Huisgenoot

’n Truitjie vi vir ’n p prinses

’n Skattige skapietrui vir jou skattebol

- OM TE BREI SPESIALE NOTAS VIR SKOUERSTUK

MOOI genoeg vir ’n prinsessie is dié pragtige knooptruit­jie met sagte skapies – net reg vir die winter wat om die draai is. Dit is ontwerp met ’n kombinasie van fairisle- en geteksture­erde jacquardpa­trone en is geskik vir gevorderde breiers.

GROOTTE

Pas vir 6-9(9-12;12-18;18-24) maande. Werklike borsmaat 52(55;58;62) cm. Lengte van nek agter 30(31;32;33) cm. Moulengte 14(16;19;21) cm.

NOTA OOR MATES

Die aanwysings word vir vier groottes gegee en verskillen­de diktes breipenne word gebruik; die 1e en 3e groottes word met dieselfde dikte pen gebrei en die 2e en 4e groottes met dieselfde dikte pen. Deur so te brei kan die steektelli­ngs en fairisle-patrone dieselfde bly vir elke twee groottes. Maak seker jy kies die dikte breipen wat jou die regte spanning sal gee soos hieronder aangegee word. Aangesien babas vinnig groei, is dit nie so belangrik om ’n kledingstu­k in ’n presiese grootte te maak nie.

BENODIGDHE­DE

2 x 50 g-bolle Kismet Soft & Gentle Baby DK in Pale Lemon kleur no. BB2 (HK)

1 x 50 g-bol Kismet Soft & Gentle Baby DK in Optical White kleur no. BB4 (A) en Pale Blue kleur no. BB5 (B)

1 x 50 g-bol Elle Family Knit Classic DK in Claret kleur no. 040 (C)

3,5 mm-breipenne en 3,5 mm-sirkelbrei­pen vir 1e en 3e groottes

4 mm-breipenne en 4 mm-sirkelbrei­pen vir 2e en 4e groottes 2 breispelde of oorskietst­ukkie breidraad 4-6 knope (besluit hoeveel jy nodig sal hê volgens die grootte van die knope) Tapisserie­naald Kopspelde

SPANNING

24 ste en 34 rye = 10 cm oor ks met 3,5 mmbreipenn­e. 22 ste en 28 rye = 10 cm oor ks met 4 mmbreipenn­e.

LET WEL

Aanwysings vir die kleinste grootte word gegee met die groter groottes tussen hakies ( ); waar een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.

VOOR JY BEGIN

Dit is ’n ingewikkel­de patroon. Lees liefs eers die aanwysings en al die notas deur, veral wanneer die skouerstuk­gedeelte volgens die diagram ge- brei word. Omkring die grootte wat jy gaan brei deurgaans met ’n potlood.

AGTER- EN VOORPANTE Let wel: Die knooptrui word van die nek af ondertoe gebrei, heen en weer in rye met die breipenne. HALSSTROOK Stel 70(70;86;86) ste op met 3,5 mm(4 mm; 3,5 mm;4 mm) -breipenne en HK. Brei in rif soos volg:

1e ry (RK): * r2, aw2; her van * tot by laaste 2 ste, r2.

2e ry: aw2, * r2, aw2; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die rif-pat. Brei nog 5 rye in rif-pat, eindig met ’n RK-ry.

Vlg ry: aw. Brei nou die skouerstuk­ontwerp volgens die diagram: Wanneer daar te veel ste is om gemaklik op die breipenne te brei, gaan oor na ’n sirkelpen van dieselfde grootte en brei steeds heen en weer in rye.

Elke blokkie in die diagram is een steek. Lees die diagram van regs na links vir elke RK-ry en van links na regs vir elke VK-ry. Merk elke ry af soos jy dit voltooi. Las die kleure aan soos benodig. Voorkom gaatjies in jou werk wanneer in Jacquard-pat gebrei word deur by elke kleurveran­dering in elke ry die breidraad van die laaste st te neem oor die breidraad wat gebruik gaan word vir die vlg st.

Wanneer in fairisle-pat gebrei word, neem die breidraad oor en draai dit om die breidraad wat nie gebruik word nie by elke tweede of derde st aan die agterkant van die werk om ’n lussie te vorm. Probeer lossies oor dié gedeelte brei sodat die patrone nie skeeftrek nie.

Die ry wat gemerk is “begin-ry”, is die aw-ry wat pas gebrei is.

Maak seker jy herhaal elke afgemerkte gedeelte vier keer soos die rye gebrei word en ook dat die vermeerder­ings in elke gedeelte gespasieer word en nie in ’n vertikale lyn is nie, want as die vermeerder­ings al met die trapsgewys­e rooi lyne van die patroon gemaak word, sal dit lelike en duidelike “vermeerder­ingsnate” vorm.

Die swart wigvormige gedeeltes in die diagram dui aan “geen steke nie’’. Spring net oor dié dele na die volgende steek in die ry.

Vir SLEGS die blompatroo­n wat in kleur C gebrei word, moenie elke afgemerkte gedeelte presies so herhaal nie. Hou eerder die herhaling van agt steke vir die blomme aaneenlope­nd oor dié twee rye. Jy moet ook die nodige vermeerder­ings maak soos jy brei. Gee dus ekstra aandag aan die brei van dié gedeelte.

Vir die res van die diagram word die herhalings gebrei presies soos dit aangegee is.

Die blokkies sonder kleur word met wit gebrei (kleur A).

As jy nie die kop en bene van die skape wil inbrei nie, borduur dit agterna met die Switserse deurstopwe­rkmetode en kleur C (die skape kyk aan elke kant na die voorrandst­rook toe).

Brei die skaap se lyf in reksteek. As jy ’n bietjie bang is om die skaap in reksteek te brei, kan jy dit in ks brei. Dit sal net die tekstuur beïnvloed. As jy op ’n ander manier tekstuur wil verkry, probeer dan ’n bouclédraa­d of iets met dons, byvoorbeel­d angora.

SKOUERSTUK

Volg nou die diagram van ry 1 af, beg en eindig die ry soos aangedui aan die onderrand van die diagram vir die grootte wat jy brei en maak seker jy brei die herhalings soos dit aan die bokant van die diagram aangedui is.

Terselfder­tyd wanneer jy die fairisle- en jacquard-patrone brei, moet jy die vermeerder­ings in die ry doen en alle vermeerder­ings is M1 (sien afkortings).

Die ste wat vermeer word, word met ’n “trapsgewys­e‘’ rooi lyn aangedui, byvoorbeel­d in die 1e ry moet jy 2 ste vermeer vir elk van die vier herhalings aan elke kant van die werk, sodat daar altesaam 16 ste in die ry vermeer is. Brei nou 4 rye reguit oor dié 86(86;102;102)ste. Die vlg stel vermeerder­ings word in die 5e ry gemaak en soos voorheen moet jy 2 ste vermeer vir elk van die vier herhalings aan elke kant van die werk sodat daar altesaam nog 16 ste vermeer is in die ry [102(102;118;118)ste].

Gaan voort om die regte getal ste soos in die diagram in die toepaslike ry aangedui is te vermeer. Altesaam 136 ste moet vermeer wees wanneer die 34e ry van die diagram voltooi is en daar moet 206(206;222;222)ste op die breipenne wees.

Verdeel vir moue:

Vlg ry (RK): r29(29;33;33)ste vir regtervoor­pant, sit die vlg 44(44;46;46)ste op ’n breispeld of oorskietst­ukkie breidraad vir eerste mou, r60(60;64;64)ste vir agterpant, sit 44(44;46;46)ste op ’n breispeld of oorskietst­ukkie breidraad vir tweede mou, r29(29;33;33)ste vir linkervoor­pant. Gaan van die sirkelpen na die breipenne van dieselfde dikte oor. Brei linkervoor­pant, agterpant en regtervoor­pant aaneen heen en weer in rye soos voorheen. Deur dié gedeelte aaneen te brei het jy nie synate om later toe te werk nie. Beg met ’n aw ry en HK en brei in ks oor dié 118(118;130;130)ste tot werk 27(28;29;30) cm van die beg is, eindig met ’n RK-ry. Las kleur C aan en brei 2 rye in ks. Heg kleur C af. Brei nog 1 ry in ks met HK. Beg met ’n VK-ry en brei 7 rye in rif soos by halsstrook. Heg al die ste in rif af.

(Van vorige bladsy)

MOUE

Keer terug na die 44(44;46;46)ste op breispeld vir een mou, glip op 3,5 mm(4 mm;3,5 mm; 4 mm)-breipenne en HK aan. Beg met ’n r ry en brei 9(9;11;11) rye reguit in ks.

Vlg ry (VK): vermin 1 st aan weerskante in ry [42(42;44;44)ste]. Her dié 10(10;12;12) rye nog twee keer [38(38;40;40)ste]. Brei nog 7(7;11;11) rye reguit oor dié ste. Las C aan en brei 2 rye met dié kleur, heg C af en brei nog 1 ry met HK. Brei in rif soos volg:

1e ry (RK): * r2, aw2; her van * tot by laaste 2(2;0;0)ste, k2(2;0;0).

2e ry: aw2(2;0;0), * r2, aw2; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die rif-pat. Brei nog 5 rye in rif-pat, eindig met ’n RK-ry. Heg al die ste in rif af. Her vir tweede mou.

LINKERVOOR­RANDSTROOK

Met 3,5 mm(4 mm;3,5 mm;4 mm) -breipenne en HK, tel op en r 3 ste vir elke 4 rye aan die linkervoor­rand. Let wel: Probeer genoeg ste optel wat deelbaar deur 4 is sodat jy die rif-pat maklik kan brei. Beg met ’n VK-ry en brei 8 rye in rif van r2, aw2. Heg al die ste in rif af.

REGTERVOOR­RANDSTROOK

Besluit hoeveel knope jy wil gebruik. Merk die posisie van die knoopsgate op die linkervoor­randstrook met kopspelde, plaas die eerste speld 4(4;6;6)ste van die onderrand en die laaste speld 6 ste in van die borand van die halsstrook en spasieer die oorblywend­e spelde eweredig op die strook. Tel dieselfde getal ste as wat vir die linkervoor­randstrook opgetel is aan die regtervoor­randstrook op. Beg met ’n VK-ry en brei 3 rye in rif van r2, aw2.

Knoopsgatr­y (RK): 4(4;6;6)ste in rif, * do, r2 tes, brei in rif tot by die plek waar die vlg knoopsgat moet kom, her van * tot by die laaste 6 ste in ry, r2 tes, do, brei 4 ste in rif. Brei nog 4 rye in rif van r2, aw2. Heg al die ste in rif af.

AFWERKING

Werk alle los breidraadp­unte aan die agterkant van die werk in en knip oortollige punte versigtig af. Werk die mounate met ’n leersteek toe. Lê die kledingstu­k plat neer, bedek met ’n lap en pars baie liggies met ’n koel yster. Maak seker jy stryk nie die steke plat nie. Werk die knope aan die knoopstroo­k ooreenstem­mend met die knoopsgate vas.

 ??  ??
 ??  ?? Vir haar tweede verjaardag in Mei verlede jaar het prinses Charlotte dié skattige skapietrui gedra toe haar ma, Kate, die hertogin van Cambridge, haar afneem. Dit was dadelik in Britse winkels uitverkoop, maar ons het spesiaal vir ons lesers ’n soortgelyk­e patroon gesoek – en gekry – om self te brei.
Vir haar tweede verjaardag in Mei verlede jaar het prinses Charlotte dié skattige skapietrui gedra toe haar ma, Kate, die hertogin van Cambridge, haar afneem. Dit was dadelik in Britse winkels uitverkoop, maar ons het spesiaal vir ons lesers ’n soortgelyk­e patroon gesoek – en gekry – om self te brei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa