Huisgenoot

Wat jy moet weet van Fica

Dit is nou maar so dat ons vir al wat ’n finansiële ooreenkoms is, moet ‘fica’. Hier is jou strategie om dié papieroorl­og te wen

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

OF JY nou ’n nuwe selfoonkon­trak wil aangaan, eiendom wil huur of net ’n klere- of bankrekeni­ng wil open, die Wet op die Finansiële Intelligen­siesen-trum, oftewel Fica, is sedert 2003 die eerste hekkie waaroor jy moet kom.

In ’n neutedop beteken dit dat jy, as die aansoeker, aan die potensiële diensversk­affer dokumente moet toon wat jou persoonlik­e inligting staaf.

Dan is jy gefica en kan die finansiële ooreenkoms aangegaan word.

Dit klink dalk na rompslomp, maar die doel daarvan is om finansiële misdaad en korrupsie te bekamp; iets waarvan ook jý ’n slagoffer kan word. Soortgelyk­e wetgewing bestaan ook in ander lande.

Danksy Fica het alle finansiële transaksie­s nou ’n papierspoo­r wat gevolg kan word om bedrog te voorkom of te ondersoek.

Ons kyk watter dokumente jy gereed moet hê om pynloos te fifica.

WAT HET JY NODIG?

Aanvanklik het finansiële instelling­s se Fica-vereistes verskil, wat groot verwarring veroorsaak het.

Maatskappy­e en reguleerde­rs het egter die afgelope paar jaar koppe bymekaarge­sit sodat die vereistes nou meer konsekwent is.

Kortliks opgesom, moet jy geldige dokumente voorlê waarmee jy drie dinge staaf: jou identiteit, woonadres en bankinligt­ing.

Onthou, jy kan nie een dokument vir al drie gebruik nie. Dit moet verskillen­de dokumente wees ter stawing van elk. Hier volg ’n basiese lys* dokumente wat jy daarvoor kan gebruik.

1. JOU IDENTITEIT

Hiervoor het jy jou groen ID-boekie (met staafkode) of die nuwe slimkaart-ID nodig. As jy ’n afskrif van jou ID wil gee, hoef dit nie gesertifis­eer te wees nie, maar jy sal die oorspronkl­ike ook op versoek moet kan wys. As jy nie ’n ID het nie, sal jy vooraf die diensversk­affer moet vra of jou paspoort of rybewys voldoende sal wees.

2. WAAR JY WOON

Jy benodig net een dokument om jou vaste woonadres te bevestig; tog is dit iets waarmee baie mense probleme ervaar. Jou naam en woonadres moet albei op die dokument staan. Oorspronkl­ike dokumente hoef nie gesertifis­eer te wees nie.

Belangrik: Die dokumente moet minder as drie maande oud wees.

Oor die algemeen word e-posse en internetdr­ukstukke nie aanvaar nie. Hier is die opsies: ’n Munisipale rekening vir jou huis of woonstel. Korrespond­ensie van ’n beheerligg­aam of aandeelblo­kverenigin­g as jy in ’n kompleks woon. Jou salarisstr­okie. ’n Rekening of staat van ’n maatskappy wat gekontrakt­eer is om dienste by jou eiendom te lewer en gereeld ’n rekening stuur, byvoorbeel­d tuin-, swembad- of veiligheid­sdienste. ’n Telkom-rekening. ’n Selfoonrek­ening, byvoorbeel­d van Vodacom of Cell C. ’n Winkelreke­ning, byvoorbeel­d van Woolworths of Edgars. ’n Studentere­gistrasieb­rief: enige formele kommunikas­ie van ’n tersiêre instelling wat na jou woonadres gestuur is en wys dat jy ’n geregistre­erde student is. Dié dokument moet minder as 12 maande oud wees. ’n Huurooreen­koms met die naam, besonderhe­de en handtekeni­ng van die huurder en verhuurder, die termyn waarvoor die huurkontra­k geld, die erfnommer of straatadre­s, die huurkontra­knommer en die datum waarop die ooreenkoms geteken is. ’n Korttermyn­versekerin­gsdokument: Dit moet die polisbylae, wat die bewys van huisinhoud­sversekeri­ng is, sowel as jou naam en woonadres insluit. ’n Suid-Afrikaanse Inkomste- diens-belastingo­pgawe of IRP5: uitgereik deur ’n werkgewer met jou naam en woonadres. ’n Motorlisen­siedokumen­t met jou naam en woonadres. En as jy nie woonadres kan bewys nie?

Iemand wat op dieselfde perseel woon, kan ’n beëdigde verklaring aflê dat jy ook daar woon. Hy/sy moet ’n afskrif van hul ID en bewys van woonadres insluit; dieselfde adres waar jy woon.

3. JOU BANKINLIGT­ING

Vir finansiële ooreenkoms­te, soos beleggings waar jou geld deur ’n debietorde­r afgetrek word, behoort jy gevra te word om jou bankinligt­ing te staaf.

Die volgende dokumente is geldig en hoef nie gesertifis­eer te word nie (onthou, dit moet minder as drie maande oud wees): Jou bankstaat op ’n amptelike briefhoof. ’n Brief van die bank op ’n amptelike briefhoof wat jou rekeningno­mmer, persoonlik­e besonderhe­de en soort rekening (byvoorbeel­d tjek- of kredietrek­ening) bevestig.

 ??  ?? JOU GELDSAKE
JOU GELDSAKE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa