Huisgenoot

NEE DANKIE VIR DIE KANSEL

Sy sal dalk nooit trou nie, sê Kylie kort rt voor haar 50ste, maar seerkry het haar sterker gemaak

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK BRONNE: RED MAGAZINE, DAILY MAIL, PEOPLE, THE TELEGRAPH, SYDNEY MORNING HERALD, THE GUARDIAN

MET haar deurmekaar goue lokke, astrante cowboystew­els en bene wat ’n 20-jarige jaloers sal maak, pronk die popsensasi­e tussen die gespierde dansers in haar sexy nuwe musiekvide­o. Kyk ’n mens nou na haar, sal jy nooit glo Kylie Minogue het verlede jaar dié tyd ’n krisis beleef nie. Op 49 het die warrelwind­romanse met haar aantreklik­e jong verloofde pas gesneuwel en was sy baie bedroef en neerslagti­g.

Maar Kylie is immers die koningin van oorlewing en herskeppin­g. Op 28 Mei sal die Australies­e sangeres die groot vyf-nul in tipiese Kylie-styl inlui: Sy gaan weer die kollig betree met ’n nuwe album vol aansteekli­ke liedjies en ’n sensasione­le stel musiekvide­o’s.

En tog is daar agter die meesleuren­de popritmes sinspeling­s op haar hartseer. . “If I get hurt again, I’ll need a lifetime to o repair,” sing sy in een liedjie; en in ’n an- der snit: “I really need a love song that I believe.”

Dis geen geheim wie die oorsaak van n die mistroosti­ge ondertoon in die deun- tjies is nie: Dis haar eksverloof­de, Joshua a Sasse (30).

Sy en die akteur, wat in die reeks s Galavant speel, het mekaar in 2015 ont- moet, en Joshua het haar ses maande e later die jawoord gevra. Maar vroeg in n 2017 het die romanse vertroebel toe ge- rugte begin loop Joshua sleep vlerk by die e Spaanse skoonheid Marta Milans (36). . Kort daarna het Kylie ie haar kêrel die trekpas gegee.

“Dit was ’n aaklige ge tyd. Ek het myself regtig verloor. Ek moes oes my liggaamlik en geestelik weer ’n bietjie tjie opbou,” het sy onlangs aan die tydskrif dskrif Red vertel terwyl haar stem in n haar keel vassteek.

Maar eindelik het die laaste van ’n rits moeilike skeidings ngs haar sterker gemaak.

“Ek het ’n keerpunt nt bereik en baie oor myself geleer.”

Die ster het ook onthul nthul die huwelik is haar dalk nie e beskore nie. “Net om verloof te wees voel vir my soos ’n eksperimen­t, nt, want ek het nog nooit in my lewe we van trou gedroom nie, ook nie eens as jong meisie nie.

“Nou bly ek by y my vorige siening: Ek dink nie die huwelik is vir my nie.”

Maar dit beteken nie niei sy

laat alle hoop vaar om eendag “vir ewig en altyd” gelukkig saam met iemand te wees nie. “Anders kan ek netsowel by die huis bly en ’n klomp katte kry,” het sy gespot. “Eensaamhei­d is my grootste vrees, al smag ek soms na alleen wees. Party dae wil ek op afsprake gaan; ander dae dink ek ek wil net nie nou ’n kêrel hê nie. En ek wil ook nie ’n kat hê nie.” En Kylie verwelkom die naderende 50 met ope arms. “Ek voel gelukkig om op ’n manier na 50 toe aan te hardloop, galopdraf, galop, én goed daaroor te voel.”

DIE fyn geboude popster was maar 18 jaar oud toe sy in 1986 as die rabbedoewe­rktuigkund­ige Charlene in die geliefde Australies­e sepie Neighbours roem verwerf het. Kykers wêreldwyd was versot op Kylie met haar blou oë en parmantige houding. Haar karakter se hartstogte­like romanse met haar jeugliefde, Scott, gespeel deur Jason Donovan, Kylie se kêrel in die regte lewe, het aanhangers gaande gehad.

Charlene se sangtonele en ’n toevallige optrede by ’n liefdadigh­eidskonser­t vir ’n rugbyklub in Melbourne in 1987 was genoeg om Australies­e musiekbase se aandag te trek. En kort voor lank het Kylie met haar eerste enkelsnit, Locomotion, boaan die trefferlys­te geboer.

Dit was die enkelsnit met die beste verkope in Australië in die 1980’s, en die popprinses is genooi om met die wêreldbero­emde Britse vervaardig­ers Stock Aitken Waterman (Mike Stock, Matt Aitken en Pete Waterman) saam te werk. Dié drie het bisar genoeg vergeet sy kom hulle sien. Hulle het toe inderhaas die liedjie I Should Be So Lucky daar en dan geskryf terwyl Kylie buite die ateljee sit en wag het.

En gelukkig was sy inderdaad. Sy het die snit by hulle opgeneem, en met die uitreiking daarvan het dit na die bopunt van die Britse trefferlys­te geskiet. Die vervaardig­ers het dit glad nie verwag nie.

“Ons het Kylie taamlik sleg behandel,” het Mike later in ’n dokumentêr erken. “Sy het Londen toe gekom om vir ons te werk, en op die laaste dag kry ek haar vir 40 minute in en sê vir haar sy moet huis toe gaan. En daar is dit ’n treffer.

“Toe moet ek Melbourne toe vlieg en gaan kruip. Ek het by Kylie se huis vir haar verskoning gevra vir die manier waarop ons haar behandel het,” vertel hy.

Gelukkig vir hom was die 19-jarige grootharti­g. Sy het haar debuutalbu­m, Kylie, aan sy maatskappy toevertrou – en dit was ’n 1980’s-popsensasi­e. Dit was langer as ’n jaar op die Britse trefferlys­te en het in Amerika goud verwerf.

Al was sommige resensente krities oor haar borrelgomk­lank, het Kylie bewys sy is nie ’n vervlieten­de ster nie.

Dertien ateljeealb­ums, 17 Aria-pryse (Australië se groot musiekprys), drie Brit-pryse en ’n Grammy het gevolg in ’n loopbaan wat oor vier dekades strek en talle kere herskep is.

“Sy het vernuwe en het die toets van die tyd deurstaan,” het die Australies­e platebaas Michael Gudinski opgewonde gesê. “Ek sal Kylie Minogue en wat ook al sy aanpak nooit onderskat nie.”

SY WAS dalk gelukkig in die vermaakbed­ryf, maar in haar persoonlik­e lewe het Kylie meer as die gewone dosis hartseer beleef.

In 2005, op 36, was sy verplig om haar toer Showgirl: The Greatest Hits af te las toe sy die verpletter­ende nuus kry dat sy borskanker het. Chirurgie en chemoterap­ie het gevolg, wat volgens Kylie gevoel het soos om ’n kernbom te ervaar.

“O, goeiste, hoe het ek dit gedoen?” het sy in 2014 oor haar stryd teen die siekte besin. “Iemand het destyds vir my gesê: ‘Jy moet ’n bietjie selfsugtig wees.’

“Dis nie in my aard om selfsugtig te wees nie, maar nou is die tyd om dit te doen. Laat mense jou versorg. En dis wat ek gedoen het.”

Wat ouer word betref, erken Kylie sy het niks teen plastiese chirurgie nie.

“Net vandag het ek in ’n vergrootsp­ieël gekyk terwyl ek maskara aansit en ek het vir die grimeerkun­stenaar gesê ek dink ek moet iets doen. Ek onthou Jane Fonda het iets gesê soos dis 80% genetika, 10% versorging en 10% ’n goeie snydokter.

“As en wanneer die tyd aanbreek, sal ek Jane se voorbeeld volg.”

 ??  ?? LINKS: Kylie Minogue en die Britse akteur Joshua Sasse het dit nooit tot voor die kansel gemaak nie en hul verlowing in 2017 verbreek.
LINKS: Kylie Minogue en die Britse akteur Joshua Sasse het dit nooit tot voor die kansel gemaak nie en hul verlowing in 2017 verbreek.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Kylie se nuwe album, Golden. Sy sê die album het haar gehelp om die hartseer weens haar verbrokkel­de verhouding te verwerk. BO: By vanjaar se amfAR-gala in Hongkong.
LINKS: Kylie se nuwe album, Golden. Sy sê die album het haar gehelp om die hartseer weens haar verbrokkel­de verhouding te verwerk. BO: By vanjaar se amfAR-gala in Hongkong.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa