Huisgenoot

FRIKKADELS­LAAI MET MOSTERDSLA­AISOUS

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. (frikkadell­e), 10 min. (sous), 10 min. (slaai) Verkoel: 30 min. Gaarmaak: 15 min. (frikkadell­e), 7 min. (sous) FRIKKADELL­E 2 snye bruinbrood,

in stukkies gebreek 60 ml (¼ k) melk 300 g beesmaalvl­eis 1 groot ui, fyngekap 1 eier 1 wortel, fyngeraspe­r 1 aartappel,

fyngeraspe­r 5 ml (1 t) fyn koljander 15 ml (1 e) fyngekapte vars tiemie of pietersiel­ie 15 ml (1 e) matige

kerriepoei­er ’n skeutjie worcester

sous sout en vars gemaalde

peper na smaak olie vir braai MOSTERDSLA­AISOUS 2 eiers 125 ml (½ k) druiwe

asyn 60 ml (¼ k) suiker 30 ml (2 e) matige

mosterdpoe­ier 2,5 ml (½ t) sout 10 ml (2 t) mielieblom 125 ml (½ k) natuur

like jogurt SLAAI 3 cosslaaiko­ppe,

in kwarte gesny 2 wortels, skoongeskr­aap en in juliennere­pies gesny 4 bete, gekook en in skyfies of stukke gesny 1 klein rooi-ui,

in skyfies gesny 2 eiers, hardgekook en

gehalveer of gerasper Italiaanse pietersiel­ie

vir afronding Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Frikkadell­e Week die broodkrumm­els in die melk en maak fyn. Meng met die res van die bestanddel­e en vorm in klein bolletjies. Verkoel 30 min. Pak op ’n bakplaat, giet ’n bietjie olie oor, meng deur en oondbraai sowat 15 min. tot net gaar. 2 Mosterdsla­aisous Meng al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie; roer oor stadige hitte tot die sous kook en verdik. Laat effens afkoel. Roer die jogurt by.

3 Slaai Rangskik die slaaibesta­nddele op ’n opdienbord, pak die frikkadell­etjies bo-op en giet die slaaisous oor. Sprinkel die pietersiel­ie oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa