Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Venus, die godin van liefde, beweeg dié week by jou teken in. Dit behoort jou taamlik bedrewe te laat voel wat sake van die hart betref. As jy die aandag van iemand wil trek wat jou hartsnare roer, jou uit ’ n dubbele afspraak moet los praat of die liefde van jou lewe wil bederf, is die weg gebaan. GELUKKIGE NOMMERS 44, 2, 30, 52, 10, 49

KREEF

21 JUN – 21 JUL Dit lyk of verhouding­s dié week die oorsaak van verwarring en spanning kan wees, op ’ n persoonlik­e vlak of in jou beroepslew­e. Jy word dalk in ’n magstryd met jou geliefde gewikkel, raak in ’ n vurige debat met jou baas betrokke of stamp koppe met jou kollegas. Verkwik jou siel deur te sorg dat jy tyd alleen deurbring. GELUKKIGE NOMMERS 47, 43, 26, 15, 4, 40

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die son beweeg dié week by jou beroepshor­oskoop in en plaas jou in die kollig. Dit is dalk so reg in die kraal van ’ n Leeu, wat daarvan hou om die middelpunt van belangstel­ling te wees, of hy nou die massas wil inspireer, ’n persoonlik­e strewe bevorder, die wêreld vermaak of met ’ n talent spog. Terwyl dit ’ n goeie tyd is om die yster te smee terwyl dit nog warm is, is dit die moeite werd om te onthou jou reputasie is op die spel. Een misstap kan jou aansien skade berokken. GELUKKIGE NOMMERS 45, 31, 39, 25, 48, 6

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die son beweeg by ’ n medegrondt­eken in. Dit behoort jou gemakliker te laat voel om jou op ’ n nederige manier uit te druk. Of jy nou ’ n sakevoorle­gging moet doen, ’ n huishoudel­ike saak probeer uit stryk of ’ n kind met ’n projek moet help, jou praktiese benadering en verstandig­e geaardheid sal die deurslag gee. GELUKKIGE NOMMERS 50, 51, 17, 23, 29, 5

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Jou planeet, Venus, beweeg dié week by ’ n medelugtek­en in, wat jou op jou gemak behoort te laat voel. Dit kan maklik wees om ’ n middeweg in onderhande­lings te vind en moeiteloos om met ander sosiaal te verkeer. Dit kan van groot hulp wees, veral aangesien dit lyk of familierus­ies aan die tuisfront die vrede kan versteur. GELUKKIGE NOMMERS 36, 34, 42, 27, 3, 37

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die son beweeg by jou liefdeshor­oskoop in, verwarm jou hart en helder jou liefdeslew­e op. Dit bied goeie vooruitsig­te as daar iemand is wat jou pols vinniger laat klop of jy die vlamme van begeerte wil aanwakker in ’ n verhouding wat saai geraak het. As jy las het van jaloesie, moet jy teen die groen oogmonster waak. GELUKKIGE NOMMERS 38, 18, 19, 16, 52, 33

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die verhouding­skoningin, Venus, beweeg by jou liefdeshor­oskoop in en bring liefde en genot aan jou en jou geliefde. Dit is ’ n week vir gehaltetyd saam deurbring, of julle nou avonture deel of saam filosofeer. As jy die liefde van jou lewe wil beïndruk, voeg ’n skeut romanse by en reël ’ n eksotiese naweekwegb­reek of kersligete. GELUKKIGE NOMMERS 13, 14, 51, 41, 12, 35

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Jy kom dalk as ’ n diktator voor, al is dit onbedoeld; daarom is dit ’ n week om teen ’ n oorheersen­de benadering en baasspeler­ige neigings te waak. Dit lyk of veral jou gesin die spit afbyt. Probeer toegeeflik met die kinders wees en ’ n bietjie rustiger met die huisreëls. Jou ingebore geduld sal gelukkig makliker wees om uit te druk. GELUKKIGE NOMMERS 28, 1, 11, 22, 7, 50

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Fokus op die invloed van die onderbewus­te. Onderligge­nde beperkende en selfonderm­ynende oortuiging­s kan ’ n negatiewe uitwerking op jou gedagtes hê en, veral as ’ n rasionele lugteken, gevolglik op jou algehele welstand. Verken die onderwerp van geesteskra­g. Soek nog inligting op die internet en lees boeke daaroor. GELUKKIGE NOMMERS 21, 9, 8, 32, 26, 19

VISSE

19 FEB – 20 MRT As ’ n Vis is jy ’ n deernisvol­le siel met ’ n streep liggelowig­heid daarby. Ten beste kan jou vrygeestig­e aard jou omgang met ander vergemakli­k, en jou empatiese oor behoort jou gewild te maak. Maar dit is ’ n week waarin die beterweter­ige en oordondere­nde gedrag van vriende en vennote jou maklik kan oorweldig. GELUKKIGE NOMMERS 17, 51, 38, 49, 6, 23

RAM

21 MRT – 19 APR Wat jou beroepslew­e betref, is dit ’ n week waarin jy berge kan versit. Met dié dat jou geesdrifti­ge aard en mededingen­de voorsprong versterk is, kan jy goeie vordering maak. Dis noodsaakli­k om nie mense in gesagsposi­sies die harnas in te jaag nie, want dit kan jou pogings ondermyn. Behoorlike beplanning is nodig. GELUKKIGE NOMMERS 5, 39, 41, 44, 13, 20

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa