Huisgenoot

Johan los voetspore in die land se bier

Johan Badenhorst van die gewilde Voetspore proe in ’n nuwe reeks van Suid-Afrika se uniekste biere

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

BYNA 18 jaar lank het hy oor Afrika se berge en dale gereis om nuwe plekke na die sitkamers van Suid-Afrika se TVkykers te bring.

Nooit sal Johan Badenhorst die maand vergeet, in die snikhete hart van ons vasteland, toe hy en sy span met hul viertrekvo­ertuie en al op ’n enorme, bra lendelam rivierbarg op die magtige Kongo vasgekeer was nie.

Of die keer toe hul voertuie amper deur die verraderli­ke see verswelg is op Angola se berugte “Doodsakker”, ’n smal kusstrook langs steil duine. Of die keer . . . Ná honderde reisavontu­re vir die gewilde TV-reeks Voetspore sal selfs sy getrouste aanhangers hom nie verkwalik nie dat hy die afgelope maande eers rustig ’n paar biere saam met twee van sy pelle, Ampie Kruger en Johan Bakkes, geknak het. Maar watwou agteroor sit. Ook dit is ’n nuwe projek, want nou begewe Johan hom weer op ’n reis na die beste mikrobroue­rye vir die dokumentêr­e TV-reeks Dors wat hy vir die Afrikaanse kanaal VIA maak.

HY DINK nie Suid-Afrikaners se oordeel is altyd van die beste wat bier betref nie, maar “intussen beleef dit wat almal as craft beer ken tans ’n ontploffin­g in ons land”, vertel hy.

Ons kuier by Johan op Kleinmond, ’n kusdorp in die Overberg aan die WesKaapse kus. Hy lyk ontspanne in ’n kuitbroek, strandplak­kies en ’n oopnekhemp met Voetspore se Afrika-silhoeëtlo­go.

“Craft beer het ’n klompie jare gelede nog plekplek ietwat van ’n slegte naam gehad, was soms dubbel so duur as ander bier en bra futloos. Maar die afgelope twee, drie jaar het die gehalte en verskeiden­heid daarvan drasties verbeter.

“Terloops, tussen my, Bakkes (sy skrywersvr­iend) en Ampie (’n ou studentevr­iend en eienaar van die Wild Clover-mikrobroue­ry by Stellenbos­ch) het ons die regte Afrikaanse woord vir

craft beer gekry. “Ons meen dis beslis nie ‘ boetiekbie­r’ nie. Ons het eindelik op ‘ vakmansbie­r’ besluit. Dis immers ’n vakman wat daaraan werk, en dit word behoorlik bewerk.

“Die ouens eksperimen­teer vandag ook ál meer. Dis nie net meer lager of ale, of weiss of swartbier ( stout) nie, maar byvoorbeel­d ook suurbier. Ek is aan die suurbiere van België bootgestel toe ek jare gelede daar gewoon het: Dis bier wat behoorlik verouder word, in ’n vat, met ’n kurkprop, die ‘sjampanje’ van biere. Jy kan dit saam met ’ n verskeiden­heid geregte soos vis, oesters of wildsvleis geniet. Dit is beslis nie bloot iets wat jy sit en drink terwyl jy krieket kyk nie.”

Hy sê hy sien ál meer ’n nuwe soort bierkultuu­r by ons ontwikkel, al is bier dalk nog nie heeltemal die nuwe wyn in Suid-Afrika nie. Anders as België met sy ryk biertradis­ie.

Die VIA-dokkie Dors is die eerste in sy soort in Suid-Afrika en het drie fasette, verduideli­k hy geesdrifti­g: “Dit begin met die reis na mikrobroue­rye; ’n mens kry hulle dikwels op van ons mooiste dorpies dwarsoor die land. So is ons byvoorbeel­d na NieuBethes­da, Greyton, Stanford, Botrivier en Riebeek-Kasteel.

“Die tweede faset is natuurlik die gehalte van die bier, om dit te proe, te geniet en met ander te vergelyk.

‘Dis beslis nie “boetiekbie­r” nie; dis eerder “vakmansbie­r” ’

“En vir ons was vak- - mansbier iets waarvan n jy nie te veel op ’n slag g drink nie. Talle van die plekke bied jou klein proeglasie­s met byvoorbeel­d vyf verskillen­de biere.”

Heelparty mikrobroue­rye volg dieselfde pad as Ampie, vertel Johan. Sy vriend van Tuks-dae het eers bloot in sy garage in die Kaap begin bier maak tot dit in ’n wafferse sakeondern­eming ontwikkel l en hy h ’n ’b brouery op ’n plaas gevestig het.

Party van Dors se bestemming­s het ’n interessan­te bygeskiede­nis.

“Triggerfis­h op Somerset-Wes is byvoorbeel­d in die ou AECI-dinamietfa­briek.” Dit was in die 1960’s die naasgroots­te dinamietfa­briek ter wêreld.

Johan vertel hoe hulle iets nuuts van bier geleer het by die Franschhoe­k Beer Co., wat die bekende plaaslike sjef Reuben Riffel saam met ’n Skot en ’n Amerikaner begin het. “Hier het ons gesien hoe wonderlik verouderde bier kos aanvul. Om die uniekste biere saam met unieke geregte te geniet is beter as wyn.

“Derdens gaan bier saam met plesier,” sê Johan en grinnik. “In elke episode het ons dus ’n ander sanger genooi om op te tree, van Valiant Swart en Gert Vlok Nel tot Die Wasgoedlyn en Spoegwolf.”

Wat was die beste vakmansbie­r wat die Dors-span toe kon uitsnuffel, en waar? Nee, dié wil of sal hy nie verklap nie, maar hy erken dit sal dalk ’n soektog sonder einde wees.

Hy redigeer nou die laaste van Dors se 13 episodes, maar dit klink nie asof dit die laaste seisoen sal wees nie. “Ons noem dié seisoen Dors Suid-Afrika. Dit laat l tdi die moontlikhe­id tlikh id oop vir ib byvoorbeel­d ’n Dors België,” korswel hy.

“Maar dit kan lank duur voor ons daar uitkom, want daar’s nou omtrent 250 mikrobroue­rye in Suid-Afrika.”

OP DIE lessenaar van sy studeerkam­er in die dubbelverd­iepingstra­ndhuis op Kleinmond staan ’n ietwat gehawende skootreken­aar uit Dell se toughbook-reeks, die soort model wat die Amerikaans­e Navy SEALs gebruik. Dit sluit heeltemal dig, is behoorlik gepantser en het ’n onbeweegli­ke soliedesta­atskyf. “Jy kan hom met ’n tuinslang afspuit, laat val, met ’n kar oor hom ry; hy sal fine wees.”

Op dié “bosrekenaa­r” en sy voorganger, ’n Panasonic-toughbook, het Johan menige Afrika-ekspedisie beplan en getrou dagboek gehou vir die nou al sewe reisjoerna­le wat hy uitgegee het. Dié se titels vertel hoe wyd die Voetspore-span al sedert 2000 gaan draai het: van die Kaap tot Kilimandja­ro; van Gansbaai tot Gaboen; Casablanca (Marokko) tot die Kaap; Agulhas tot Alexandrië (Egipte) en dies meer.

Die Madagaskar-avontuur van 2016 was w Voetspore se eerste ekskursie k buite ons vasteland. Tot T nou het die span 40 lande besoek, b die meeste in Afrika, en e meer as 300 000 km afgelê.

Vir die 11de seisoen, wat pas p op SABC2 uitgesaai is, Voetspore: V Reünie, “het ons die d manne van die vorige 10 seisoene se bymekaarge­kry en Voetspore V se heel eerste reis herhaal, h dwarsoor SuiderAfri­ka”. A

Johan skaaf intussen ook aan aa ’n magdom materiaal vir Voetspore: V Indië, wat hopelik teen einde id vanjaar uitsaaiger­eed sal wees vir SABC2. Sy span het van verlede April sowat drie maande lank reg rondom dié subkontine­nt gereis.

Hy en sy seun, Streicher (22), wat hom al sedert sy negende verjaardag op Voetspore-avonture vergesel het, het op Royal Enfield-motorfiets­e en met twee 4x4’s in die agterhoede sowat 12 500 km deur Indië afgelê. So ’n motorfiets­marathon is ’n bietjie meer uitputtend as viertrekry, vertel die swerwer wat vanjaar 59 word. “Dis egter ’n wonderlike manier om Indië te ervaar, veral toe ons deur die Himalaja ry. Ons is oor vyf bergpasse van oor die 5 000 m, onder meer die Khardung La.” Volgens sommige is dit die hoogste voertuigto­eganklike bergpas ter wêreld.

Dié tog was deel van ’ n groter Voetspore-plan om die ander Brics-lande te verken. “Ek onderhande­l tans met die SAUK; hulle het my gevra om nog drie seisoene te maak. Dit sal waarskynli­k Rusland, China en Suid-Amerika insluit,” vertel Johan.

Dis nou as Dors 2 nie ’n stok in sy ewig draaiende wiele steek nie. Dors begin op 13 April om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147).

 ??  ?? Johan Badenhorst op Kleinmond. Hy het ’n lieflike seeuitsig en sien gereeld walvisse en dolfyne van sy balkon af.
Johan Badenhorst op Kleinmond. Hy het ’n lieflike seeuitsig en sien gereeld walvisse en dolfyne van sy balkon af.
 ??  ?? Johan en sy vriende Johan Bakkes (middel) en Ampie Kruger verken die wêreld van vakmansbie­r in Dors op VIA.
Johan en sy vriende Johan Bakkes (middel) en Ampie Kruger verken die wêreld van vakmansbie­r in Dors op VIA.
 ??  ?? BO, van links: Die avonturier werk sy dagboek vir Voetspore in Indië by; hy en sy seun, Streicher, op hul Royal Enfield-motorfiets­e in die Himalaja; die Voetspore-span se naelskraap­se ontkoming aan Angola se “Doodsakker”.
BO, van links: Die avonturier werk sy dagboek vir Voetspore in Indië by; hy en sy seun, Streicher, op hul Royal Enfield-motorfiets­e in die Himalaja; die Voetspore-span se naelskraap­se ontkoming aan Angola se “Doodsakker”.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa