Huisgenoot

Kies die regte glas

Ken jy nie die verskil versk tussen ’n martini- en ’n whiskyglas nie? Ons kom tot jou redding met ons nuttige drinkglasg­ids

- Deur VANESSA HOLIES

MARTINI- OF SKEMERKELK­GLAS

Jy het James Bond seker al by die kroeg sien ontspan met so ’n glas in die hand; die spioen se gunsteling­drankie word immers in dié mooi langsteelg­las voorgesit. Deesdae word heelwat ander skemerkelk­ies ook daarin voorgesit, soos die Sex and the City-vroue se pienk cosmopolit­ans. Die lang steel keer dat jou hande jou drankie warm maak.

WYNGLAS

Ken die verskil tussen rooi en wit. ’n Rooiwyngla­s het ’n breër rand en groter bol, wat die aroma en geur verbeter. ’n Witwynglas is meer U-vormig; dit help jou drankie langer koel bly.

WHISKYGLAS

’n Whiskyglas is kort en het ’n dik boom. Die breë rand maak dit maklik om ysblokkies by te voeg of bestanddel­e te meng as jy ’n drankie op ys berei.

SJAMPANJEG­LAS

Sjampanjeg­lase is in verskeie vorms en groottes te kry.

Tulp Die glas is gevorm soos die blom waarna dit genoem is; dit is groter bo en kleiner na die steel toe.

Fluit Die vorm keer dat die drankie te vinnig verslaan.

Piering Dié ouderwetse glas belug die sjampanje, wat die borrels verminder.

LAMPGLAS

As jy van piña colada hou, moet jy vir jou ’n stel lampglase kry. In Engels word dit ’n hurricane- glas genoem, na die skermerkel­kie van rum, vrugtesap en stroop met dieselfde naam. Dit is langer as ’n lang glas en soos ’n vaas gevorm. Die grootte maak dit volmaak vir lang drankies met fyn ys.

LANG GLAS

Dié veelsydige glas kan vir verskeie drankies gebruik word, van gaskoeldra­nk en tonikum tot mojito’s. Dit is langer en dunner as ’n whiskyglas, wat keer dat jou drankie te gou verslaan.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? R179,99 vir 4, MRP Home
R179,99 vir 4, MRP Home
 ??  ?? DeurDeur Luigi Bormioli R599 vir 4, Yuppiechef Consol R179,99 vir 6, Pick n Pay
DeurDeur Luigi Bormioli R599 vir 4, Yuppiechef Consol R179,99 vir 6, Pick n Pay
 ??  ?? R18, Game
R18, Game
 ??  ?? R159,99 vir 4, MRP Home
R159,99 vir 4, MRP Home
 ??  ?? Deur Spiegelau R299 vir 2, Yuppiechef
Deur Spiegelau R299 vir 2, Yuppiechef
 ??  ?? R389,99 vir 6, Pick n Pay
R389,99 vir 6, Pick n Pay
 ??  ?? R9,99, Game
R9,99, Game
 ??  ?? Deur David Jones R171,49, Woolworths
Deur David Jones R171,49, Woolworths
 ??  ?? R129,99 vir 6, Pick n Pay
R129,99 vir 6, Pick n Pay
 ??  ?? R459 vir 6, Makro
R459 vir 6, Makro
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? R189,99 vir 6, Pick n Pay
R189,99 vir 6, Pick n Pay
 ??  ?? Deur Country Road R352,06, Woolworths Woolworth Deur Royal Leerdam R79 vir 3, Makro
Deur Country Road R352,06, Woolworths Woolworth Deur Royal Leerdam R79 vir 3, Makro
 ??  ?? R249 vir 6, Makro
R249 vir 6, Makro
 ?? Deur Nachtmann R359 vir 4, Yuppiechef ??
Deur Nachtmann R359 vir 4, Yuppiechef
 ??  ??
 ??  ?? R599 vir 6, Yuppiechef
R599 vir 6, Yuppiechef
 ??  ?? R89,99, Woolworths
R89,99, Woolworths
 ??  ?? Deur Cristal D’Arques R459 vir 6, Makro
Deur Cristal D’Arques R459 vir 6, Makro
 ??  ?? R9,99, Game
R9,99, Game
 ??  ?? R65, Woolworths
R65, Woolworths

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa