Huisgenoot

KOFFIESTRO­OPPOEDING

-

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding: 20 min. Bak: 30-35 min. 850 ml koekmeel 20 ml (4 t) bakpoeier 10 ml (2 t) koeksoda knippie sout 500 ml (2 k) suiker 500 ml (2 k) kookwater 250 ml (1 k) olie 50 ml (10 t) witdruiwe

asyn 10 ml (2 t) vanielje

geursel KOFFIESTRO­OP 125 ml (½ k) kookwater 30 ml (2 e) kitskoffie 30 ml (2 e) suiker 125 ml (½ k) room VIR VOORSIT ekstra geklopte room takkies vars ment Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit ’n diep oondbak van ongeveer 30 x 20 cm goed met kossproei.

1 Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.

2 Voeg die suiker by en meng deur; maak ’n holte in die middel.

3 Klits die kookwater, olie, asyn en vanieljege­ursel saam in ’n ander mengbak. Giet in die holte van die droë bestanddel­e; klits tot net gemeng.

4 Giet die beslag in die bereide oondbak. Bak 30-35 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die mid- del van die koek kom.

5 Koffiestro­op Verhit al die bestanddel­e vir die koffiestro­op intussen saam in ’n kastrol; roer aanhoudend tot die suiker opgelos het.

6 Haal van die hitte af sodra die suiker opgelos het. 7 Vir voorsit Steek gaatjies in die poeding met ’n mes of sosatiesto­kkie.

8 Giet die stroop oor die warm poeding.

9 Sit die poeding warm of koud voor saam met die room en vars ment.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa