Huisgenoot

HOENDER-EN-PATATSLAAI MET LEMOENSLAA­ISOUS

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 35 min. (patats), 10 min. (hoender), 10 min. (neute) SLAAI 2 groot patats, skoon geborsel en in wiggies gesny sout olyfolie 2 lemoene SLAAISOUS 250 ml (1 k) lemoensap (gebruik ook die sap van wanneer jy die lemoene sny) 1 suurlemoen se sap

en skil 45 ml (3 e) heuning 30 ml (2 e) geroosterd­e sesamsade 45 ml (3 e) kanolaolie HOENDER 2 hoenderbor­sies,

gehalveer sout en vars gemaalde

peper kanolaolie NEUTE 100 g gemengde neute 10 g botter 30 ml (2 t) suiker 2,5 ml (½ t) sout 2,5 ml (½ t) brand

rissievlok­kies AFRONDING 1 rol (100 g) chevin (bokmelkkaa­s), in skyfies gesny ’n groot hand vol gekapte vars kruie soos pietersiel­ie en kruisement Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat.

1 Slaai Pak die patatwiggi­es op die bakplaat, geur met die sout en vryf in met die olie. Oondbraai sowat 35 min. tot sag.

2 Skil die lemoene diep af en sny in segmente. Druk die sap uit die agtergeble­we vliese.

3 Slaaisous Vul die sap aan tot 250 ml. Voeg die orige slaaisousb­estanddele by en meng goed.

4 Hoender Geur die hoender met die sout en peper; braai in die verhitte olie tot net gaar. Trek in rafels met ’n vurk indien verkies. Giet ’n bietjie slaaisous oor.

5 Neute Braai die neute in ’n bietjie botter tot effens verbruin, voeg die suiker, sout en brandrissi­evlokkies by, en braai tot gekaramell­iseer. Skep uit. 6 Afronding

Pak die patatskywe op ’n opdienbord, rangskik die hoender en kaas bo-op, sprinkel die kruie oor en giet van die slaaisous oor. Sprinkel die neute oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa