat meer as R800 kos, vir die goedkoper DStv-gesinsboek­et, wat R249 per maand kos. Jy het steeds toegang tot 75 kanale en spaar meer as R500 per maand.

Kies ’n goedkoper gimpakket. Virgin Active-klubs, byvoorbeel­d, bied goedkoper maandeliks­e pakkette as jy buite piektye oefen of net by die gim naaste aan jou oefen en nie die pakket vat wat jou toelaat om by al hul gims te oefen nie. T Tariewe wissel van R225 vir beperkte lidm maatskap tot R900 vir volle toegang.

Bekyk jou selfoonkon­trak. As jy nie al d die data gebruik nie, praat met jou diensv verskaffer oor ’n goedkoper pakket. O Oorweeg dit om jou kontrak te kansell leer wanneer dit tyd word vir vernuwing e en kies die “pay as you go-” opsie. Jy sal m meer beheer hê oor wat jy bestee. En m moenie die duurste foon kies wanneer d dit tyd is vir ’n opgraderin­g nie, veral nie a as jou “ou” foon nog goed werk nie. T Talle diensversk­affers sal jou betalings v verlaag as jy jou ou foon hou terwyl jy ’n k kontrak by hulle het. EKSTRA E BRONNE: NETWERK24, STATISTICS SA, MONEYWEB

 ??  ??
 ??  ?? Dit is nou tyd om slimmer met jou geld te werk en die sente om te draai.
Dit is nou tyd om slimmer met jou geld te werk en die sente om te draai.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa