Huisgenoot

Die indie-folksanger Jeremy Loops gesels oor sy nuwe album

Die koel sanger van indie-folkmusiek is terug met ’n enkelsnit, album en toer. Ons het met die 33-jarige Kapenaar gesels

- Deur NICI DE WET

Jou enkelsnit Waves geniet al heelwat lugtyd. Hoe het die liedjie ontstaan?

“Ek het gaan branderry nadat ek met idees vir liedjies gesukkel het. Ek was moeg vir teen die horlosie werk. Toe ek terugkom, was ek so ontspanne, ek het net my kitaar opgetel en die liedjie het na my toe gekom. Jake Gosling, een van die album se vervaardig­ers, het toe by my gebly en hy het idees ingegooi. Ons het dit in een aand saam geskryf.”

Water is ’n tema van die album, Critical as Water, met snitte soos Underwater Blues. Vertel meer.

“Nadat ek Waves geskryf het, het ek besef die tema van water herhaal in die skeppingsp­roses. Ek het my voortduren­d na water gewend om my te sentreer en te reinig om die musiek te skryf. Dit het uitgewerk en voel nie gedwonge nie.”

Hoe lank het dit jou geneem om die album te maak?

“Twee jaar. Ek het druk ervaar om die opvolg reg te doen. My debuut album ( Trading Change, wat ’n MTV Africaprys vir beste pop- en alternatie­we album gewen het en as iTunes SA se album van die jaar aangewys is) het deure oopgemaak. Die album is ongetwyfel­d ’n sprong boontoe, sowel sonies as wat my liedjieskr­ywery betref.” Hoe skryf jy liedjies? “Ek skryf alleen en saam met ander mense. Ek het sterk melodiese idees. Melodie is so ’n brose, sensitiewe ding in musiek, dit moenie onderbreek word nie; daarom skryf ek gereeld alleen. Ek tel my kitaar op, speel ’n riff en neurie daaroor. En dan, ek veronderst­el soos beeldhouer­s maak, beitel ons net weg aan die ding wat interessan­t klink tot dit ’n liedjie is.”

Wat is jou gunsteling­liedjie op die album?

“Waarskynli­k Underwater Blues. Dit is sonies fenomenaal en skitterend gekomponee­r. En dit klink warm en welig.”

Was musiek altyd deel van jou lewe?

“My ouers het altyd musiek in ons huis gespeel en ek het dit geniet om te sing, maar ek was nie daardie kind in die spieël wat ’n Michael Jackson of iemand wou wees nie. Die obsessie het eers op universite­it ingeskop.”

Is jou oorsese aanhangers net so lojaal soos jou plaaslike aanhangers?

“Net so toegewy. Promotors het al vir my gesê: ‘Dis gek. Ons het superster X verlede week hier laat speel en die geraasvlak was nie naastenby waar dit vanaand was nie.’ ”

Wat sou jy gedoen het as die musiekgogg­a nie gebyt het nie?

“Wie weet? Skipper van seiljagte en plesierske­pe? ’n Fotograaf ? ’n Eiendomson­twikkelaar? Ek het ’n graad in finansies en eiendomson­twikkeling van die Universite­it van Kaapstad en het ’n kommersiël­e lisensie as skipper vir reuseseilj­agte; dus het ek opsies. “Ek doen dalk nog van die goed later in my lewe.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa