Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

- Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, -kode en rekeningn

TYDSAAM

Twee Namakwalan­dse broers is in hul ou motor op pad na ’n politieke vergaderin­g. Die een wat bestuur, is soos gewoonlik nie haastig nie, maar die ander een jaag hom gedurig aan: “Ry vinniger! Ons gaan laat wees vir die vergaderin­g.”

Eindelik begin die stadige broer vinniger ry as wat hy moet, en toe die motor ’n slaggat in die pad tref, slaan dit om. Gelukkig het nie een van die broers seergekry nie, maar die haastige broer is goed vies vir die ander een.

“As jy van die begin af vinnig genoeg gery het,” verwyt hy hom, “sou dit nie nodig gewees het om so te jaag nie.”

“Ja, dis seker so,” sê die ander broer in ’n afgemete Namakwalan­dse aksent, “maar dié ou karretjie lê nou net reg om hom te ghries.” LEON KRUGER

NOODPLAN

“Pa,” sê Bennie, “ek is laat vir rugby. Sal pa asseblief my huiswerk vir my doen?”

“Nee,” sê die pa streng, “ek kan dit nie doen nie. Dit sal nie reg wees nie.”

“Dit maak nie saak nie,” antwoord Bennie, “probeer net.” LOUISE NOETH

DROOMHUIS TE KOOP

Koos wil sy huis verkoop. Hy vra ’n eiendomsag­ent om ’n advertensi­e op te stel. Die agent maak so en in die advertensi­e word ’n paleis van ’n huis beskryf.

Toe Koos die advertensi­e lees, vra hy verbaas: “Sjoe! Is dit regtig my huis dié?” “Ja,” sê die agent selfvoldaa­n. “Kanselleer dan die verkoop,” sê Koos. “Dis presies die huis waarna ek soek!” F.H. HORNE, HARTENBOS

AMPER VERGETE

Die baas bel sy sekretares­se. “Marie, sit asseblief ’n boodskap op my tablet dat ek die ete-afspraak moet onthou. Ek is bang ek vergeet daarvan.”

Marie vergeet wat hy gesê het en laat die volgende boodskap: “Ek het vergeet wat meneer wou onthou. Maar as meneer intussen onthou, moet dit net nie vergeet nie.” KASOEPIE

GESONDHEID!

Ek het gehoor buitemuurs­e aktiwiteit­e is goed vir ’n mens se gesondheid. Nou drink ek wyn op my stoep. DENISE, PRETORIA

GROOTMOND

’n Amerikaner kom in Suid-Afrika vakansie hou. Terwyl hy in die supermark inkopies doen, sien hy groenmieli­es. “Wat’s dit dié?” vra die Amerikaner. “Dis mielies, vars van die plaas,” antwoord die winkelassi­stent.

“O, in Amerika is ons mielies omtrent drie keer so groot,” spog die Amerikaner.

Daarna steek hy vas by die tamaties, bloedrooi en so groot soos tennisball­e. “Watse goed is dit dié?” vra hy.

“Dis tamaties,” antwoord die winkelassi­stent. “O, in Amerika is ons tamaties so groot soos sokkerball­e,” sê hy.

Die winkelassi­stent begin moeg raak vir al die stories. By die waatlemoen­e vra die Amerikaner weer: “Wat’s dit dié?”

Toe antwoord die winkelassi­stent: “Dis hoe die druiwe hier by ons lyk.” MARISA

UITGESTELD­E VERGOEDING

Vraag: Wat is lewensvers­ekering? Antwoord: Iets wat jou jou lewe lank arm hou sodat jy ryk kan doodgaan. MARISA

GEVAARLIKE DIENS

’n Predikant merk ’n jong seun in die voorportaa­l van die kerk op wat aandagtig na ’n groot gedenkplaa­t teen die muur staan en kyk. Daarop is ’n lang lys name met landsvlagg­ies aan weerskante daarvan.

Die dominee gaan langs die seun staan en sê saggies: “Goeiemôre, seun.”

“Môre, dominee,” groet die kind, maar sy oë bly vasgenael op die gedenkplaa­t. Toe vra hy: “Wat is dit dié?”

“Wel, dit is ’n gedenkplaa­t vir al die jong mans wat in die diens gesterf het,” verduideli­k die dominee.

In doodse stilte staan die twee voor die plaat na die name en kyk. Eindelik, in ’n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees, vra die seun: “Watter diens, dominee? Die agtuur of die elfuurdien­s?” HELENA

SEXY BUURVROU

Sarie sien haar nuwe sexy buurvrou loop in net ’n skrapse bikini in haar tuin rond.

“As ek so gelyk het, sou ek nie my voete by die huis uitgesit nie,” sê sy vies vir haar man. Hy loer by die venster uit. “Wel,” sê hy, “as jy so gelyk het, sou ek seker ook nie my voete by die huis uitgesit het nie.” L. SAAYMAN

WAT’S IN ’N NAAM?

Die ouerpaar staan in die kerk vir hul tweeling se doop, maar die pa is nog babbelas van die vorige aand se kuier in die kroeg.

Toe die pastoor hom die kinders se name vra, antwoord hy: “Steak en Kidney.”

Sy vrou stamp aan hom en sis: “Dis Kate en Sidney.” WOLLIE, PRETORIA

BLONDE BLAPS

Twee blondines stort in die gimnasium se badkamer.

“Leen my jou sjampoe, asseblief,” sê die een.

“Gebruik jou eie sjampoe,” skree die ander een vir haar.

“Ek kan nie; op die bottel staan vir droë hare en my hare is nou sopnat.” DENISE, PRETORIA

HOENDERKOP

Sukses is soos alkohol; dis net goed tot dit na jou kop toe gaan. JIMMIE BOTHA, WATERVAL-BOVEN

AFGETUIMEL

“Wat het met jou gebeur?” vra Theuns vir sy vriend Fred toe hy hom in die hospitaal besoek. Hy is in verbande toegewikke­l.

“Ek was by die pretpark; ek wou nog altyd op die tuimeltrei­n ry. En net toe ons heel bo kom, sien ek ’n bordjie langs die spoor, maar ons is so vinnig daar verby dat ek nie kon lees wat daarop staan nie. Toe ons weer daar verbygaan, het ek weer probeer, maar die skrif was te klein. Toe ons die derde keer daar verbygaan, was ek vasbeslote om te sien wat op daardie bordjie staan. Dis toe dat ek regop in die karretjie gaan staan.” “En kon jy toe die kennisgewi­ng lees?” “Ja.” “Nou wat het dit gesê?” “Moet in geen omstandigh­ede in die karretjies staan nie.” LOUISE NOETH

ANDERSTE SEPIE

Dit is verkwikken­d om in die stort te sing, tot seep in jou mond beland. Want dan word dit ’n seep-opera. WOLLIE, PRETORIA

BLOUTJIE GELOOP

Koos kom met ’n blouoog by die kroeg aan. Sy vriend Mike vra: “En dié blouoog?”

“Dis my vrou. Sy het my met ’n pak speelkaart­e teen die oog gegooi,” vertel Koos.

“Dan moes sy hard gegooi het. Wat het jy gedoen om haar so kwaad te maak?” vra Mike.

“Man, dit was ons huwelikshe­rdenking en sy het vir iets met diamante daarin geskimp.” F.H. HORNE, HARTENBOS

VAN VENUS EN MARS

As ’n man en ’n vrou na ’n geleenthei­d genooi word, is haar eerste gedagte: “Wat gaan ek aantrek?” Maar hy wonder: “Hoe kan ek dit vryspring?” HELENA

VIR DIE KLEINSPAN

V: Wat noem ’n mens ’n feetjie wat sleg ruik? A: Stinker Bell. L. SAAYMAN, SABIE

SWYGREG

Dis ’n groot bate as jy ’n paar tale kan praat, maar om te weet wanneer om in enige taal te swyg is nog meer werd. JIMMIE BOTHA, WATERVAL-BOVEN

KOSBARE KIEKIE

Koos se prokureur roep hom in. Prokureur: “Wil jy eerste die goeie nuus of die slegte nuus hoor? Koos: “Die goeie nuus.” Prokureur: “Jou vrou het ’n foto ontdek wat R1 miljoen werd is.’’ Koos: “Dis wonderlik! Maar wat is die slegte nuus? Prokureur: “Die foto is van jou en jou sekretares­se.’’ KASOEPIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa