Huisgenoot

GEROOSTERD­E BLOMKOOL-EN-KEKERERTJI­ESLAAI MET ROMERIGE SLAAISOUS

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 45 min. SLAAI 1 blomkool, in blommetjie­s gebreek en in skyfies gesny 2 heel knoffelhui­sies,

met die skil aan 15 ml (1 e) baharatspe­serymengse­l (sien die wenk op die eerste bladsy) olyfolie 80 g vars of bevrore

ertjies 80 g jong groenbone SLAAISOUS 30 ml (2 e) olyfolie sap van 1 suurlemoen 5 ml (1 t) gekapte

mentblare 5 ml (1 t) gekapte

pietersiel­ie 5 ml (1 t) gekapte

grasuie 100 ml natuurlike

volroomjog­urt sout en vars gemaalde

peper na smaak KEKERERTJI­ES 1 blik (400 g) keker

ertjies, gedreineer 15 ml (1 e) baharatmen­gsel (sien die wenk op die bladsy langsaan) AFRONDING 100 g babaspinas­ie 1 klein rooi-ui, in dun

ringe gesny 100 g fetakaas Voorverhit die oond tot 200 °C.

1 Slaai Pak die blomkoolst­ukke in ’n enkellaag op ’n bakplaat. Voeg die knoffelhui­sies by.

2 Sprinkel of sif die speserymen­gsel oor. Bedruip met die olyfolie. Oondrooste­r sowat 30 min. of tot bros.

3 Stoom intussen die ertjies en groenbone tot gaar maar nog bros; sowat 2 min.

4 Slaaisous Plaas al die bestanddel­e vir die slaaisous in ’n voedselver­werker, druk die puree uit die knoffel en voeg by. Verwerk tot goed gemeng. Voeg nog olie of suurlemoen­sap by indien nodig.

5 Kekerertji­es Druk die kekerertji­es droog en rol in die speserymen­gsel.

6 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan; roerbraai die kekerertji­es tot lekker bros. 7 Afronding Pak die spinasiebl­are in ’n slaaibak en rangskik die blomkool, ui, ertjies, groenbone en fetakaas bo-op.

8 Skep van die slaaisous oor en sprinkel die brosgebraa­ide kekerertji­es oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa