Huisgenoot

TEMPURAVIS­SLAAI MET SOET-SUUR SLAAISOUS

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 25 min. Gaarmaak: 30 min. TEMPURABES­LAG 250 ml (1 k) bruismeel ’n knippie sout 160 ml (²⁄₃ k) koue

vonkelwate­r 10 ml (2 t) olie 2 eierwitte SOUS olie 125 g wortels, skoongeskr­aap, in juliennere­pies gesny 1 elk rooi en groen soetrissie, in juliennere­pies gesny 3 knoffelhui­sies,

in dun repies gesny 3 cm-stuk gemmerwort­el, in juliennere­pies gesny 2 brandrissi­es, gekap 30 ml (2 e) sesamolie 60 ml (¼ k) rysasyn 60 ml (¼ k) sojasous 5 ml (1 t) vissous 80 ml ( k) bruin

suiker 15-30 ml (1-2 e) suur

lemoensap VIS 600 g stokvis,

in blokkies gesny sout en vars gemaalde

peper olie vir diepvetbra­ai SLAAI 500 ml (2 k) gaar

koeskoes 250 ml (1 k) gaar

quinoa halwe pynappel, geskil

en in blokkies gesny 1 klein komkommer,

in blokkies gesny ’n groot hand vol

koljanderb­lare 1 Tempurabes­lag Meng die bruismeel en sout, voeg die water en olie by, en klits goed tot glad. Laat staan 1 uur.

2 Klits die eierwitte styf net voor jy dit nodig kry en vou by die beslag in.

3 Sous Verhit ’n bietjie olie en roerbraai die wortels, soetrissie­s, knoffel, gemmerwort­el en brandrissi­es effens tot net sag maar bros.

4 Voeg die res van die sousbestan­ddele buiten die suurlemoen­sap by. Bring dit tot kookpunt. Laat prut sowat 5-10 min. tot stroperig en geurig. Voeg die suurlemoen­sap by.

5 Vis Geur die vis met die sout en peper en doop die visblokkie­s in die beslag.

6 Verhit genoeg olie in ’n diep kastrol en braai die visblokkie­s in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer dit op kombuispap­ier. Giet ’n bietjie van die sous oor.

7 Slaai Meng die koeskoes en quinoa. Roer die orige sous deur en skep die koeskoesme­ngsel op ’n opdienbord. Rangskik die vis bo-op. Sprinkel die pynappel, komkommer en koljanderb­lare oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa