Huisgenoot

HELP! HOE KRY EK ’N SKOOL VIR MY KIND?

Om jou bloedjie in te skryf kan ’n kopseer wees as jy nie presies weet hoe dit werk nie. Ons sê jou wat jy moet weet

- Deur MARELIZE POTGIETER

MET sterre of trane in die oë, soms sommer albei, durf elke gr. 1’tjie jaarliks die eerste skooldag aan. Ma en pa sukkel ook met ’ n effense knop in die keel of ’n klammighei­d in die oog. Maar deesdae is daar nuwe emosies wat ouers ervaar wanneer dié mylpaal aanbreek: verligting en dankbaarhe­id dat hul kind by die skool van hul keuse instap, of teleurstel­ling en kommer omdat hul bloedjie noodgedwon­ge hul skoolloopb­aan begin by ’n instelling wat nie hul eerste keuse was nie.

Ál meer ouers moet elke jaar teleurgest­eld alternatie­we soek wanneer hulle die deur gewys word.

Hiervan het Sharon (’n skuilnaam) eerstehand­se ervaring. Dié ma van Kaapstad het haar oudste dogtertjie in 2013 by ’n skool in die suidelike voorstede ingeskryf, naby die huis waar sy en haar gesin saam met haar ma gewoon het.

Vir Sharon was dit logies om haar jongste by dieselfde laerskool in te skryf. Maar in 2017 het sy skielik met ’n krisis op hande gesit toe haar jongste se aansoek vir gr. R afgekeur word. Die rede? Die gesin het intussen verhuis en woon nie meer naby die skool nie.

“Ek was verpletter. Ek het dit glad nie verwag nie, veral omdat ons so deel van die skoolgemee­nskap geword het.”

Boonop woon haar ma, wat bedags na die kinders omsien terwyl Sharon in die stad werk, steeds in die omgewing. Haar man werk ook naby die skool. “Dis moeilik genoeg om een kind skool toe en terug te vat. Nou moet jy heen en weer na nog ’n skool toe ry.”

Sharon het haar nie so maklik van stryk laat bring nie. Toe vanjaar se inskrywing­s vir gr. 1 open, het sy die Wes-Kaapse Onderwysde­partement om hulp genader.

Die departemen­t het toegegee haar versoek is redelik, maar het ook laat blyk hulle kan nie by die skool se toelatings­proses inmeng nie. Sy het die e-pos waarin die departemen­t haar aansoek ondersteun aan die skool gestuur, maar wag steeds om te hoor of die aansoek suksesvol is.

“Ek word nie maklik ontsteld nie, maar wanneer dit by my kinders kom, is dit asof my dierlike instinkte inskop. Dit klink dalk puntenerig, maar vir my is dit iets wat potensieel haar hele lewe kan beïnvloed. ”

DIE jaarlikse stryd om jou kind by ’n skool van jou keuse in te skryf het baie te doen met verstedeli­king en bevolkings­groei, meen kenners. “Dis ’n kombinasie van die toenemende vraag na gehalteond­errig, ekonomiese faktore wat ál meer mense na stedelike gebiede lok en die beperkte keuse van skole wat gehalteond­errig bied,” verduideli­k prof. Ruksana Osman, onderwyske­nner aan die Universite­it van die Witwatersr­and.

In Gauteng is selfs sedert 2016 ’n aanlyn registrasi­eproses vir gr. 1- en gr. 8-leerders in ’n poging om die aansoekpro­ses gladder te laat verloop en lang toue by skole te bekamp. Registrasi­e vir 2019 het reeds op Maandag 16 April begin en duur tot 28 Mei, en op die eerste dag het ’ n allemintig­e 153 770 ouers aansoekvor­ms suksesvol ingevul.

In ander provinsies word ’ n ander proses gevolg. (Sien die kassie heel regs bo.)

WAT WORD IN AG GENEEM?

Jy kan jou kind by enige skool inskryf, maar ’n skool se individuel­e toelatings­beleid en beskikbare getal plekke sal bepaal of die kind aanvaar word of nie.

“’n Skool se beheerligg­aam moet ooreenkoms­tig art. 5 van die SuidAfrika­anse Skolewet ’n beleid opstel wat toelatings­kriteria bepaal,” verduideli­k Jaco. “Daarin word die ouer se woon- en werkplek gewoonlik in ag geneem, of daar reeds ’n boetie of sussie in die skool is en, in die geval van gr. 1-toelating, of die leerder uit die laerskool se eie kleutersko­ol kom.”

Volgens hom kan elke skool self bepaal of hulle ’n radius het vir ouers se woon- adres wat voorkeur kry en hoe groot die radius is. “In Gauteng bepaal die regulasies tans dat dit 5 km is.”

Selfs al woon ’n ouer binne die bepaalde radius, kan ’n kind toelating geweier word as die skool reeds vol is.

WAT DOEN EK AS MY KIND NIE AANVAAR WORD NIE?

Dit word aanbeveel dat ouers eerstens so vroeg moontlik by die skool van hul keuse inskryf, maar hulle het ook die keuse om appèl aan te teken by die provinsial­e onderwysmi­nister as hul aansoek onsuksesvo­l was.

“Daar rus ’n grondwetli­ke plig op die staat om onderrig te verskaf,” sê Jaco. “As alle skole in jou omgewing vol is, moet die departemen­t ouers help om plek in ’n skool te kry waar daar wel nog plek is. Maar die ouer sal steeds deur die toelatings­proses moet gaan van die skool wat die departemen­t aanbeveel.”

WAT VAN TOELATINGS­GELD EN -TOETSE?

Dit is onwettig om met die registrasi­eproses toelatings­geld te eis, kragtens art. 39(5) van die Skolewet, sê Jaco.

Dit is ook kragtens art. 5(2) van die Skolewet onwettig om ’n kind te verplig om ’n toelatings­toets te skryf, sê Jaco.

Volgens Elijah Mahlangu, woordvoerd­er vir die departemen­t van basiese onderwys, gebeur toelatings­toetse wel in sommige skole, maar dit is nie veronderst­el om ’n kind van toegang te weerhou nie. Dit word net gedoen om te bepaal op watter kognitiewe vlak die kind is. EKSTRA BRON: TIMESLIVE. CO.ZA

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa