Huisgenoot

BEGIN JOU EIE TUIN EN WEN GROOT!

-

SELFS al het jy nie ’n hand met ’n plant nie, kan jy ’n oulike tuintjie aanlê. Danksy Huisgenoot, YOU, Drum en Checkers se nuwe kompetisie kan jy en jou gesin saam die wonder van nuwe lewe ervaar. Al wat jy kort om met jou tuin te begin, is die plakkaat in hierdie week se uitgawe van Huisgenoot en die saailingst­elle wat jy by Checkers kry elke keer dat jy R150 bestee. Elke stel bevat ’n bioafbreek­bare potjie, ’n grondtable­t, saadpapier, ’n naamkaartj­ie en ’n plakker wat jy moet hou om die plakkerboo­m op bl. 54 van dié uitgawe te voltooi.

Ná die sukses van verlede jaar se Little Shop-versamelpr­ojek stel Checkers nou hierdie nuwe projek bekend waarmee jy kan begin tuinmaak.

Vir elke R150 wat jy by Checkers bestee, kry y jy ’n gratis saailingst­elletjie. Elke stel bevat een van 24 verskillen­de soorte sade waarmee jy ’n verskeiden­heid blomme, kruie en groente kan kweek, van roket tot blomkool, koljander en selfs Engelse madeliefie­s.

In elke stel is ook een van 24 verskillen­de plakkers. Versamel al 24 en plak dit op die plakkerboo­m op bl. 54 van hierdie uitgawe van Huisgenoot of op die versamelaa­rshouer wat jy by Checkers kan koop.

Terwyl jou Little Garden-plakkerboo­m “groei”, groei die saadjies wat jy geplant het ook en kweek jy jou eie spesiale tuin!

Versamel ook Huisgenoot se interessan­te en oulike opvoedkund­ige plantverwa­nte infografik­as. Kry die eerste een, oor die lewensiklu­s van p plante, ,p op bl. 74. Kry y die volgende g vyf grafikas in ons uitgawes van 10, 17, 24 en 31 Mei en 7 Junie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa