Huisgenoot

Scott Eastwood veg teen monsters in Pacific Rim Uprising

Dié Hollywood-hartebreke­r vat monsters aan in Pacific Rim Uprising, wat nou in SA te sien is

- Saamgestel deur NICI DE WET

VLIEG HOOG

In dié opvolg van die wetenskaps­fiksieflie­k Pacific Rim (2013) speel die 32-jarige akteur die rol van Nate Lambert, medevlieën­ier van John Boyega se karakter, Jake Pentecost. Hy was aangetrokk­e tot die rol omdat hy in die regte lewe ’n gekwalifis­eerde vlieënier is, sê die avontuurlu­stige Scott. “Ek is van jongs af dol oor lugvaart,” vertel hy. Die liefde vir vlieg loop in die gesin – sy pa, die rolprentma­ker en akteur Clint Eastwood, is ook ’n vlieënier en sy ma, Jacelyn Reeves, ’n voormalige lugwaardin. “As kind het ek saam met my pa gevlieg, en ek het gedink dis die coolste ding ooit.”

OP EIE STOOM

Scott, die jongste seun van Clint, het nog nooit sy beroemde van gebruik om voordeel te trek nie. Inteendeel, hy het sy ma se van gebruik toe hy in die vermaakbed­ryf begin. Hy het oudisies afgelê vir al sy pa se flieks en eindelik die rol van die rugbyheld Joel Stransky losgeslaan in Invictus (2009), die fliek wat Clint gemaak het oor die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi in 1995. Vroeër het Scott deeltydse werk gedoen om sy rekenings te betaal. “Ek moes kroegman speel, karre parkeer en konstruksi­ewerk doen. Hollywood is ’n tawwe plek.”

MOENIE MY SEXY NOEM NIE

Sy naam verskyn dikwels op die lyste van sexyste mans. Dié titels is laf, meen hy. “Eerlikwaar, ek is net een van die ouens. En daar is soveel mooi ouens in Kalifornië.” En daai lyf? Hy was altyd aktief, sê Scott. “My pa het my al op ’n jong ouderdom in die gimnasium gekry.”

RUSTIGE OU

Hy weier om in Los Angeles te bly. Sy woonplek is die Kalifornie­se stad San Diego, waar die lewe stadiger is. “Ek gaan LA toe, werk hard, en kom dan terug en leef teen ’n ander tempo. In my 20’s het ek baie mense hoor sê: ‘Wanneer ek ouer is, gaan ek dit en dat doen,’ en ek was paniekbeva­nge. Ek het gesê: ‘Wat bedoel jy, wanneer jy ouer is? Die lewe gebeur nou.’ Dit het my so op hol gehad, ek het besluit ek trek; ek bly nie in LA nie.” BRONNE: HAUTELIVIN­G.COM, DAILYMAIL.CO.UK, PEOPLE.COM, IMDB.COM

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa