Huisgenoot

Fronse oor Donald Trump en sy dogter

Ivanka is Trump se gunsteling­kind en Withuis-regterhand, maar sy opmerkings oor haar bates het al baie mense laat frons

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

Hy sou met haar uitgegaan het as sy nie sy dogter was nie

HY IS al as ’ n opperste narsis uitgekryt wat net lief is vir hom - self. Tog het Donald Trump duidelik ’n sagte plekkie vir minstens nog een ander mens in sy hart: sy oudste dogter, Ivanka.

Praat hy oor dié beeldskone blonde sakevrou, voer hy vaderlike trots so ver dat dit al etlike kere die oë wyd laat rek het.

Trump (71) het haar al in ’ n radioonder­houd as “welbedeeld’’ beskryf. En in ’n TV-onderhoud in 2006 het hy selfs laat hoor hy sou met Ivanka (nou 36) wou uitgegaan het as sy nie sy eie dogter was nie!

Sulke praatjies is genoeg om party mense soos die joernalis Cicero Estrella van die Amerikaans­e dagblad The Mercury News te laat gril. “Eww,” skryf sy.

Ivanka het self glo ook haar pa na dié onvanpaste opmerking oor die vingers getik. “As hy nie my pa was nie, sou ek hom met pepersproe­i bygekom het,” het die Chicago Tribune haar destyds aangehaal.

Maar sy praat ook met groot lof van hom. “Ek sou nie die mens gewees het wat ek is as hy my nie aangemoedi­g het nie,” het sy aan die tydskrif Vanity Fair gesê.

Op sy beurt maak Trump geen geheim daarvan dat Ivanka, sy enigste dogter uit sy eerste huwelik, met die Tsjeggiese model Ivana (nou 69), die gunsteling onder sy vyf kinders is nie. Sy ander dogter, Tiffany (24), uit sy huwelik met sy tweede vrou, die aktrise Marla Maples (52), is selfs al in die media “die vergete Trump” genoem.

Toe die twee halfsuster­s onlangs saam met hul presidentp­a na Ohio is waar hy ’n toespraak moes lewer, was die ewe blonde Tiffany inderdaad feitlik vergete.

“Ons het my twee dogters hier vandag,” het Trump aan die gehoor gesê. “Ivanka, wat hard aan die infrastruk­tuur werk, Ivanka . . . en Tiffany!” Oor sy jongste dogter, ’n tweedejaar­regstudent, het hy geen verdere woord gerep nie.

Nadat Trump in Januarie verlede jaar as president ingesweer is, het hy Ivanka en haar man, Jared Kushner (37), as sy senior raadgewers in die Withuis aangestel. Sy twee seuns uit sy eerste huwelik, Donald Jr. (40) en Eric (34), bestuur nou sy sakeryk.

Ivanka, haar man en hul kinders, Arabella (6), Joseph (4) en Theodore (2), het daarna sak en pak saam met haar pa na die Amerikaans­e hoofstad, Washington, D. C., getrek, terwyl sy derde vrou, Melania (47), nog ses maande in hul tuisstad, New York, agtergebly het. Eers nadat hul seun, Barron (12), sy skooljaar daar voltooi het, het hulle by Trump in die Withuis aangesluit.

Daar is Ivanka steeds sy regterhand. Sy is glo al sonder die nodige sekuriteit­s-

klaring toegelaat om tydens hoogs vertroulik­e telefoonop­roepe met politici soos die Japannese eerste minister, Shinzo Abe, in te luister.

Duidelik besef Trump, wat al dikwels van seksisme beskuldig is, sy lieflingdo­gter het ook ander bates as bloot kurwes op al die regte plekke . . .

IVANKA was net 16 toe sy in 1997 ’n medeaanbie­der van die Mej. Tiener VSA-skoonheids­kompetisie was. Trump, in daardie stadium die eienaar, het wenkbroue laat lig toe hy vir die destydse Mej. Heelal, Brooke Lee, vra: “Dink jy nie my dogter is sexy nie?” Dit was maar net die begin.

Ses jaar later het hy weer losgetrek en vir die Amerikaans­e radioperso­onlikheid Howard Stern gevra: “Weet jy wie een van die grootste skoonhede ter wêreld is? Almal sê so. En ek het haar help maak: Ivanka.”

Hy het verder gespog: “Sy is ses voet (1,8 m) lank; sy het die beste lyf. Sy maak ’n klomp geld as model; ’n ontsaglike bedrag.”

Twee jaar later, in 2005, dieselfde jaar dat Trump en Melania, ’n Sloweense model, afgehaak het, het hy aan die tydskrif Rolling Stone oor Ivanka gesê: “Sy is regtig iets besonders, en wat ’n skoonheid, daardie een . . .”

Maar dit was ’n radio-onderhoud – weer met Howard – waartydens hy in 2006 die uitlatings gemaak het wat jare later tydens sy presidensi­ële verkiesing­sveldtog opnuut opslae gemaak het. In antwoord op ’n vraag het hy gesê die radio-omroeper mag maar sy dogter as “a piece of ass’’ beskryf.

Tydens die verfilming van sy werklikhei­dsreeks The Apprentice, waarvan hy vir die eerste 14 seisoene die aanbieder was, het Trump aan ’n kameravrou gesê sy het mooi boude – en toe vergelyk hy dit met Ivanka s’n.

Die porno-filmster Stormy Daniels (39), met wie hy glo in 2006 ’n affair gehad het, vertel sy het Trump glo eenmaal met ’n opgerolde tydskrif oor sy kaal boude geraps. Toe laat hoor hy sy herinner hom aan Ivanka. Dit was ’n jaar nadat Melania sy derde vrou geword het en kort ná hul seun, Barron, se geboorte.

Die voormalige Playboy- model Karen McDougal (47) beweer ook sy en Trump het ná Barron se geboorte die kat in die donker geknyp. Hy het die heuningkwa­s uitgehaal en vir haar vertel hoe “mooi” en “slim” sy is; nes sy dogter Ivanka, het hy bygevoeg.

Sy beheptheid met sy oudste dogter kan nie vir haar jonger halfsuster maklik wees nie. Tiffany was ses toe haar ouers uitmekaar is en sy het by haar ma, Marla, in Kalifornië grootgewor­d.

“Sy en haar pa het haar hele lewe lank ’n gespanne verhouding gehad en dit het versleg toe hy president word,” het ’n bron aan die glanstydsk­rif People vertel.

Ousus Ivanka het Tiffany glo in 2011 gehelp om ’n internskap by die modehuis Vogue te kry. Sy deel glo ook graag susterlike raad oor alles van die politiek tot kêrels. Maar in haar boek The Trump Card: Playing to Win in Work and Life (2009) verwys sy net een keer na Tiffany, wanneer sy vertel dié het haar hulp gevra om ’n kredietkaa­rt by pa Donald te kry.

Aktiviste vir vroueregte reken as daar een mens is wat Trump tot ander insigte kan bring, is dit Ivanka. Daar is reeds ’n @ DearIvanka- veldtog in die sosiale media waar Amerikaner­s by haar pleit om haar pa van sekere van sy hardvogtig­e beleide te laat afsien.

Al het Trump so ’n hoë dunk van sy oudste dogter, het hy glo weinig ooghare vir sy skoonseun. Die New York Times het onlangs berig Trump is “gefrustree­rd” met Jared. Hy beskou hom glo as ’n las ná bewerings dat sy skoonseun sy posisie in die Withuis misbruik het om lenings van meer as $500 miljoen (sowat R6 miljard) vir sy familie se eiendomson­twikkeling­smaatskapp­y te bekom.

Boonop het ’n omkoopskan­daal oor Jared en Ivanka se kop losgebars. Cecile Richards, die uittredend­e voorsitter van die Planned Parenthood-organisasi­e in Amerika, beweer in haar nuwe boek, Make Trouble: Standing Up, Speaking Out, and Finding the Courage to Lead, dat die Kushner-egpaar haar in Januarie 2017 ’n aanbod gemaak het wat soos “omkopery” geklink het. Hulle het haar glo beter federale befondsing vir haar organisasi­e aangebied, maar in ruil daarvoor moes hulle hul aborsiedie­ns staak, waarteen Trump gekant is.

Beteken dit dat hul dae as sy raadgewers getel is? Volgens die glanstydsk­rif People sal Ivanka alte bly wees om na haar ou lewe terug te keer vóór haar pa president geword het.

Maar sal Trump so ver gaan om sy geliefde dogter en haar man uit die Withuis te skop? Seker nie . . .

 ??  ?? Die Amerikaans­e president, Donald Trump, vat vaderlike trots vir sy oudste dogter, Ivanka, gans te ver, meen sommige.
Die Amerikaans­e president, Donald Trump, vat vaderlike trots vir sy oudste dogter, Ivanka, gans te ver, meen sommige.
 ??  ?? BO: B Trump saam met Ivanka Iv en Tiffany. fa LINKS: Tiffany het dié foto van haar en Ivanka op Instagram g gedeel.
BO: B Trump saam met Ivanka Iv en Tiffany. fa LINKS: Tiffany het dié foto van haar en Ivanka op Instagram g gedeel.
 ??  ?? BO: Trump by die twee vroue in sy lewe: sy dogter Ivanka en sy vrou, Melania. ONDER: Ivanka het haar pa tydens sy presidensi­ële veldtog in 2016 gesteun.
BO: Trump by die twee vroue in sy lewe: sy dogter Ivanka en sy vrou, Melania. ONDER: Ivanka het haar pa tydens sy presidensi­ële veldtog in 2016 gesteun.
 ??  ??
 ??  ?? Pa en dogter by ’n polowedstr­yd in die Hamptons, New York.
Pa en dogter by ’n polowedstr­yd in die Hamptons, New York.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa