Huisgenoot

Sara Se Geheim is terug

Drama, intrige en donker geheime . . . Hier is alles wat jy oor die tweede seisoen van dié boeiende trefferree­ks moet weet

- Deur LARA ATSON

1 Dié kykNET-dramareeks draai om Sara Abrahams ( June van Merch) wat al 35 jaar lank ’n groot geheim met haar saamdra. Haar dogters, Maggie (Lee-Ann van Rooi) en Lizzie (Quanita Adams), dink hul broer, Johnny (Dawid Minnaar), is in die vroeë tagtigerja­re tydens politieke onluste oorlede. Maar hy leef. Hy moes jare gelede as bruin tienerseun sy identiteit vir dié van Johan, ’n wit man , verruil. Sara werk boonop deesdae as huishulp in haar seun se huis. 2 Die tweede seisoen trek weg waar die eerste een geëindig het. Ricky (Brendon Daniels) spring wonderbaar­lik die dood vry nadat Maggie hom op ’n boot geskiet en met haar man, Virgil (Charlton Lee George), se hulp oorboord gegooi het. Dié weet nou sy oudste seun, Aiden (Marlo Minnaar), is nie sy kind nie. Gaan Aiden uitvind Ricky is sy biologiese pa? 3 Daar is ’n hele paar nuwe gesigte in die jongste seisoen, onder andere Albert Maritz, wat die regter Eben Pretorius speel, die Kwêla-aanbieder, Hannes van Wyk (Dawie), Stian Bam (Renier) van Die Boekklub-faam, Schalk Bezuidenho­ut (Vader Steve) en Elana Afrika-Bredenkamp (Rebecca). 4 ’n Hele paar kinkels wag. Sanel (Nicola Hanekom), wie se man, Ebert (André Weideman), haar verneuk het, se stryd teen Alzheimers­iekte gaan ’n dramatiese wending neem. Koos (Elton Landrew) kry ’n aanbod op tant Marie se plaas wat hy nie maklik van die hand kan wys nie. Dinge lol verder toe Lizzie begin vermoed haar ma het geweet haar man is ontrou. 5 Johan se donker herkomsgeh­eim kan moontlik nie net sy sakeondern­eming nie, maar ook sy huwelik met sy vrou, Nicola (Natania van Heerden), en dogter, Inge (Lise-Marié Richard son), op die spel plaas. Sara smeek hom om die waarheid te vertel, maar sal hy dit oor sy hart kan kry? 6 Die beweerde Astonia-verkragter­s se verhoor begin. Gerhard (Edwin van der Walt) is gerus, want sy pa (Hannes van Wyk) is welgesteld en iemand met aansien. Sy pel Tyrone (De Klerk Oelofse) kan egter nie ’n duur verdedigin­gspan bekostig nie. 7 Die reeks speel in en om Athlone op die Kaapse Vlakte en Durbanvill­e in die noordelike voorstede van Kaapstad af. Die Kaapse akteur Keeno Lee Hector, wat die pastoor speel, is ook oorweeg as Lizzie se sangerman, Danny, omdat Keeno Lee ook ’n sanger is. Die rol van Danny het toe gegaan aan ’n ander Kapenaar, Keenan Arrison. 8 Die Slap Snoek-viswinkel is in werklikhei­d net dit – ’n viswinkel! Tydens verfilming is klante met kameras begroet wanneer hulle by die winkel ingestap het om ’n bestelling te plaas. 9 Die gepekelde uie waaraan die lawwe Lizzie so lekker smul by haar werk in Die Slap Snoek is in werklikhei­d Quanita, wat dié karakter vertolk, se gunsteling. Sy het sommer op die stel ook daarvan geëet. 10 Ses skrywers is vir die tweede seisoen van Sara Se Geheim verantwoor­delik. Hieronder is Roberta Durrant, wat onder meer die regie vir die bekroonde rolprent Krotoa (2016) behartig het.

Sara Se Geheim word Dinsdae om 20:00 op kykNET uitgesaai. Lees nog oor Lise-Marié Richardson, wat Inge speel, op bl. 69.

 ??  ?? (Van links) Lise-Marié Richardson, Natania van Heerden, June van Merch en Dawid Minnaar is almal weer in die jongste seisoen van die kykNET-dramareeks Sara Se Geheim te sien.
(Van links) Lise-Marié Richardson, Natania van Heerden, June van Merch en Dawid Minnaar is almal weer in die jongste seisoen van die kykNET-dramareeks Sara Se Geheim te sien.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Charlton Lee George en Lee-Ann van Rooi. BO: Brendon Daniels.
LINKS: Charlton Lee George en Lee-Ann van Rooi. BO: Brendon Daniels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa