Huisgenoot

Local Lo Is Lekker

-

Die Huisgenoot-musiekverh­oog op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) was vanjaar oudergewoo­nte aan die brand. Elke aand wanneer die son sy laaste strale oor Oudtshoorn gooi, het kunstenaar­s daar bymekaarge­kom en die gehoor gaande gehad.

Hulle het ook kans gekry om agter die verhoog te gesels oor wat in hul lewe aangaan.

Kurt Darren, wat vroeër vanjaar by die Elan Property Group as direkteur van bemarking en verkope aangesluit het, sê hy is opgewonde oor sy werk in die eiendomsbe­dryf; dit was nog altyd een van sy groot passies. “Dit beteken natuurlik glad nie ek wil ophou sing nie. Ek kan van die huis af werk of wanneer ek op toer is,” vertel hy.

Die sangeres en televisiea­anbieder Leah was sonder haar manlief, Hennie van Niekerk, by die fees. Hulle moet deesdae mooi beplan om mekaar te sien aangesien sy die volgende paar maande baie op die pad gaan wees met die verfilming van Boer Soek ’n Vrou.

Sy het saam met haar goeie vriend Willem Botha opgetree. Hulle het al baie saam getoer en is soos familie vir mekaar.

“Ons sal eerder ons stemme weglag as wegsing wanneer ons saam is,” sê Willem.

Adam Tas en sy vrou, Caren, het hul dogtertjie, Klara-belle (5), vir die eerste keer in ’n lang tyd by die huis gelos. Hulle kon ’n bietjie fees hou soos in hul jong dae, vertel hy met ’n stout glimlag. Die goue seun Refentse sê hy sien uit na die uitreuitre­iking van sy nuwe album in Septembete­mber. “Ek is baie besig, maar geniet dit baie om te sing. Dit is ’n voorreg.” DDie sanger Jo Black vertel sy dogttertji­es, Dinieke (9) en Miané (6), is oonbewus van hul pa se sukses in didie musiekbedr­yf. “Hulle het heeltemalt­emal uitgefreak toe hulle vir Leah sien. Toe vrvra my vrou, Debbie, of hulle weet daar iis mense wat so oor hul pa voel. Hulle het van niks geweet nie.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Die Huisgenoot­verhoog het vir talle skitterver­tonings deur van ons blinkste sterre gesorg. BO: Van links is Jo Black, Robbie Wessels, André Terblanche en Thembeka in die produksie Boontoe: Engelstemm­e.
HOOFFOTO: Die Huisgenoot­verhoog het vir talle skitterver­tonings deur van ons blinkste sterre gesorg. BO: Van links is Jo Black, Robbie Wessels, André Terblanche en Thembeka in die produksie Boontoe: Engelstemm­e.
 ??  ?? BO: Die Boer Soek ’n Vrou-aanbieder, Leah, en die sanger Willem Botha sê hulle is soos familie vir mekaar. LINKS: Gerrie Pretorius se nuwe Leef Jou Reisreeks met 13 episodes begin in April. Dit was die eerste keer in sewe jaar dat hy op die KKNK optree.
BO: Die Boer Soek ’n Vrou-aanbieder, Leah, en die sanger Willem Botha sê hulle is soos familie vir mekaar. LINKS: Gerrie Pretorius se nuwe Leef Jou Reisreeks met 13 episodes begin in April. Dit was die eerste keer in sewe jaar dat hy op die KKNK optree.
 ??  ?? BO: Die rapper Early B was vanjaar kookwater op die KKNK met liedjies soos Cerebellum en Leka Djy. REGS: Refentse het nie teleurgest­el nie en van sy ou treffers soos Oom Faan Se Plaas gesing.
BO: Die rapper Early B was vanjaar kookwater op die KKNK met liedjies soos Cerebellum en Leka Djy. REGS: Refentse het nie teleurgest­el nie en van sy ou treffers soos Oom Faan Se Plaas gesing.
 ??  ?? LINKS: Die sanger Jo Black se diep stem het die gehoor laat jil. ONDER: Willem Botha se energie was soos altyd aansteekli­k.
LINKS: Die sanger Jo Black se diep stem het die gehoor laat jil. ONDER: Willem Botha se energie was soos altyd aansteekli­k.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Refentse en Adam Tas tokkel ’n paar snare in ’n klanktoets. REGS: Kurt Darren en Pieter Koen hou mekaar geselskap tussen ver- tonings.
BO: Refentse en Adam Tas tokkel ’n paar snare in ’n klanktoets. REGS: Kurt Darren en Pieter Koen hou mekaar geselskap tussen ver- tonings.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa