Huisgenoot

Transgende­r egpaar gee talle hoop

Hulle is die wêreld se voorste transgende­r ‘kragpaar’ en gee talle mense soos hulle hoop

-

ASaamgeste­l deur NICI DE WET S KIND het sy dit t nie durf waag om dié ié droom te koester nie. Seuns dra bloot nie pragtige lang tabberds soos die prinsesse in haar geliefde Disney-rolprente nie. Tog het sy heimlik bly hunker. .

Toe kapt. Hannah Winterbour­ne, ne, Engeland se transgende­r soldaat met die hoogste rang, onlangs in haar aar wit trourok ewige trou beloof aan haar transgende­r bruidegom, Jake Graf (40), het sy vir haarself en die wêreld bewys sy is die prinses wat sy altyd wou wees.

“Dit was ’ n droombeeld,” het die 31-jarige Hannah aan The Sun gesê. “Tot ek Jake ontmoet het, het ek nooit besef dis ’n doelwit wat bereik kan word nie.”

Haar akteurman, wat as vrou gebore is, deel haar gevoelens. “Ek het nooit gedink enigiets hiervan is moontlik nie. Nou het ek dié beeldskone leërkaptei­nvrou en ek is so gelukkig.”

Die pasgetroud­es word die wêreld se voorste transgende­r “kragpaartj­ie” genoem. Maar volgens Jake, wat in die Oscar-bekroonde rolprent The Danish Girl oor die kunstenaar Einar Wegener se transgende­r-reis verskyn het, is hulle net soos enige ander paartjie.

“Ons het ons foute en hoogte- en laagtepunt­e,” sê hy. Hul agtergrond is net ’n bietjie anders, voeg hy by.

Hy beskryf hul onlangse troue, wat in die historiese Chelsea-stadsaal in Londen gehou is, as “absoluut betowerend.

“Hannah het asemrowend gelyk en ons albei het gehuil toe sy in die paadjie afstap. Daar was twee pragtige voorlesing­s en ons het ’n eenvoudige belofte afgelê. Ons het ’n glas onder ons voete gebreek ter ere van my Joodse erfenis.”

Die trougaste het tot die egpaar se surrogaatf­onds bygedra, want hul volgende doelwit is om ouers te word.

Ná die seremonie het die twee, wat volgende maand in Tel Aviv gaan wittebrood hou, die vlag van die transgende­r gemeenskap omhoog gehou.

“Ons is net soos enige ander bruid en bruidegom,” het hulle gesê. “Wanneer jy ’n oorgang maak en iemand ontmoet, vergeet jy soort van van jou verlede.”

DIE twee het mekaar drie jaar gelede ontmoet nadat Jake ’n artikel oor Hannah in The Sun gelees het. Daarin het sy vertel van haar besluit om ’n vrou te word terwyl sy in aktiewe diens van die Britse leër was.

“Ek het haar op die voorblad gesien en gedink sy is pragtig,” sê hy. Hy het sy gevoelens met ’n gemeenskap­like vriendin gedeel en dié het ’n week later met goeie nuus na hom teruggekom.

“Ek het met kapt. Winterbour­ne gepraat; sy dink jy is ook oulik,” het sy gesê. “Dit was soos op die speelterre­in,” sê hy. Die twee het eers op Facebook kontak gemaak voor hulle nommers uitgeruil het. “In ons eerste foongespre­k het ek ge-

‘Ek het elke aand gebid dat ek die volgende dag as ’n seun sou wakker word’

vra: ‘Dink jy jy sal wil kinders hê, want ek wil graag kinders hê?’ ” sê Jake, wat van jongs af geweet het hy is in die verkeerde liggaam vasgevang.

“Dit het gevoel soos die regte ding om te doen voor ons ontmoet. Ek hou daarvan om openlik te wees oor dinge.”

Hannah erken sy was “absoluut vreesbevan­ge” om op hul eerste afspraak te gaan, g want sy het nooit voorheen ’n kêrel gehad geh nie. Maar die wete dat Jake transgende­r gen was, het gehelp.

“Dit “D was nie vir my nodig om myself te verduideli­k ver nie. Hy het geweet hoe om dit di te hanteer. Ek het ’n diep stem, maar r hy het verstaan.

“Ek was onseker oor uitgaan. Maar ek k het he besluit dis tyd om myself te druk en te kyk k of iemand daar buite my kan liefhê. En ek het sowaar die eerste keer die boerpot boe gewen.”

Sake S het vinnig gevorder. “Jake wou u iets ernstigs hê,” sê sy. “Hy wou nie ’n kortstondi­ge affair hê nie. Toe ek vir my y familie en vriende sê ek het hom lief, was hulle daaroor besorg dat ek net deur die emosie van ’n eerste liefde meegesleur is. Maar drie jaar later laat hy my nog voel ek is die middelpunt van sy heelal.”

JAKE het in September verlede jaar die jawoord gevra terwyl hulle in New York met vakansie was. Hy het ewe gekniel terwyl hulle in Central Park in ’n roeiboot was.

Die akteur, wat in die komende rolprent Colette saam met Keira Knightley verskyn, sê die meeste mense besef nie hulle is ’n transgende­r paartjie nie.

“Ons is gelukkig dat ons albei soos al die ander mense op straat lyk. Die belediging­s en teistering wat talle trans mense verduur, bly ons meestal gespaar.”

Maar hy het moeilike kinderjare gehad. “Ek het elke aand gebid dat ek die volgende dag as ’n seun wakker word,” vertel hy. “Dit het my woedend gemaak en ek het my van ander mense onttrek.”

Op 25 het hy ’n trans man in New York ontmoet en besef daar is hoop. Hy het later ’n suksesvoll­e geslagsoor­gangsopera­sie ondergaan.

Hannah, wat van Wallis kom, was “taamlik jonk” toe sy “geweet het ek is anders. Maar as ’n jong mens kon ek die ‘anders’ nie identifise­er as die gevoel dat ek ’n meisie is nie.”

Sy het eindelik verstaan wie sy is toe sy op universite­it was, maar “het niks daaraan gedoen nie” tot nadat sy by die leër aangesluit het. Nadat sy ’n paar jaar as ’n man gedien het, het sy op 25 jaar ’n geslagsoor­gangsopera­sie ondergaan.

“Ek het die oorgang ondergaan, want dit is wie ek is. Daar is geen keuse nie. Jy kan net so min kies as wat jy kan kies om swart of wit of linkshandi­g te wees.”

Sy het haar reis in die sosiale media gedokument­eer en so die leër se transgende­r-verteenwoo­rdiger geword. Sy sê die weermag se steun is “fantasties.

“Hulle het sedert 1999 ’n beleid om transgende­r mense te steun. Die leër verstaan dit, want ons werk is uiters moeilik. Jy wil hê die mens langs jou moet goed in hul werk wees; jy gee nie om of hulle transgende­r, gay, swart of Moslem is nie.”

Verlede jaar het Jake ’n kortfliek met m die titel Headspace geskryf en geregissee­r r oor die beproewing­s wat die trans tr gemeenskap die hoof moet bied. b Dit het soos ’n veldbrand op die internet in versprei. “Trans mense kyk na n ons en sê ons het hulle hoop gegee om liefde te vind,” sê hy.

“My grootste bekommerni­s toe ek met m my oorgang begin het, en ek dink dit d was Hannah s’n ook, was dat ek nooit no liefde sou vind nie, want die samelewing m laat trans mense dikwels voel vo hulle is lelik en nie liefde werd nie.

“As ons ’n nuwe geslag trans mense inspireer in om ’n lewensmaat te vind, is dit di ’n groot eer.”

Hy sê mense hoef nie bekommerd te wees w dat hulle die verkeerde terme in hul hu geselskap sal gebruik nie.

“Ons wil nie hê mense moet voel hulle loop op eiers nie. My ma het my jare lank op my ou naam genoem, maar dit het uit ’n plek van liefde gekom. Dit is vir ons almal ’n leerproses.”

Gelukkig steun albei ouerpare hulle. “Vir talle is dit ’n reuseskok, maar ek was besonder gelukkig; my ouers het altyd gesê: ‘As jy gelukkig is, is ons gelukkig,’ ” sê Hannah.

Jake sê sy ma het ’n jaar ná sy oorgang nog “oor haar dogtertjie” gehuil.

“Vanselfspr­ekend was dit hartverske­urend, maar sedertdien is sy wonderlik. Sy is my eie persoonlik­e rasieleier.”

Die egpaar, wat beskermhee­r en -vrou is van die Britse liefdadigh­eidsorgani­sasie vir transgende­r kinders, Mermaids, sal in die kwartiere vir getroudes naby Hannah se leërbarakk­e bly.

“Ek is net nog ’n vrou,” sê sy, “wat met nog ’n ou getroud is.” BRONNE: PINKNEWS.CO.UK, THESUN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK

 ??  ?? HOOFFOTO: Die stralende transgende­r bruidspaar Jake Graf en Hannah Winterbour­ne. INLASSE: Jake is as ’n vrou gebore en Hannah as ’n man.
HOOFFOTO: Die stralende transgende­r bruidspaar Jake Graf en Hannah Winterbour­ne. INLASSE: Jake is as ’n vrou gebore en Hannah as ’n man.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die twee lyk soos ’n gewone paartjie. ONDER: Jake het verlede jaar die jawoord op ’n roeiboot gevra.
BO: Die twee lyk soos ’n gewone paartjie. ONDER: Jake het verlede jaar die jawoord op ’n roeiboot gevra.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa